R3 miljoen se kokaïen op lughawe gekry

Argieffoto

ʼn Vermeende dwelmsmokkelaar is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat daar op kokaïen ter waarde van R3 miljoen beslag gelê is.

Sicelo Mkosi, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê die inhegtenisneming volg na maande se intensiewe ondersoek.

Die vrou het van Sao Paulo, Brasilië, in die land aangekom en is deur doeanebeamptes voorgekeer. Sy het glo aanvanklik ontken dat sy enige bagasie het. Daar is egter vasgestel dat sy met bagasie gereis het.

Die vrou se tas, wat 23 kg geweeg het, is op die bagasievervoerband gevind en deursoek. Beamptes het op twee rugsakke met amper 11 kg se kokaïen afgekom en die vrou is onmiddellik in hegtenis geneem.

Die vrou sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van dwelmsmokkel en regsverydeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michael ·

Ai man dit is seker die Guptas sin of die ministers sin want kyk net hoe deurmekaar is hulle lol.

John ·

Iemand gebruik die goed en het vir die vrou gewag… haar reisgeld betaal. Hier beweeg mense… werk mense…. wat hoog in die takke rondsweef… ‘beware’.. Ons het nie meer ‘n polisie-eenheid teen narkotika nie… Gestop. Hoekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.