R2,81 miljard verdwyn sedert April uit staatskoffers

Ouditeur-generaal Kimi Makwetu (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Sowat R2,81 miljard se onreëlmatige bestedings is reeds sedert April vanjaar deur agt van die land se staatsinstellings aangegaan, volgens Kimi Makwetu, Suid-Afrika se ouditeur-generaal.

Makwetu het Woensdag tydens ʼn konferensie gesê dat die bestedings deur ʼn nuwe manier om regeringsamptenare aanspreeklik te hou, aan die lig gebring is.

ʼn Groot deel van die bedrag, ongeveer R2,2 miljard, is deur die Passasierspooragentskap (Prasa) aangegaan, wat die verliese wat dié agentskap aangegaan het as gevolg van onreëlmatighede in die aankoop van sy nuwe lokomotiewe, weerspieël het.

Makwetu het verder onthul dat 28 wanvoorstellings ook in die boeke van die agt entiteite opgemerk is, ná die wysiging van die Openbare Ouditwet wat die ouditeur-generaal die mag gegee het om wesenlike onreëlmatighede aan te meld en ook daadwerklik op te tree teenoor rekeningkundige beamptes wat versuim om daarteen op te tree.

Makwetu voorspel dat die beamptes nou meer omsigtig sal werk, omdat hulle nou strafregtelik vervolg kan word. “Vir jare is daar niks of geen optrede teenoor die beamptes geneem nie en dus het hulle ook geen aansporing gehad om die vermorsing van openbare fondse hok te slaan nie.”

Hy het ook regeringsleiers en wetgewers aangemoedig om dringende stappe te implementeer om die “die neiging van teleurstellende ouditresultate” te stuit, wat weereens in die 2018/19- finansiële jaar weerspieël is.

In die vorige finansiële jaar het onreëlmatige bestedings met R62,60 miljard, vanaf R51 miljard toegeneem. “Hierdie bedrag mag nóg verder styg, soos wat meer inligting aan my bekendgemaak word.”

Hy sê dat 34% van geouditeerdes gekwalifiseerd was, wat beteken dat die onthulde bedrag onvolledig is en hulle onreëlmatige uitgawes aangegaan het.

Hy kon ook ʼn verdere R2,33 miljard se kontrakte nie oudit nie, as gevolg van onvolledige inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jerry B ·

Nee wat dit sal nooit ophou. Elkeen wat nuut aangestel word help homself solank moontlik. Hoe moet ek respek he vir hierdie regering.

Jo Petrick ·

Ons President is nie ernstig om die land reg te ruk! Die ANC kriminele beheer steeds die land!

Pieter ·

Ek het gehoor die “land grab” wet is in, so stil-stil voor Kersfees en niemand is gevra om vir goedkeuring nie. Rhamaposa het dit goed gekeur.

Weet iemand iets hiervan en of dit ‘n rumor is?

Christa ·

Verhaal die geld van die onbevoegde en die persone wat hulle aangestel het. Een en almal is onbevoeg.

Bennie ·

Jy bedoel amper drie duidend miljoen rand.
Jy het die 8 en 1 omgeruil. Maar dis verstaanbaar want die getal is astronomies!

Paul ·

Hierdie spulletjie is nie onnosel nie. Hulle weet wat kom en die meerderheid van die publiek weet nie wat kom nie!
Agenda 21 en Agenda 30 – Sustainable Development – non existent as El Nino!

Baba Praat ·

O jinne, dit kan mos nie so wees nie, want sangoma Vorster sê mos dat “die land nou in ‘n veel beter posisie is”. Hahahahaha….. Ja boetie……. ons glo jou……

Issie, man, issie ! ·

Hierie storie issie so nie want daai slim Vorster ekonoom sê mos die land is nou in ‘n veel beter posisie.

Niklaas ·

Daar is baie nuwe kits miljoeners in hierdie land nou. Een daar sal nog hordes wees .Geen wonder dat dit so n puik bestemming is vir duisende mense verder noord in Afrika.

Leon ·

Jy mag mos nie ‘n kader strafregterlik vervolg nie. Dit is onkonstitusioneel. Dit is teen die ANC se beleid. Sy straf hom omdat hy dit nie met sy kader vriende gedeel het nie.

Nou toe nou ·

Hulle het “geen aansporing gehad om die wanbesteding van openbare fondse hok te slaan nie.”
Daardie sin sê dit alles. As jy “aansporing” nodig het om met integriteit en eer op te tree beteken dit jy is van nature korrup.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.