Die polisie het Dinsdag op meer as R2 miljoen se dwelms op ’n Intercape-bus in Bloemfontein beslag gelê.
Dié bus het tussen Pretoria en Plettenbergbaai gereis.
Lt.kol. Thabo Covane, woordvoerder van die polisie, het gesê die bus het passasiers omstreeks 22:30 in Bloemfontein afgelaai toe niemand vyf groot sakke gedurende dié stop opgeëis het nie.
ʼn Personeellid het agterdogtig geraak oor wat in die sakke kon wees aangesien die sakke ook nie gemerk was nie.
Volgens Covane is die polisie in Parkweg na die Willows-toerismesentrum ontbied waarna hulle die sakke deursoek het en op Mandrax-tablette afgekom het.
Die dwelms was in deursigtige sakkies verdeel met sowat 500 tablette in elk.
“Die totale gewig van die dwelms is 177,23 kilogram met ’n geraamde straatwaarde van R2,46 miljoen. Die polisie het op die dwelms beslag gelê en geen verdagte is nog in hegtenis geneem nie,” het Covane gesê.
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur.
Nou wat is die punt van smokkel as die sakke met dwelms agter gelaat word? Die dwelmsmokkelaar sou dit sekerlik tog nie vergeet het nie? Baie vreemd.
Dit word gedoen sodat die dwelms doelbewus in die polisie se hande beland om dan in die Weskaap aan bendes uitgedeel te word om die Weskaap te destabiliseer.
ANC soek die Weskaap want dit is die enigste provinsie wat werk.
Is dit waar ek afgeklim het?
Hou maar my tasse, stuur net die tjek vir my aan.
KP, ek dink jy is reg, daai polisie sal dit nou versprei. Hulle kon die eienaar wel gevang het as hulle wou. Kry ‘n polisieman in privaat klere en laat hom ry saam met die pille tot iemand dit opeis.
iemand moes tog gesien het waar dit opgelaai was, gaan die busbestuurder nie bagasie na met die begin van die rit nie
indien hy dit nie doen nie, is daar seker al baie meer dwelms vanaf pretoria/ johannesburg na die kaap en andersom vervoer
wat van ‘n “decoy” om tablette op ‘n ander voertuig verby die polisie te kry
spekulasie is sooooo lekkkker
Volgende is n bom. Dan so maklik iets optelaai. Of dalk n paar lyke in dufflebags.
Hulle kon dit daar en dan verbrand het
Nou is dit in verkeerde hande
Iets klinki lekker nie – soek dieper ??WAT ‘n NES !
So nou het die polisie die “goodies”
en daar is geen verdagstes en geen arrestasies nie? How convenient,me definitely smells a big rat here.Hahahahahaha!!!!!! Gaan soek maar gerus by Parkweg of die goed oor 6 maande nog daar is en of AL die dokumentasie 100% reg is. Dit sal interressant wees……….
Tasse is op verkeerde putco bus gelaai, eish
Iemand gaan met sy lewe boet vir daai klein foutjie.
Ek dink hulle het gedink die dwelms gaan tot in die Kaap saamry en toe word dit ontdek.