R22 miljoen se gesteelde sigarette teruggevind

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Sigarette ter waarde van nagenoeg R22 miljoen, wat tydens die kaping van ʼn vragmotor gesteel is, is Dinsdag tydens ʼn gesamentlike poging deur die polisie en beamptes van die Johannesburgse metropolisie teruggevind.

Michael Sun, die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, het gesê beamptes het ʼn wenk ontvang dat sigarette onder verdagte omstandighede by ʼn stoorplek in Fortunestraat in City Deep afgelaai word.

“Die polisie het op tien verdagtes afgekom wat besig was om bokse uit ʼn vragmotor te laai. Daar is vasgestel die vragmotor is vroeër op die N3-snelweg naby Heidelberg gekaap,” het Sun gesê.

Twee van die verdagtes is in hegtenis geneem, maar agt kon daarin slaag om te ontsnap. Sun het die polisie- en metropolisiebeamptes vir hul goeie optrede geprys en gesê die samewerking tussen die eenhede moet voortgaan om op misdadigers en sindikate in die stad toe te slaan.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Knap gedaan vir die informant. Hoop die SAP beloon jou maar ek twyfel.

Frik ·

Goed en wel hulle het 2 gevang maat hoe kom nog 8 weg? Polisie het geweet wat aangaan hoekom nie versterkings aangevra en lugvleuel voor hulle toegeslaan het nie?

Christa ·

As jy in die ou dae 2/10 gekry het, het jy gedruip!! Ek hoop die 2 sal die polisie op die ander 8 se spoor kan sit!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.