R2, R5 nadat man kinders verkrag

(Argieffoto)

Die Scottburgh-streekhof het ʼn man ses lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van ses kinders – wat hy boonop ʼn paar rand betaal het nadat hy hulle verkrag het.

Die meisies, almal tussen ses en 11 jaar oud, was almal verwant aan die verkragter. Hulle het ook in dieselfde buurt as die man gewoon. Die voorvalle het in Junie 2017 in die Sawoti-omgewing, net meer as 30 km buite Scottburgh, plaasgevind.

“Hy het hulle gelok terwyl hulle verby sy huis gestap of saam met hulle maats gespeel het. Nadat hy hulle verkrag het, het hy hulle met ʼn vuurwapen gedreig wat hy in sy kamer aangehou het,” het Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal, gesê.

“Sommige kinders het geld gekry, óf R2 óf R5, nadat hy hulle verkrag het.”

Kara het gesê die man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is in hegtenis geneem nadat iemand die kinders oor die gebeure hoor praat het. Hulle is verder daaroor uitgevra en die omvang van die misbruik het op die lappe gekom.

ʼn Dokter het onder meer oor die verkragtings getuig.

Behalwe vir die ses lewenslange vonnisse is die man ook vyf jaar tronkstraf opgelê vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Dié vonnis word samelopend met die lewenslange vonnis uitgedien.

“Ek hoop die vonnis help om die vlaag seksuele oortredings in die land te stuit. Dit is ook ʼn aanduiding van ons deurlopende stryd teen misdade van dié aard,” het adv. Elaine Khuzwayo, KwaZulu-Natalse direkteur van openbare vervolging, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Thelma ·

Ek verstaan nie presies wat wil jy se nie, hy is gevonnis vir ses lewenslank, of verkies jy slegs een?

Frank ·

Ai A, ek het ook eers “6 jaar gevangenisstraf” gelees….. My lekker opgewerk, toe gaan lees ek weer.

nannie ·

R2 of R5 vir kinders wat se lewe opgemors is deur is vieslike mens.
Sny sy tokkels af of geen hom vir die gemeenskap hulle sal weet wat om te doen met hom.

Treurgrond ·

Nannie, ek stem 100% saam op jou kommentaar. Die kinders se lewe is opgemors deur ‘n mens wat nie geweet het wat om met homself te doen nie. Gee sulke mense net vir die familie van die mense wat se lewe opgemors is laat hulle met hom deel. Ses lewenslange vonnisse en ons moet betaal vir hom elke dag sodat hy drie keer ‘n dag mag eet. Die tronke is alreeds so oorvol. Hoeveel keer vra ons vir die doodstraf om teruggebring te word, hoeveel keer moet ons smeek. Hoeveel lewens word verwoes?

Kobus ·

Ses x Lewenslank word aaneenlopend uitgedien.
So dit gee jou slegs 1 x Lewenslank!

Karen ·

Hoekom word hierdie man se identiteit beskerm… waar is sy foto? Hoekom is die dros verkragter wyd en suid gedeel en sy gesig orals gesien maar hierdie man nie is dit moontlik agv van sy velkleur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.