R2 miljoen vir slaggate landwyd

Argieffoto

Argieffoto

AfriForum het Maandag met sy nasionale veldtog vir die herstel van slaggate in die onderskeie provinsies in die land begin.

Tydens dié veldtog, wat as nasionale slaggatmaand bekendstaan, sal sowat 12 000 slaggate in die dorpe waar AfriForum-takke gevestig is teen ’n koste van R2 miljoen herstel word.

Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regerings, het gesê die doel van die projek is om staatsonafhanklikheid binne gemeenskappe te bevorder deur van selfdoenaksies gebruik te maak.

“Tydens die organisasie se ‘10 dae van selfstandigheid’-veldtog in 2015 is sowat R1,3 miljoen aan die herstel van slaggate bestee. Met die nuwe veldtog wil ons ’n veel groter rol speel deur paaie oor die hele land te verbeter,” het Pawson gesê.

“Verskeie munisipaliteite is reeds skriftelik deur AfriForum gemaan om die paaie sélf te herstel. Munisipaliteite wat nie aan dié eise gehoor gee nie sal vir die onkoste verantwoordelik wees.”

Altesaam 125 AfriForum-takke neem aan die veldtog deel en sowat 300 ton teer sal tydens herstelwerk gebruik word. Die veldtog kom op 31 Mei tot ’n einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Gat vol in Sundra ·

Hoop hulle maak tenminste die pothole pad hier op Sundra reg. Geen mens kan daar ry nie. Dankie vir die boer wat grond oor die gate grade om die pad darm te probeer in stand hou. Waar mens 5km kan ry en jy is in Eloff ry jy nou 13 km

Buitestaander ·

Het die mense aan affiform die slaggate geraporteer soos hulle gevra het?
Of het hulle nie whattapp gekry nie omdat hulle nie aan Afriform behoort nie. Staan saam en sluit aan by Afriform.

Dave ·

Wat van d paaie waar d daar meer gate ad teer is.
Dankie dat julle ingryp

Lance ·

Goeie jimmel moet AfriForm nou al die paaie herstel ….waar is padwerke se mense dan ….staak hulle ook nou … of werk hulle nou gladnie meer nie ???? Nog n staats flop !!! Hulle kan nie eers meer die strate vee wat nog van die onkruit spuit wat al heup hoogte staan …pateties !!!

Buitestaander ·

Alleen as ons saamstaan en by Afriforum aansluit en die nodige inligting uitgeruil kan word sal dinge gebeur.
Asseblief mense word deel van ons drukgroep en sien hoe dinge gebuer. Om op die kantlyn te skreeu help nie veel nie. Eendrag maak mag.
Dit veg nie veel om by Afriform aan te sluit nie. Net ‘n telefoon oproep. Dan by jy sommer op hoogte van gebeure!

Toy ·

Hulle gaan al daar die geld net in Witbank gebruik daar is meer gate as wat daar teer pad is. Laas wat ek onthou en dit was laas jaar is daar iets soos 2000 gate in ons dorp

Buitestander ·

Gat vol in Sundra, Dave en Toy wees nou eerlik. Is jule lede vvan Afriforum? Dan sal julle ‘n whatsapp van Afriforum ontvang het dat julle al die slaggste moet rapporteer dat dit op ‘n nasinale rapport aan die staat oorhandig kon word en druk op hulle toegepas word. Sonder kennis van probleem kan daar nie opgetreë word nie! Doen julleself ‘n guns en laat Afriforum asseblief daarvan weet.

Siestog ·

Het iemand dalk ‘n email adres of tel nr of faks nr waarheen ‘n mens ‘n brief met die skade aan jou motor as gevolg van ‘n slaggat kan deurgee? Weet iemand of hulle ooit aandag gee aan sulke klagtes met bewyse?

alida ·

Die munisipaliteite moet met ‘n Hofbevel gedwing word om die paaie te herstel binne ‘n sekere tyd. Hulle gaan in elk geval die saak verloor dan moet hulle nog die kostes ook betaal. Ek kan regtig nie sien hoekom ons hulle werk moet doen nie.

Cilliers ·

Hier op ons dorp ry ons al draai-draai soos dronkies, maar as jy een gat misry, tref jy twee ander. En wat doen die mislikstepalitfeit? Niks! Hy vorder net elke maand die geld in. Ek dink dis hoog tyd dat ons ook begin betogings hou en voor die mislikapale kantore gaan sing en dans en raas en bande brand, dan sal hulle dalk wakker word! Of misien ook nie, want dit sal mos alles rassisties wees, alles apartrheid en Jan van Riebeeck se skuld1

Done ·

Hoeveel slaggate het eff al herstel, dis nou eff wat hulself “progressief” noem en afriforum aanvat.

Grap ·

My karige donasie aan Afriforum maandeliks word goed aangewend .

John ·

AfriForum, julle is ‘n oulik spul mense, maar eerlikwaar betaal julle nou die regering om vir hulle te werk. Dis presies wat hulle wil he. Gaan bou sommer ook die skole wat die oulike mense in Noord-Transvaal afgebrand het, en o ja, onthou om nuwe handboeke te koop. Miskien kan julle sommer ook bydra tot die afbetaling aan die skuld vir die opgraderings by …

alida ·

John jou kommentaar is onvanpas. Hulle doen wonderlike werk!!

Johann Marx ·

Die artikel is nie heel duidelik nie, maar dit lyk darem asof Afriforum die werk gaan doen, en dan die rekening aan die munisipaliteite stuur wat NIE hulle verpligting in hierdie verband nagekom het nie? Ons kan nie langer die munisipaliteite en die regering “betaal”…en dan die werk self doen nie. Ek sal ALLES self doen………..maar dan geen verdere sent erf-belasting of inkomste belasting nie!!

Sumsare ·

Stuur email adres van Afriforum asb – lidmaatskap kantoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.