R2 miljoen te min vir Mandela-opera

Madiba: The African Opera

Madiba: The African Opera

Die vervaardiger van ʼn opera oor Nelson Mandela se lewe, het gesê ʼn toelaag van net meer as R2 miljoen deur die Nasionale Loteryraad is te min om die koste van ʼn verhoogdrama te dek.

“Die bedrag [R2.86 miljoen] is nie genoeg om die uitgawes van die produksie en toer te dek nie,” het Unathi Mtirara, vervaardiger en een van Mandela se kleinneefs, Dinsdag gesê. “Ons het geen keuse behalwe om dit uit te stel en ander finansiering te soek nie.”

Sershan Naidoo, woordvoerder van die Lotto, het Dinsdag gesê die raad het R2.86 miljoen oorbetaal nadat die toelaag goedgekeur is.

Die opera, genaamd ‘Madiba: The African Opera’ vertel die verhaal van Mandela en sou vyf aande by die Staatsteater in Pretoria te sien wees voordat dit na Port Elizabeth en Qunu in die Oos-Kaap geneem word en dan op internasionale verhoë vertoon sou word.

Mtirara sê die raad het ingestem om R11.8 miljoen te betaal, die bedrag waarvoor die vervaardigers aansoek gedoen het. “Ons het twee weke gelede korrespondensie van die raad ontvang waarin hulle bevestig dat die oorspronklike bedrag na R2 miljoen verminder is,” het hy verduidelik. “Ons het ʼn toneelgeselskap van meer as 200 mense. Die R2 miljoen dek slegs die koste vir die drie vertonings wat ons reeds by die Staatsteater opgevoer het, en daarom moet ons die produksie uitstel.”

Naidoo het ontken dat die raad aanvanklik ʼn bedrag van R11.8 miljoen goedgekeur het. “Ons maak slegs van geskrewe kontrakte en nie mondelingse ooreenkomste nie, gebruik,” het Naidoo gesê. “Die kontrak wat onderteken is, dui duidelik ʼn bedrag van R2.86 miljoen aan.”

Kutlwano Masote, musikale regisseur van die produksie, het gesê die geselskap en tegniese span sal betaal word vir die drie vertonings wat in Pretoria gehou is. -SAPA

Lees ook:
Lotto ontken gerugte oor Mandela-opera
Gordyn sak vir Mandela-opera

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tess ·

R2 miljoen vir 3 vertonings. Malligheid. Laat die kleinneefs in staan vir die uitstaande bedrag, nog beter, die geld kan aangewend word om die nie-stakers te voed in Rustenburg.

anita ·

Hoeveel geld wil hulle rerig he?? Ek weet van ander verhoogstukke van uitstekende gehalte wat minder gekos het. Madiba se familie wil net geld maak. Die koffers van di Staat en die publiek is reeds leeg agv korrupsie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.