R240 miljoen se kokaïen by Durban-hawe gekry

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Cameron Venti/Unsplash)

Die Valke het verlede week op miljoene rande se kokaïen afgekom wat op ʼn skip in die Durban-hawe versteek was.

Brig. Nomthandazo Mbambo, woordvoerder van die Valke, sê die eenheid vir georganiseerde misdaad het Donderdag inligting ontvang dat daar sakke vol kokaïen op ʼn MSC-skip is. MSC is ʼn bekende Mediterreense maatskappy wat in private besit is en vragte wêreldwyd vervoer.

“Die betrokke skip het van Suid-Amerika na Suid-Afrika gevaar met talle houers met houtvloerplanke waarin ʼn besending van hierdie dwelms gestoor is.”

Die Valke het die skip deursoek en groot swart sportsakke onder die planke aangetref. Elkeen was vol kokaïen.

“Die dwelms het altesaam 600 kg geweeg met ʼn straatwaarde van ongeveer R240 miljoen,” sê Mbambo.

“Nog niemand is in verband met die smokkelary in hegtenis geneem nie, maar die ondersoek duur voort.”

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, sê hy is verheug dat sy span die onwettige dwelmmiddel kon opspoor.

“Die vrag dwelms is beveilig. Ons sal nou voortgaan om die oortreders op te spoor en vas te trek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dries ·

DIE VRAG DWELMS IS BEVEILIG. WAAR ???
By die verspreider ???

Hettie ·

Volgende week het dit verdwyn uit veiligheid ! Niks is veilig by SAP nie !

Renier ·

En so sal ons nie weer van die saak hoor nie. Vind een en 10 kom verby. Te veel hoe profiele betrokke.Maar vir die media lyk dit goed om nou en dan een te kry.

Belinda ·

Wel enige “bust” is n goeie “bust”. Minder dwelms wat op straat kom. Minder lewens verwoes. Well done.

Chris dupreez ·

Mooi so. Hou nou net die goed uit die korupte polisie se hande en vernietig dit.

Hasie ·

Laat my dink aan die Goewerneur van VSA wat gereken het Suid Afrikaners steek die grens oor na USA ….nou kan mens seker sê nou versprei hul die VSA se dwelms in Suid Afrika ? ( Om die wat die grens oorsteek te oortuig om dit nie te doen nie ,want die party is lekka hier)

Roedolf Johannes ·

Nou wanneer trek hulle die in Centurion vas wat hulle besigheid op die strate bedryf.

JohanR ·

Seker ‘n kokaïen baas in Mexiko wat vandag baie omgekrap is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.