R21 betogings: Polisieman getref; motor aan die brand gesteek

Betogings op die R21 (4 Mei 2017) Foto: Verskaf

ʼn Polisiebeampte sterk aan in die hospitaal nadat ʼn motoris hom Donderdagoggend op die R21, te midde van betogings op die snelweg, omgery het.

“Die man is in hegtenis geneem nadat hy ʼn blitspatrolliemotor gestamp het,” het brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het ook die beampte gestamp wat te voet motors wou voorkeer.”

Inwoners van L&J- informele nedersetting naby Olifantsfontein het Donderdagoggend vroeg die R21 in Gauteng afgesper. Die rede vir die betoging kon nie dadelik bevestig word nie. Op ʼn foto wat van die betogers geneem is, kan ʼn plakkaat met die woorde, “We need land”, egter gesien word.

ʼn Beampte, wat in die blitspatrolliemotor gesit het toe die man dit gestamp het, is ook beseer en sterk ook in die hospitaal aan, het Peters bygevoeg.

Alle bane van die noordelike gedeelte van die snelweg (in die rigting van Pretoria) tussen die Olifantsfontein- en Nellmapius-afrit is omstreeks 08:00 weer vir verkeer oopgestel.

In ʼn afsonderlike voorval het ʼn bestuurder van ʼn luukse sedanmotor glo die polisie se waarskuwing geïgnoreer en deur ʼn versperring op die R57 gebars. Die motoris het glo na veiligheid gevlug voor die motor deur betogers aan die brand gesteek is.

“Die publiek word gemaan om nie aan onwettige betogings deel te neem of betrokke te wees by georganiseerde of individuele misdrywe van openbare geweld nie,” het Peters gesê. “Niemand wil ʼn kriminele rekord hê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cryosphear ·

Nie “We need land” nie, maar “You need to father less children!”

Bernard Hellberg ·

Die L&J spul is ‘n klomp skelms en diewe wat Irene teiken. Daar woon talle buitelanders – vuilgoed moet weg??

Lance ·

Ek moet e-toll en lisensie geld betaal en geld verloor vir my trokke wat aflewerings moet doen teen sekere tye.Om onwettig te betoog is reg om eerlike diens te lewer is ń sonde,norm in sa.

Thinus ·

Die gebeur nou aanmekaar in DA beheerde Pretoria ANC volg dieselfde taktiek as voor 94′ as hulle nie in beheer is nie dan ry hulle mense aan of betaal n paar werkloses om dit
onregeerbaar te maak. Wag maar vir 2019 hoe meer die ANC verloor hoe erger gaan dit raak.

Kula ·

I guess the thought never crossed their minds to work instead of protesting and destroying things and BUY “land” just like a lot of us do.

Frederik ·

With the recent goverment’s mindset, it’s a risk for anybody to BUY land in SA. Much less risky to rather toi toi and get it free.

Rita ·

Waarheen is ons oppad?
Jammer niemand se iets van die alternatiewe pad nie. Daar is die pad versper. Ons wou n begrafnis bywoon in PE waar n familielid verlede week doodgesteek is met n messe.
Kon nie ons motor is met klippe gegooi. Kon gelukkig met hulp van ons Here omdraai. Dink nie almal van daai lang ry moters was so gelukkig soos ons nie. Is jammer dat n polisie vrou so seer moes kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.