R200 000 om ‘burgemeestersvrou’ te word

(Foto: Maroela Media)

ʼn 28-jarige man is Saterdag in Durban op aanklag van uitbuiting in hegtenis geneem.

“Die man het homself glo voorgedoen as die burgemeester van die munisipaliteit,” het kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, Sondag gesê. “Hy het aangebied om ʼn tender aan ʼn vrou toe te ken, waartydens sy meer as een miljoen rand sal ontvang, op voorwaarde dat sy vooraf R200 000 kontant sou oorbetaal.”

Die vrou is glo ook belowe dat sy die burgemeestersvrou sou word ná die ooreenkoms afgehandel is.

“Die vrou het egter later agterdogtig geword en die voorval by polisiebeamptes aangemeld ná sy opdrag ontvang het om die kontant in ʼn plastieksak te sit en by ʼn plaaslike taxi-staanplek te wag vir verdere instruksies.”

Polisiebeamptes het op die verdagte toegeslaan toe hy die kontant gaan haal het ná hy die vrou aangesê het om die sak in ʼn asblik by die taxi-staanplek te los. Die man het die kontant in sy besit gehad toe beamptes toegeslaan het.

Hy sal na verwagting Maandag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van uitbuiting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nie Verbaas ·

So sy wou haarself ook in die tender proses inkoop? Is dit nie korrupsie nie?

PH ·

Sy het dit dan by die polisie aangemeld. Hoe kan dit nou korrupsie wees, huh?

Gawie ·

Sy het dit eers aangemeld nádat sy agtergekom het sy word ingedoen. Sy was maar te bereid om mee te doen aan die bedrogspul tot op daardie punt.

Kerneels ·

Skuus Nie Verbaas, ek trek my “af duimpie” terug. Dit was ‘n glips.

Magda ·

mmmmmmmmmmm, lekker om sou baie geld te he om te mors, wonder waar sy dit kry??????

Gawie ·

Baie interressant – sy hardloop polisie toe nádat sy agterkom sy word ingedoen. Tot op daardie punt was sy maar té bereid om deel te neem aan die bedrogspul.
Duidelik ‘n beginsel van ‘ek is bereid om skelm te wees, solank ek net nie self daaronder ly nie’.

Nie Verbaas ·

Mens moet waaragtig onnosel wees om te glo jy gaan nog burgermeestersvrou ook word. Beteken dit nie dat sy dan met die burgermeester moet trou nie? Nuwe burgermeester is alreeds getroud.

pompies ·

Arresteer haar ook vir die omkoop van beamptes al was hy nie n regte beampte nie en sit sommer n aanklag van korrupsie ook by haar aanklagtes.

Genis ·

Ou Cyril, ‘your people man?” what is going on? Ja nee altwee moet aangekla word… Dis eindelik skrikwekkend hoe korrup hulle regtig is.. op alle vlakke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.