Twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 40 jaar oud, is Woensdagaand naby Louis Trichardt in Limpopo in hegtenis geneem en polisiebeamptes het beslag gelê op R2,6 miljoen kontant.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die eerste verdagte is by Ravele Riverside (Tshilwavhisikhu) in hegtenis geneem en sy vermeende medepligtige is later by Elim Mabedengwa (Watervaal) aangekeer.
Mojapelo het gesê die inhegtenisnemings volg ná inligting ontvang is oor ʼn bedrag kontant wat van die Cash-in-Transit Company in Louis Trichardt gesteel is. “Die operasie het gistermiddag begin en het deur die nag tot vanoggend voortgeduur. Polisiebeamptes het op drie verskillende persele gesoek en uiteindelik op die kontant afgekom. Van die kontant is in roomysbakke en swartsakke versteek.”
Die verdagtes, wat vir CIT werk, was verantwoordelik daarvoor om die kontant van verskeie plekke in te samel en in plaas daarvan om dit te deponeer, het hulle die geld gesteel, het Mojapelo bygevoeg. “Een van die verdagtes het reeds ʼn dubbelkajuitbakkie aangeskaf. Dié voertuig is ook gekonfiskeer.”
Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Louis Trichardt verskyn op aanklag van diefstal.
Fantastiese goeie nuus.
Wonderlik dat inligting vorendag kom oor kriminele.
Hulle word mos sommer in diens geneem sonder klarings.
Geblikte geld….
NOU HOE MOET DIE EFF hulle verkiesing betaal
Baie blerrie goeie vraag Koos… Baie goeie vraag!
…. geblikte geld…..????
Ai tog …… daar gaan die nes eiertjie
ek sal kan doen met ‘n miljoen
Ek sal kan doen met ‘n geld-roomysie!
Nou is die roomysie dalk vir lank verby. Dankie tog dat hulle vasgetrek is. Nou moet ons regters net wakker wees, en geregtigheid laat geskied. Ons wil hulle nie gou weer op straat sien nie!
Sou graag so n roomys bakkie vol wou gehad het.
Sjoe, ek sou kon doen met so n emmertjie vol geld :-)