R21 miljoen Lotto-boerpot nog onopgeëis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Lotto-boerpot ter waarde van R21 miljoen verval binnekort as dit nie in die volgende twee dae opgeëis word nie.

Dudu Ndendwa, woordvoerder van die nasionale lotery-operateur Gidani, het Dinsdag gesê die wenkaartjie is verlede jaar in Ekurhuleni in Gauteng gekoop en verstryk op 19 Maart.

Die ses wennommers vir trekking 1380 was 2, 9, 21, 29, 42 en 47.

“Spelers het 365 dae van die datum waarop die trekking gedoen is om hul prysgeld op te eis,” het Ndendwa gesê.

Ndendwa het ʼn beroep op deelnemers gedoen om onopgeëiste kaartjies by hul naaste Nasionale Lotery-terminale te laat nagaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hannelie ·

Dit sal goed wees om te weet wat met die geld gedoen gaan word indien dit nie opge-eis word nie!

ladybug ·

Ssshhhh .. moenie dat Zuma hoor nie, dan verdwyn dit ook! As dit mos na ‘n jaar nie opgeeis is nie, put it to good use … Gee dit vir my! ;-)

LINDA ENGELMOHR ·

Asseblief as die geld nie opgeeis word nie – kan dit geskenk word aan al die geregistreerde Kinderhuise asook oue tehuise in Suid Afrika.

Ek pleit want hierdie instansies sukkel geweldig

Waar kan ons sien vir die laaste 3 jare hoeveel aan kinderhuise en oue tehuise
gegee is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.