R3 miljard om Poskantoor te red

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het R3,7 miljard van finansiële instansies ingesamel om dié onderneming te red.

Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en posdienste, het gesê die organisasie het ʼn paar maande gelede R1 miljard van die bedrag ontvang toe ʼn waarborg van die regering gebruik is om finansiering te bekom. Daarna is ʼn verdere R2 miljard-kontantinspuiting onlangs bekom.

“Ek is bly dat die raad en bestuur die geld plaaslik kon kry,” het Cwele Vrydag aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Die geld gaan aangewend word om die Poskantoor om te draai en skulde terug te betaal aan werkers en verskaffers.”

Buiten die geld wat die organisasie aan werknemers skuld weens onbetaalde salarisse, skuld die Poskantoor ongeveer R900 miljoen aan verskaffers, het Simosezwe Lushaba, voorsitter van die raad, bygevoeg. “Die finansiering beteken ons kan handel dryf en ons omdraaistrategie volg. Ons is in ʼn posisie om verskaffers van die einde van vandeesmaand te betaal,” het Lushaba gesê.

Hy het gesê ooreenkomste met arbeid is ook afgesluit en dit beteken ʼn nuwe dag vir die Poskantoor.

Werkers sal salarisse ontvang wat al sedert 2014/2015 agterstallig is. ʼn Salarisverhoging van 6,5% is met vakbonde ooreengekom vir die huidige finansiële jaar. “Die salarisverhoging tree sedert 1 April terugwerkend in werking en betalings sal vanaf 25 Augustus geskied. Huidige deeltydse werkers sal vanaf 1 Augustus permanent aangestel word,” het Cwele gesê.

Die kontantinspuiting stel die Poskantoor in staat om die onderneming oor die volgende drie jaar vlot te maak, het die minister bygevoeg.

ʼn Uitgerekte staking en swak finansiële prestasie het die Poskantoor in 2014 lamgelê en die organisasie tegnies insolvent gelaat. Die Poskantoor kon in ʼn stadium nie meer volle salarisse betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Meko ·

Geld in ‘n bodemlose put soos alle staatsdiens instansies!

Edward ·

Yip. Dit is al oplossing wat hulle ken. Gooi belastingbetalers se geld voor die voete van die geldgieriges en oor 3 jaar is hulle weer bankrot.

Joe Olivier ·

Ek hoop daar word n paar rand uitgehou om kliente te vergoed vir maande se pos wat oor die afgelope paar jaar gedurende stakings nie afgelewer was nie. Huidiglik neem pos wat in Pretoria gepos word na ander adres in Pretoria ongeveer 6 weke om af te lewer. Swak man swak.

M A ·

Ses weke? So vinnig? Ek het pas n posstuk ontvang wat 11 maande gelede gepos is. My ma het in Mei n Kerskaartjie gekry.

Hendrik ·

Kom ons ondersteun hulle en hoop van die beste, en hoop hulle doen die regte besluite want in my bedryf het ons hulle nodig

KarooKlong ·

Hendrik, dit is teenstrydig met my siening maar ek noem joune ‘n baie optimistiese siening en gaan ek jou siening ‘n kans gee en dit ondersteun.

Joann ·

Te veel werkers wat niks doen. Hier by my dorpie is drie,een se naels so lank en skoene se hakke so hoog sy kom nie oor die weg nie. Hul weet nie wat aangaan nie,die ou skoonmaker moet elkekeer vir hul se dat die posstuk wat ek soek is daar. En dit is eenmaal per maand en elkekeer gebeur dit. Spoedpos pakkie wat R73. Kos en hul lewer dit nie by my huis af nie ek moet gaan smeek daarvoor.

Lance ·

Verbaas my nie …onkundige mense met brille het weer slim probeer wees en die unies maw die werkers het die plek in die grond in …hoop hulle maak toe sodat minder belasting vermors word op n dooie ding wat nie weer lewe kan kry nie ….verknemers staak maar weer en demand nog meet en hoer salarisse ….of brand weer iets dalk just for the fun of it …

Etienne ·

Kom ons wees realisties – watter staats instansie was in die afgelope 22 jaar suksesvol met ‘n omdraai strategie ?

Wern ·

Daar is regtig nie meer hoop vir die sinkende instellings nie. Dinge werk nie. Ons gaan moet begin onderhandel vir selfbeskikking, dit is die enigste werkbare opsie vir ons.

Hendrik ·

Dankie Karooklong ons ou klein plekkie se poskantoor het nog nooit gestaak nie, hulle ook maar afhanklik van groot sentra om hulle werk te doen.

Hasie ·

Ek stem ook saam met Hendrik dat ons hulle ‘n kans moet gee. Daar is mense op die agtergrond wat hard probeer om die poskantoor van ondergang te red, maar kom ons wees positief en help al is dit net ‘n bietjie.

