R2,6 miljoen se chroom gekonfiskeer

(Foto: SA Polisie)

Vragmotors met 170 ton chroom, na raming sowat R2,6 miljoen werd, is oor die naweek in Rustenburg in Noordwes voorgekeer.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het Maandag gesê beamptes het die vragmotors Saterdag tydens ʼn gesamentlike operasie voorgekeer. Lede van Rustenburg se blitspatrollie, die departement van minerale hulpbronne en die Suid-Afrikaanse Weermag het die Valke bygestaan.

Sy het gesê die spanne het toegeslaan op verskeie beweerde onwettige mynboubedrywighede in Tlhatlhaganyane, Witrantjie en Maologane. “Toe die beamptes by een van die persele aangekom het, het die verdagtes die polisiebeamptes opgemerk en van die toneel gevlug. Een van die verdagtes is in hegtenis geneem.”

Rodney Molotsi (57) is vrygelaat op borgtog van R2 000 toe hy Maandag in die Mankwe-landdroshof in Mogwase verskyn het. Die saak is tot 25 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

Molotsi is op ʼn ander toneel in hegtenis geneem as waar die vragmotors voorgekeer is, het Rikhotso verduidelik. Molotsi en sy beweerde medepligtiges was nog besig met onwettige mynboubedrywighede toe die polisie op hulle toegeslaan het. Die ander verdagtes het gevlug.

Inwoners het verlede jaar in November aan die African News Agency (ANA) gesê persone in vragmotors, met Mpumalanga-nommerplate, vervoer chroom vanaf Maologane. Die vragmotors word glo begelei deur swaar gewapende mans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Baardman ·

R2000 borg vir R2,6m ?? En jy sal hom nooit weer sien nie

Mathys ·

eerste gram, sentigram, kilogram, ton enige waardevolle metale wat ooit voorgekeer is. As die muil R2000 borg kry, is die sindikaat verseker van ‘n aflewering, sodra hulle die betaling suksesvol (dié keer) gemaak het. Wat word van al die koper wat so gestroop word in die kabels? Ons vervaardig niks, wat word van die onwettige myners se goud? China is die heel grootste goud verbouer op die planeet, wanneer het hulle ons verbygesteek? Min of meer dieselfde tydlyn as ANC se bewind? Kom ons sien maar wat die toekoms openbaar en spekuleer nie openlik nie, want daar is baie teorieë, van die sameswerings variëteit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.