‘R24 miljoen vir luukse voertuie, R0 vir droogtehulp’

Argieffoto

Argieffoto

Die regering in Mpumalanga het glo R24 miljoen aan luukse voertuie vir tradisionele leiers bestee, maar geen geld vir droogtehulp beskikbaar gestel nie.

Volgens die DA het dit aan die lig gekom tydens die aanpassingsbegrotingsrede wat Vrydag gelewer is. Bosman Grobler, DA-lid vir die provinsiale wetgewer, het in ’n verklaring gesê dat 62 voertuie vir tradisionele leiers aangekoop en verlede week afgelewer is.

“Die DA is van mening dat die ANC stemme probeer koop met die voertuie. Die begroting is aangepas met R24 miljoen vir die aankoop van die voertuie, dít terwyl geen geld toegeken is vir droogtehulp nie.”

Grobler het gesê die DA is ook besorg oor die gebrek aan finansiering vir droogtehulp en die feit dat geen bykomende finansiering vir landbourolspelers toegeken is om voedselsekerheid te verseker nie. “Droogtehulpfinansiering word deur die premier weerhou om redes wat onbekend is aan die party.” Volgens die DA is R1 miljoen toegeken vir ʼn amptelike voertuig vir die speaker.

Die DA het egter die R3,8 miljoen wat toegeken is vir loonverhogings vir staatswerkers verwelkom en regeringsdepartemente aangemoedig om bekwame mense aan te stel in vakante betrekkings. “Ons verwelkom ook die R60 miljoen wat toegeken is aan die provinsiale departement van gesondheid ten einde die agterstand in ortopediese chirurgie in die provinsie reg te stel.”

Die DA het gesê hy is steeds daaraan toegewy om die regering verantwoordelik te hou vir alle besluite en planne wat hulle maak en uitvoer. Die party meen dat geen waarde aan beplanning geheg kan word indien daar ʼn gebrek aan uitvoerbaarheid is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

hb ·

Ons betaal duidelik te veel tax!!! Een lekker party in hierdie land!! Selfs gewone weermag lede ry deesdae op ons onkostes met nuwe motors rond. Lekker lewe!!

Meisie ·

Net nog `n duidelike voorbeeld dat die huidige regering hulself bo die behoeftes van die mense stel!! Wag maar tot daar nie meer kos op die rakke is nie , wie gaan hulle dan blameer? Apartheid? Jan v Riebeeck? Enigiemand , maar net nie hulself nie!!!

Bruno Stef ·

Die vet is in die vuur daar kan nou niks anders daaraan gedoen word nie behalwe om n geraas op te skop nie.Mapoepoelanga se belasting betalers het uitgehaal en gewys en n paar motorhandelaars het darem goeie verkope gedoen.

pop ·

Die DA kan nou maar kerm en kla soveel hulle wil, niks gaan verander nie. Die ANC koop stemme, en hulle is al party wat dit doen, want hulle het die mag in die land. Tradisioenele leiers se vir hulle mense wat hulle moet stem en hulle sal nie waag om anders te stem nie. Maar as daar nie meer kos oor is nie gaan hulle seker se dis apartheid se skuld.

Piet Pompies ·

So ry die trein, so ry die trein, die “gravy” trein, kyk daar hou stop hy, hoe stop hy, sonder sy stoom, kyk daar hoe stop hy, die stoom het opgedroog.

BUSFARK ·

Teen Kersfees wil ek graag weet hoeveel nog ry en gesteel is en hoeveel wrakke is oor a jaar is daar nie 1 oor nie Die spaarwiel is al klaar op die donkiekar En niemand sal my verkeerd bebys nie . Trekker en sleepwa sou beter gewerk het

Johann Marx ·

Tradisionele leiers en hulle bendes stem ANC….en kry karre. Vir wie stem die boere? Nou ja….daar het jy dit.

Berhalet Beukes ·

Dan praat ons nie van die miljoene wat aan chauffeur dienste, vliegtuig kaartjies en 5-ster hotelle spandeer word nie! Lekker man lekker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.