Luister ·

Ek ondersteun hulle ook nog. Wonder net hoe dit gaan werk; met baie minder inkomste as gevolg van epos, wat nou meestal gebruik word.

Pastoor ·

Ek lees wat hulle sê. My een vriend het geboue. Die Poskantoor huur dit by hom. Mnde laas huurgeld betaal. Meer Postnets of soort gelyke maatskappye sal werk. Maak staat se laste ligter hehehe

Milan ·

Hou hierdie spasie dop. Verdere “bail outs” volg binne die volgende paar jaar.

AG ·

Maroela Media is julle nuus nie baie beperk teenoor ander nuus instansies nie?
Bv. News 24 en Yahoo News !!!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê AG

Ons berig volledig oor nuus wat Suid-Afrikaners en die Afrikaanssprekende se leefwêreld raak en van belang is om te weet. Lees gerus hier meer oor ons nuusagenda en stuur gerus nuuswenke aan [email protected] indien jy van mening is dat daar moontlik enigiets is waaroor Maroela Media nie berig het nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jos ·

anc, julle het die poskantoor as ‘n winsgewende besigheid oorgeneem. Ek wil nie die regte afrikaanse term gebruik nie maar julle het dit plein opgeneuk. Sies ek sal so skaam wees as jul party myne was.

Eugene ·

Dit gaan oor die bestuur van die organisasie. Indien kontrakte beding en geteken word wat nie aan die beste verskaffer toegeken word of aan poletieke bedmaats gebeur dit. Geen geld kan dit omkeer nie. Die situssie herhaal hom soos by SAL (SAA)

Johanna Botha ·

Presies Jos …net nog n gemors van die anc …alles staat moet oor en oor gered word met belasting geld wat eerder kon werk skep ….maar omdat kamtige kundige mense dit nou bestuur wat dink hulle weet iets omdat hulle die werk deur n oom se pal gegee is …geen wonder die staatsinstansies soos die piskantoor ,sauk, SAL , prasa …ag noem maar net op verkeer in n krisis agv onkunde en korrupsie …hoe op aarde raak mens nou ontslae van die verroting om iets te kry wat weer werk …die Kaap is verseker beter op baie gebiede en die administrasie werk …dalk kan die DA die verandering bring in die staat wat nodig is soos in die Wes Kaap waar ek ook gereeld kom en n duidelike verskil kan sien

Pietman ·

Jos (en meeste van die voorafgaande skrywers), die grootste probleem is die FEIT dat ons onsteld word oor al hierdie gemors wat in die land aangaan, maar julle en ek weet die besluitnemers het nie die vermoee om LOGIES te redeneer en te voorsien wat die gevolge vorentoe gaan wees nie. Wat maak Afrika Afrika? Jy kan so positief wees as wat jy wil, dieselfde uitkoms vir dieselfde optrede.

Frederik ·

Indien die minister die personeel net kan leer dat hulle nie almal gelyk hoef tee te drink nie, sal dit al beter gaan. Maar as een net noem: ” Die watig het gekoek”, swerm die hele spul teekamer toe en los daai lang ry kliënte net so. Swak!!!

Koos ·

Privatiseer die poskantoor niks waaraan die ANC raak is ooit ‘n sukses kyk maar na die afgelope tien jaar

Johann Marx ·

Dis net in Afrika waar jy kan skuld aangaan om jou skuld te betaal….Die poskantoor was vir baie jare ‘n winsgewende organisasie, en mens kon hulle selfs met jou spaargeld vertrou….maar nou is daar ‘n “omkeer strategie”? Waarom is daar vir elke ding ‘n “omkeer strategie” nodig? Dit het dan gewerk voor 1994? Wie’t dit gebreek? Dieselfde ouens wat nou ‘n omkeer strategie voorstel? Hau, wêna…

VERKOOP ·

Stem saam almal wat NEE sê vir GELDMORS Met DOOIE perd kom mens NÊRENS. Verkkoop poskantoor asb.

Frederik ·

Aan wie gaan die regering die poskantoor “verkkoop” ? ‘n Persoon met daai soort van geld belê dit in iets winsgewends. Meeste slim sakemanne sal die poskantoor nie verniet wil hê nie, want in die oordragtransaksie sal daar defnitief ‘n klousule wees wat bepaal dat die nuwe eienaar nie van die huidige personeel mag ontslae raak nie. Die ANC sal daarvoor sorg.

gatiep ·

Glo hulle regtig die poskantoor gaan nou geld maak na die geld gegee is?
Daai geld kan hulle maar sommer klaar in die poskantoor se base se rekeninge inbetaal.

Pietsepan ·

Draai die transformasie beweging 180 grade om. Haal die Ubuntu kultuur uit ons mense uit. Stel “kontrakpolisie” aan bestaande uit lede van die ondersoek kommissie en staatsouditeur. Elke kontrak moet af geteken word en nagegaan word. Dis seker nie moontlik met ‘n oneerlike regeringsparty wat hul sakke vol belastinggeld stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.