R21 weer oopgestel ná protesaksie

Foto: Via Netstar Traffic / Twitter

Motoriste kan nou weer vrylik op die R21-snelweg beweeg.

“Albei rigtings is nou weer oop vir gebruik,” het sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, aan Maroela Media gesê.

In dié stadium is daar nog niemand in hegtenis geneem in verband met die protesaksie nie.

Maroela Media het vanoggend berig ʼn gedeelte van die R21-snelweg was gesluit ná betogers vroegoggend die pad versper het.

Aanvanklik was die noordelike en suidelike gedeelte van die snelweg naby die Nellmapius-afrit gesluit, maar beamptes kon daarin slaag om die suidelike baan van die snelweg weer vir verkeer oop te stel.

Alle bane van die noordelike gedeelte van die snelweg (in die rigting van Pretoria) was egter nog teen 07:00 tussen die Olifantsfontein- en Nellmapius-afrit vir verkeer gesluit.

Die rede vir die betoging is steeds nie duidelik nie. Op ʼn foto wat van die betogers geneem is, kan ʼn plakkaat met die woorde, “We need land”, egter gesien word.

“Dit is moeilik om te sê, ons hoor so baie stories,” het Mahamba laat hoor.

Mahamba het motoriste verseker dat die metropolisie op die toneel sal bly en die situasie sal monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Riaan ·

Hoe op aarde is “niemand in hegtenis nie”? Die ouens staan daar oop en bloot in die pad – gaan arresteer hulle.

Speedgaurd ·

@Riaan, was jy al ooit in jou lewe blootgestel aan sulke optredes, dit is nie sommer vir in jaag en”mense” te arresteer nie glo my, van hulle is tot die tande bewapen, ek sal nie my lewe waag tensy dit nie op my terme is nie en indien jy jou lewe werklik op die spel plaas word hulle op waarskuwing vrygelaat ,so waarom jou lewe op die spel plaas ! Soos ‘n vuur wat buite beheer brand , die manne kan net die vuur stoei tot alles vernietig is en is dit juis die geval, wie gaan iets aan dit doen ? Die Staat?

snoefie ·

as die polisie nie nie die oortreders kan of wil verwyder en hulle kry on die wet te gehoorsaam nie, hoort hulle nie in diens nie en behoort mense wie die wet kan toepas aangestel te word. fikile mbalula, kan ons hoor of jy die wet deur werkende poliëring gaan laat toepas? as iemand nie hulle werk wil doen nie wel, dan werk hulle nie.

Pietskiet ·

Ja ons het vanoggend 3:30 almal wakker geword van ‘n helse lawaai soos vragmotors hoeters blaas en polisie sirenes verby jaag. Die hele Elarduspark moes wakker le en luister na die barbaarse geraas met die gevolg dat almal vandag tam is en die verkeer vanoggend ‘n gemors was. Nou wat presies het die mense van die omliggende area met land uit te waai? Dit maak mens lus om reg in eie hande te neem en daar te gaan uitkamp met iets lank wat lood spoeg.

EPnaar ·

Ek stem, het vanoggend wakker geskrik van die lawaai. Ek weet nie waar hulle land by my wil kry nie. Gaan soek land by Nkandla

dna ·

Die ryvlak is beskadig deur die bande wat gebrand word.
Nog belasting betaler se geld wat gebruik gaan word oor n jaar of so

Bernard Hellberg ·

Nog ‘n teken van ‘n regime in trurat. So besig om te steel, hulle vergeet om te regeer

Isa ·

My man was net na 4 vanoggend oppad na Ellisras toe hy en nog ‘n motoris in Olifantafontein hulle bande beskadig het as gevolg van die klippe wat in die pad gepak is. Hulle kon nie verder ry nie en moes hulle lewens waag om vining te probeer bande ruil en na die naaste vulstasie ry om die bande verder vas te draai. Wat word van ons land… Polisie weet daar is ‘n probleem nou bly hulle net op die snelweg en patroleer nie die ander paaie nie…. Ons skade……

zoom zoom ·

Is dit waarvoor ons E Toll moet betaal sodat wie ookal kan toi tpi op die snelweg. Hoekom gaan syeek hulle nie bande en maak geraas by die Uniehebou die vir wie hulle gestem het rus herldag daar

BAREND ·

gaan na AIDA SEEFF ,Of enige eiendoms agent hulle verkoop plaase,huise en plotte
dit is nie nodig vir optrede nie ,ek het my huis so gekoop niks is verniet of graris in die wereld nie ,n mens werk vir n huis en grond .NPERSOON KAN GROND KOOP MAAR NIE N AGTERGROND NIE ,VRA vir die A.N.C waar julle grond is dit was n verkiesing belofte net soos daai t-hemp en kos pakkie

Jenny ·

Dit gaan my verstand ten bowe hoe hierdie massas, sluit Malema in, dink. Ek werk elke dag van my lewe om die grond wat ek het elke maand se verband terugbetaling te betaal. Wie gaan my verband betaal as hulle besluit hulle gaan my grond vat? Gaan die bank nog die geld van my verhaal of gaan die bank die geld van hulle verhaal, wel hier is ‘n tammeletjie vir Malema en Zuma wat so slim is met hulle plannetjies? Pleks hierdie grondeisers net besef hulle moet vir Zuma aantree vir grond, en Zuma moet maar sy miljarde gaan terugkry oorsee en vir hierdie mense hulle grond koop wat hy so mooi vir hulle beloof het. Hy moet sommer daardie geld gebruik om vir hulle werk te skep wat hy ook beloof het! Beloftes maak skuld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.