R2 miljoen se dwelms op bus gevind

Die tas vol tik het aan ʼn passasier op die bus behoort (Foto: SAPS)

Die polisie in die Wes-Kaap het Donderdag beslag gelê op dwelms ter waarde van R2,2 miljoen in ʼn passasiersbus by Beaufort-Wes.

Volgens sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes van die Sentrale Karoo se honde-eenheid omstreeks 06:00 ʼn padpatrollie op die N1 by Beaufort-Wes gedoen. Hulle het motors afgetrek en ondersoek.

Tik ter waarde van R2,2 miljoen is in die tas in die bus gevind (Foto: SAPS)

“Die beamptes het ʼn passasiersbus voorgekeer en in die bagasie-afdeling ʼn tas vol tik gevind. Dié vonds is later met ʼn passasier op die bus verbind. Hy is in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel,” bevestig Spies.

Volgens Spies dui voorlopige ondersoek daarop dat die 37-jarige verdagte met die dwelms van Durban na die Kaapse metropool gereis het. Hy was na bewering van plan om die dwelms daar af te lewer.

“Die verdagte sal in aanhouding bly tot Vrydag wanneer hy dan in die landdroshof op Beaufort-Wes sal verskyn.”

Lt.genl. Thembisile Patekile, provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het die polisielede geloof vir hul goeie werk om die dwelms op te spoor.

Hy het ook bevestig dat beamptes beslis nou hulle oë en ore sal oophou vir dwelmhandel soos dié, veral met die feestyd wat om die draai is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Patch ·

Ek het laas op skool van padpatrollie gehoor. Dis mos die kinders wat met ‘n stopteken voor zebrastrepe staan sodat leerlinge die pad veilig kan oorsteek? Doen polisie nie eerder padblokkades waar hul voertuie aftrek en deursoek nie?
Bly hulle het die smokkelaar gevang.

Maggies ·

Lyk vir my die dwelmsmokkelaars probeer hard om die Kaapse burgers te bedwelm. Dis die hoeveelste keer dat dwelms op pad na die Kaap provinsie gekonfiskeer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.