R29 miljard om Vrystaatse paaie te herstel

Argieffoto van ‘n slaggat. 

R29 miljard.

Dís hoeveel dit min of meer sal kos om die Vrystaat se swak paaie te herstel.

Die Vrystaat se totale begroting beloop egter sowat R41 miljard per jaar, wat beteken dat die provinsiale regering 70% van sy totale begroting aan paaie sal moet bestee indien daar werklik met die provinsie se swak paaie plan gemaak wil word.

“Dit is onhaalbaar,” sê Armand Cloete, VF Plus-LP in die Vrystaat, nadat die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer die bedrag wat benodig word vir die herstel van die provinsie se paaie in antwoord op ’n vraag van die VF Plus tydens ʼn portefeuljekomitee-vergadering verskaf het.

Die Vrystaatse departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer se begroting vir die komende finansiële jaar is maar R3,3 miljard.

Die departement het ook erken dat vyf padkontrakte van meer as R98 miljoen tans deur regsprosesse beslis word. Dispute tussen kontrakteurs en die departement is tans sub judice.

Daar is boonop meer as R65 miljoen se eise teen die departement ingedien weens die toestand van die Vrystaat se paaie.

“Die astronomiese bedrae wat die Vrystaat benodig om paaie ten volle te herstel, is die gevolg van byna drie dekades se wanbestuur, verkeerde begrotingsprioriteite, gefaalde swart ekonomiese bemagtiging en korrupsie onder die ANC-regering,” sê Cloete.

Talle lewens het die afgelope paar jaar op die Vrystaat se slaggat-geteisterde paaie verlore gegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

hpven ·

10% van moontlike begrote geld vir paaie en 90% daarvan vir die kaders se vreet trog, dit is hoe die ANC regime se begrotings werk… Die afgelope jare is duidelik die bewys daarvan.

Di ·

Hou op om SASSA te betaal vir die miljoene wat vermenigvuldig by die dag dan sal daar BAIE geld wees om hierdie dinge wat MOET gedoen word, te doen. Ons belasting betalers se geld word gebruik om vir die meerderheid te sorg wat net MEER word

Peetjie ·

Ek het n antwoord of voorstel vir die sassa mense wat werkvaardig is … Laat hulle ten minste n sak papiere en gemors optel wat ten minste 5kg weeg en jy kan jou sassa kry…

Marthinus Johannes ·

2/3 de van die prys/begroting is B.S. prys (ge-inflate) om voorsiening te maak vir kaders om the skep en bakhandjies onder die tafel. Ons ken mos nou al die storie. Die waarheid kom altyd agterna uit as almal klaar ge-eet het.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Hopelik gaan die ANC eendag op ñ reendag voor stok gekry word vir al die wandade, onreg, onmenslikheid, wreedheid, korrrupsie, absurditeit, wanbestuur, verkwisting, vermorsing en vernietiging onder sy beheer. Is mos maklik om altyd apartheid en Jan Van Riebeeck die skuld te wil gee vir alles wat verkeerd in ons land is en aan. Ek het nuus vir julle, die wiel draai en God’s meul maal stadig maar seker. Tik tok tik tok. Ons wag.

SjN ·

Die koste kan mos verhaal word uit die lisensiegeld wat jaarliks op voertuie gehef word.

Euodia ·

Ek het nie woorde nie en dit wat ek wil sê gaan my in warm water laat beland!

Owlie ·

Waarmee herstel hulle die paaie – Goud en Diamante? Kom by om paaie net hier en daar met las lappie werk reg te maak kan nie naastenby die koste dra nie

Burgermeester ·

Nee … my mens, my kroon. Hulle kan nie al daai geld spandeer op Vrystaatse paaie nie. Lesotho soek mos die Vrystaat terug. As Lesotho ernstig is oor hulle grondeis, laat hulle vir die paaie betaal. :-)

Wondermaarnet ·

Weer eens – instandhouding was nie gedoen sedert April 1994 nie.

Debbie ·

Is die geld vir die paaie of vir die paaie wat lei na mense se sakke?

Peetjie ·

Ek is seker as die paaie gereeld en ordentlik in stand gehou was, sou dit nie soveel gewees het nie… Maar alles moet mos eers totaal verval voordat herstelwerk gedoen word….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.