R200 miljoen om hospitaal ná brand te herbou

Die Christiana-hospitaal het verlede week afgebrand. (Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)

Belastingbetalers sal waarskynlik vir herstelwerk aan die Christiana-hospitaal in Noordwes moet betaal, nadat ʼn brand groot dele van die hospitaal verwoes het. Die beraamde koste om dié hospitaal te herbou word reeds as honderde miljoene rande geskat.

Tebogo Lekgethwane, ʼn woordvoerder van die provinsie se departement van gesondheid, het Woensdag aan Maroela Media gesê planne om die hele hospitaal te herbou, het reeds begin.

“Die hospitaal sal na raming weer 50 beddens hê. Om dié projek te verwesenlik sal byna R200 miljoen kos.”

Sowat 95% van instandhoudingswerk aan dié hospitaal was voltooi ten tyde van die brand verlede week.

Hoewel geen ernstige beserings of sterftes weens die brand aangemeld is nie, is verskeie operasiesale, toerusting en pasiënte se lêers verwoes.

Die hospitaal se kombuis, apteek, lykshuis en wasgoedafdelings is egter ongeskonde.

Die departement kon nie bevestig wanneer die herbouingsprojek van stapel gestuur sal word nie, aangesien die departement steeds samesprekings voer met verskeie belangegroepe oor die plan vorentoe.

“Korttermynplanne is reeds gemaak om die behoeftes van die pasiënte, hospitaalpersoneel en inwoners van Christiana aan te pak.”

Volgens Lekgethwane sal vervoer vir die pasiënte wat na naburige fasiliteite oorgeplaas moet word, asook die personeel wat hulle moet ondersteun, gereël word. Maatskaplike werkers en sielkundiges sal ook die pasiënte en personeel bystaan.

“ʼn Distriksapteker bepaal tans die toestand van die farmaseutiese voorraad in die hospitaal se apteek. Die doel hiervan is om te kyk watter medikasie steeds bruikbaar is ná die brand.”

ʼn Forensiese span het nog nie die oorsaak van die brand vasgestel nie, hoewel die departement vermoed dat die brand weens foutiewe elektriese bedrading ontstaan het.

Dit is ook nog nie duidelik wanneer die herbouingsprojek voltooi sal word nie. Dokters en hospitaalpersoneel sal egter by klinieke in die omgewing werk om pasiënte te behandel en chroniese medikasie voor te skryf.

Kraamdienste sal slegs by die Utlwanang-kliniek beskikbaar wees.

Mmabatho Palms Hotel-brand

Groot dele van die Mmabatho Palms-hotel is verwoes. (Foto: Peermont Hotels Casinos Resorts/Facebook)

Intussen het Peermont Hotels Casinos Resorts gesê dat hy vandeesweek weer beheer oor die Mmabatho Palms-hotel in Mahikeng, Noordwes, sal kry ná ʼn verwoestende brand verlede week.

Dié hotel, wat deur Peermont besit word, het in die vroegoggendure aan die brand geslaan en groot dele daarvan is verwoes.

Peermont het in ʼn verklaring gesê dat die Walmont, ʼn viersterhotel, deur die brand vernietig is, hoewel die vleuel met die villas ongeskonde is. Die Mmabatho Palms-casino en konferensievertrekke is ook ongeskonde.

“Die volle omvang van die skade en oorsaak van die brand word nog deur die polisie en brandweer bepaal.”

Die casino en konferensiegeriewe sal na verwagting binne die volgende week weer bedrywighede hervat.

“Die Mmabatho Palms-oord sal egter tot verdere kennisgewing gesluit wees.”

Hoewel dié brand groot onsekerheid oor personeel se betrekkings laat ontstaan het, het die bestuur van Peermont bevestig dat geen werknemers by die hotel ontslaan sal word nie.

“Almal se werk is veilig en berading is ook aan die personeel beskikbaar gestel wat deur die tragedie geraak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Adelaide ·

En hier begin nog ‘n 20-jaar projek wat meer geld gaan opslurp

Perdeby ·

Ek wou dieselfde gese het. Geld maak storie. Die kaders kan glad nie in honderde dink nie maar miljoen maak vir hulle sin, want die familie en kaders kry R180 miljoen en die res gaan hulle probeer gebruik om die hosp te herbou.

marius ·

En daar gaan twee sinkplate en ‘n klapper haar matras wees dan is die geld klaar . Glo dit maar .

SlinkseKoljander ·

Hoekom, sodat hulle dit weer kan afbrand? R200 miljoen vir 50 beddens?
Iewers maak iemand baie geld, en ek glo ons regering is deel van die wat hande gebak staan.

Eiervrug ·

Ek dink daai som sluit ‘n verhoging vir elke hospitaal amptenaar in. Dis mos hoe hulle rol….

Pierre ·

Ja nee Andre hospitale bestaan slegs uit beddens, hulle het mos geen toerusting nie.

koos10 ·

Ek is 100% oortuig dat die hotel weer sal sake doen, en dan is daar nog nie een baksteen op ‘n nader gelê by die hospitaal nie.

Maar ek glo Zuma is redelik gerus op Nkandla, want hy het ‘n “firepool”. Ek is verstom oor die ANC se lang termyn visie. Dat hulle kon voorsien dat geboue meer gereed afbrand en daarvoor beplan het!

Pierre ·

Bwahahahahahahahaha lekker lag ek nou ek wou baie tegnies raak maar nou ja……..

Misky ·

Wonder wie kry daardie tender en hoeveel kwotasies is ingekry om pryse te vergelyk en vakmanskap. Kwart van daai geld sal moontlik nodig wees vir die eintlike herstel en vervang

Skappie ·

Deesdae lees mens nogal van baie geboue wat af brand. Wonder hoe elkeen ontstaan het.

Tertius ·

Hoeveelste hospitaal brand is dit nou die afgelope ruk… ? Is dit net n coincidence?

Elize ·

Miskien is dit nou die nuwe manier om geld te kanaliseer. Brand af en dan bou ons weer om geld in ons sak te steek

Willempie ·

Ek dink die belastingbetalers gaan ook BERADING benodig !!!

Hennie ·

R 4 miljoen per bed… Dis net die klomp swartgallige idiote wat die hospitaal sal herbou!

Agge nee ·

Iemand het seker bereken hoeveel gaan die hotel en die hospitaal kos om te herstel. 50 beddens, teen twee per kamer is 25 klein kamertjies, ek glo nie dat daar meer as een teater was nie, as daar een was. Dit sal seker nie snaaks wees as ‘n brood vir ‘n miljoen op tender verkoop word nie. Het mos geen idee van die waarde van geld nie.

Swerwer ·

Vir wat herbou. Laat hul daarsonder, niks is mos goed genoeg nie. Hul gaan in elk geval
die volgende 1 ook weer breek en brand. Solank daar nie dissipline is nie, vergeet van herbou.

Di ·

“Belastingbetalers sal waarskynlik vir herstelwerk moet betaal” – Nie waarskynlik nie – VERSEKER. Volgens Navorsing wat gedoen is deur Solidariteit betaal slegs 1,1 miljoen tot 3,3 miljoen belasting en belastingbetalers dra die staat se besteding. Ons is die deel van hierdie belastingbetalers! Glo die wat afbrand, beskadig, verwoes en buit betaal nie belasting daarom gebeur hierdie dinge. Die handtjie vol moet die res van die 58 miljoen dra in hierdie land.

Axel ·

Betaal eers ons 2021 opgawe geld uit, maar NEE JY IS ONDER OUDIT. Vir wat? Vir ‘n simple plain gewone opgawe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.