R2.5 miljoen vir stryd teen JHB-rotte

Argieffoto

Argieffoto

Die stad Johannesburg het R2.5 miljoen toegeken om die rotplaag in die stad te bestry.

“In die afgelope paar jare het die knaagdiere ʼn uitdaging geword in sekere gebiede van Johannesburg soos informele nedersettings en oorvol geboue in die middestad,” het Nonceba Molwele, lid van die burgemeesterskomitee vir gesondheid, Dinsdag gesê.

Sy het gesê die stad het ʼn plan ontwikkel om die probleemrotte uit te roei. “Die plan fokus op die doeltreffendheid van biologiese en kulturele faktore om rotte beheer. Chemikalieë word slegs gebruik indien dit noodsaaklik is en word tot ʼn minimum beperk.”

Sy het gesê 28 400 rotte is reeds in Alexandra gevang sedert hul rothok-projek in Maart 2012 van stapel gestuur is. Die projek het sedertdien na al sewe streke van die munisipaliteit uitgebrei.

“Die stad is vol vertroue dat ons deur voorkoming en opruimingswerk die probleem kan klop. Ons benodig egter inwoners se ondersteuning en hulp om na hul onmiddellike omgewing om te sien,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

estelle ·

waar is die rotte, waar die mense soos varke lewe! nou moet die belasting betalers opdok vir die uitroei van die rotte!

Paul ·

Kry die Pied Piper van Hamelin se nommer en vra hom om die rotte met sy fluit weg te neem, dit gaan sekerlik baie minder as R2,5m kos.

MM Wiese ·

Puik Paul ! en betaal hulle hom nie ? Hoe lui die res van die verhaal ? Dan hoop’ ek hulle betaal hom nie . Die’ outjies het die plaag versprei in London in 1665 , toe , die vuur in London .

Babs ·

Dit is omdat sekere mense so vuil lewe. Hulle is net so plaag soos die rotte.

EMK ·

Al daai illegal plakkers wat die middestad so oorgevat het… kry hulle uit, maak goed skoon en dit sal nie weer gebeur nie. Dit behoort ook nie soveel miljoene te kos nie. Ek wonder wie se beursie/pensioenfonds/aftreefonds word nou weer hier aangevul??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.