R21 miljard aan salarisse; 17 000 poste vakant

Argieffoto

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê die premier van Mpumalanga moet verduidelik hoe die provinsiale regering 99% van sy werknemersbegroting aan salarisse kon bestee, ondanks 17 000 vakante poste.

“Volgens die 2014/15 jaarlikse verslae van al die Mpumalanga-departemente, is meer as R21 miljard aan salarisse spandeer, ondanks die feit dat 19% van die poste vakant is,” het James Masango, DA-leier in Mpumalanga, gesê. “Premier David Mabuza moet ʼn duidelike verklaring gee oor hierdie uitgawe tydens die volgende mondelinge seisoen in die provinsiale wetgewer.”

Dit is in sterk teenstelling met Mabuza se onlangse verklaring dat die provinsiale regering alle departemente op ʼn moratorium geplaas het om die provinsiale salarisrekening te verminder.

“Hierdie oefening is nou net so vrugteloos, aangesien die salarisbegroting sedert 2012 bestendig met 14% toegeneem het.

Mabuza het gesê die moratorium op vakante poste sal tot in die nuwe finansiële jaar voort duur, weens die provinsiale begroting wat met ongeveer R1 miljard gesny is.

“Dit is duidelik dat werksgeleenthede nie vir die werkloses geskep word nie, aangesien die werkloosheidskoers in die provinsie ongeveer op 39% staan, insluitend diegene wat opgegee het om werk te soek,” het Masango bygevoeg. “Dit is nóg ʼn aanduiding van die Mpumalanga-regering se onvermoë om werkloosheid te hanteer. Die provinsie is desperaat op soek na verandering wat gelyke geleenthede na die armstes van die armes sal bring.”

Inwoners van Mpumalanga word oorval met mediaberigte oor regeringsprojekte wat miljoene, soms miljarde, van belastingbetalers se geld gebruik en “meeste daarvan word nooit voltooi nie”. “ʼn Deursigtige regering is die sleutelvereiste vir, onder andere, suksesvolle dienslewering. Die DA fokus daarop om korrupsie in die staatsdiens uit te roei,” het Masango gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann Marx ·

Dit moet hel wees om nie te verstaan hoe geld werk nie, hoe ‘n ekonomie werk nie, hoe ‘n boekhoustelsel of ‘n oudit werk nie, en keer op keer word jy uitgevang dat jou syfertjies nie sin maak nie. Jy probeer dan so hard om vir almal ‘n geldjie te gee nadat jy jou gedeelte gegryp het, sodat hulle almal bly ANC stem……en jy moet BLY ANC stem want hulle’s die enigstes wat jou gaan “red” uit jou penarie uit nadat jy al die geld gespandeer het om die “loyalists” loyal te hou. Dit moet vir jou onverstaanbaar wees hoekom die ANC nie net NOG GELD laat druk nie……hulle “besit” mos nou die munt? hahahahaha….

alida ·

Die ANC sal gou agterkom dat slim sy baas een of ander tyd van. Spul skelms

Frans ·

AS 19% van die aantal beskikbare poste gelyk is aan 17000 poste ,dan is daar +- 89500 beskikbare poste, waarvan 17000 nie gevul is nie.Die oorblywende 725000 verdien dan gesamentlik R21 miljard.

‘n Miljard is ‘n getal met 9 nulle.As ek dus R21 miljard deel deur die aantal werknemers in diens dws 725000 dan is die gemiddelde jaarlikse verdienste (basiese loon/salaris plus toelaes ) R289 655 per werknemer.
Dit dui aan dat of die getalle in die berig verkeerd is of dat ek nou onmiddellik aansoek om een van die vakante poste moet doen!

Iets stink in Mpumalanga en dit is nie net verwaarloosde watersuiweringswerke nie.

DPJ ·

Hulle is net soos Nr 1 wil nie syffers verstaan nie.
Lyk my hul kan net spandeer enspandeer.

scalla ·

As eskom tetris gebruik om mee te speel kan hul seker n telraam kry om somme te maak, miskien is daar dan n verbetering

Jef ·

Stop die regeringsprojekte dis n waardelose investeringe en dit sal altyd n bodemlose put bly.
Hoeveel mense lewe onder die armoede grens, mense wat hulle laaste geld spandeer om hulle gesin te voed en verder in die maand kop bo water probeer te hou en dan lees mens dit.
Dit is n pure skande, die armstes van die arme sal my insiens nooit gehelp word nie en gesien die werkloosheids syfer sal daar maar net meer armes bykom.

Benito Odendal ·

Die syfers dalk nie reg nie………die poste wat gevul is se selaris gemiddeld maak nie sin nie…..Kaders,Familie en vriende se onderhoud eet dalk net te veel …..Something rotting very , very badly in the state of Mpumalanga……????……Maybe the cANCer needs some chemo therapy !!!!

Cornelius du Rand ·

As dit korrek is wat doen hierdie werknemers dan want dan is daar nie geld vir enige projekte nie. Dit beteken die regering betaal ‘n klomp onbevoegde regstellende mense om niks te doen nie. Die beampte van openbare werke kan tog nie die skraper ry as die skraper nie in ‘n werkende toestand is en diesel in het nie. Dit gaan oral so. Kom kyk in Zeerust Noordwes. Departemente het net geld om te werk vir 2 maande.

alida ·

Mens se bloeddruk kan dit nie hou nie. Ek wens die DA wil AL die blikke vol wurms oopkrap en dit wereldwyd versprei en die spul elke dag op TV “kataza”.

André ·

Dis mos maklik man. Anything goes in die nuwe SA. Raak ontslae van een korrupte amtenaar en stel een aan wat net later dieselfde geleentheid sien. Vang hulle uit…..en hulle kry ‘n goue handdruk.
LEKKER MAN LEKKER.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.