R1miljoen-skenking vir AMCU-stakingsfonds

Rustenburg. Foto: SunCity.hotel.co.za

Rustenburg. Foto: SunCity.hotel.co.za

The Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het ʼn fonds gestig om sy stakende platinummynwerkerslede by te staan, en het reeds meer as R1 miljoen se skenkings ontvang.

Stakende Amcu-lede staak al sedert 23 Januarie en het sedertdien nog nie ʼn salaris of lone ontvang nie.

Die werkers wat nie staak nie, maar wat weens die staking nie kan werk nie, ontvang wel hul basiese salarisse, maar ontvang nie hul maandelikse produksiebonusse, wat ʼn groot deel van hul totale vergoeding is, nie. Talle werknemers van maatskappye wat kontrakwerk by die myne doen of dienste aan die myne lewer, is sonder werk en inkomste omdat baie van die kontrakte opgeskort is.

Joseph Mathunjwa, Amcu se president, het aan die koerant The New Age gesê die Amcu Strike Fund is Maandag gestig. Die vakbond self het R1 miljoen geskenk, terwyl nagenoeg R50 000 deur beamptes en personeel van die vakbond geskenk is.

Die koerant het Woensdag berig sommige werkers het reeds hul vee en ander besittings verkoop om kos te kan koop. As die bedrag van R1 050 000 wat tans in die fonds is tussen die 25 000 stakers verdeel word, sal elke staker skaars R42 ontvang. Nagenoeg 80 000 lede staak.

Die vakbond het glo verskeie oorsese skenkers genader wat gewillig is om “duisende dollars” te skenk.

Amcu-lede staak by Lonmin, Anglo American Platinum (Amplats) en Impala Platinum (Implats). Hulle dring aan op ʼn basiese intreevlaksalaris van R12 500 per maand. Amcu het die werkgewers se loonaanbod van 9% verwerp. Die maatskappye het op sy beurt Amcu se gewysigde eis, dat die R12 500 oor vier jaar behaal kan word, verwerp.

Intussen is voedingskemas by verskeie skole in Rustenburg begin, en moes verskeie besighede hul deure sluit weens die voortslepende staking. Misdaad het ook in die gebied die hoogte in geskiet.

Lees ook:
Rustenburg: Groot kommer indien Amplats toemaak
Rustenburg-inwoners vrees glo vir hul lewe
Amcu-staking: “Stakers hou inwoners gyselaar”
Nuuskommentaar: Rustenburg word Rampstenburg
Amcu-staking: Rustenburg-besighede sluit; voedingskemas in skole begin

Bronne: SAPA / Maroela Media verslaggewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jenny de Beer ·

Dit is lekker, ons staak, kry nie geld nie, dan soek ons skenkings. Ek dink die vakbond wat die stakings aanmoedig moet vir hierdie mense sorg. Hoekom moet van die publiek verwag word wat hard vir hulle geld werk om skenkings te maak, ons het hulle nie aangesê om te staak nie. As ek nie werk nie kan ek nie vir my gesin sorg nie, ek MOET werk. Ek dink net hierdie hele saak is onregverdig, dit sal hulle net aanmoedig om te staak en besighede skade aandoen en dan verwag ander moet vir hulle kos gee. Die Bybel sê as jy nie werk nie kan jy nie eet nie.

alet ·

Baie blankes werk nie eers vir R5000 maar is tevred dis beter as niks betaal huis koop kos hoor jy dat hulle kla nee kry vir julle as n mens te sleg is om te werk niks val uit die Hemel uit nie en niks is verniet

emilia ·

Ek verstaan dat nie al die werkers aan die strike wil deelneem en sukkel nou maar wat van die mense wat nie direk met die myn te doen het maar ook hul besighede moes sluit oor dit so stil is? Wie skenk geld vir hulle? Hulle – AMCU besef nie hoe raak die staking almal hier in rustenburg nie! En nie almal is so bevoorreg om skenkings te ontvang! Dis alles so onnodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.