R250m. vir Sanral danksy e-tol

geld 2Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag gesê hy het in die eerste drie maande vandat die e-tolstelsel in Gauteng in werking gestel is, nagenoeg R250 miljoen se tolgeld ingevorder.

“Teen Februarie 2014 is ʼn totaal van R250.8 miljoen ingevorder,” het Inge Mulder, Sanral se finansiële beampte, gesê. “Sanral wil die verbruikers bedank wat betaal het om e-tolpaaie te gebruik. Die bedrag is meer as wat die padagentskap verwag het.”

Mulder het gesê ʼn inkomste van R953 miljoen is aangeteken, maar dit verteenwoordig die nominale waarde van die transaksies (BTW uitgesluit).

“Die waardes is nie aangepas kragtens die internasionale finansiëleverslag-standaarde (IFRS) nie,” het Mulder gesê. “Die IFRS vereis dat die bedrag billik gewaardeer word en ingekort moet word, indien van toepassing. Die waardes is dus onderhewig aan verandering gedurende die finansiële jaareinde, en sal steeds deur die Ouditeur-generaal hersien word. Voorsiening vir slegte skuld is nie ingereken nie.”

Sanral het gesê die vordering om voertuie vir e-tol te registreer is bo verwagting, en 1 242 317 voertuie is teen die einde van Februarie geregistreer.

Die e-tolstelsel het op 3 Desember in werking getree – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Blikskim ·

Hierdie gaan maar dieselfde paadjie loop as al die ander staatskemas en drome. Met tyd gaan die grootste gros bestuurders die skyfie kry net om te kyk of die baklei nie wil stop nie. Dink aan die wapenlisensie, bestuurslisensie en RICA om maar ‘n paar te noem. Ons ou volkie het nog nooit geleer van “Eendrag maak mag” nie.

Venesa ·

My genade hulle spog met hoeveel geld hulle gemaak het R250 miljoen , in net 3 maande.En nou kry ek n rekening van R107 in die pos.dIt is belaglik,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.