R3 miljoen skade, drywers in hospitaal ná betoging

Foto’s van die toneel in Northam in Limpopo (Foto: Verskaf)

Die polisie in Limpopo het Donderdag sy skok uitgespreek oor ʼn protesaksie in Northam in dié provinsie waartydens talle voertuie gekaap en aan die brand gesteek is en minstens sewe mense erg aangerand is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die protesoptog het glo Woensdagaand op die Northam- en Brits-pad naby Thabazimbi plaasgevind.

Ngoepe sê dit is nie in dié stadium bekend waaroor die groep betoog het nie. “Die groep het glo amok gemaak en verwoesting op die pad gesaai,” sê hy. “Hulle het na bewering een ambulans en vyf vragmotors gekaap, die bestuurders van die voertuie oorval en toe aangerand.”

Hy sê die betogers het van die vragmotorbestuurders gedwing om die sand wat hulle in hul vragmotors vervoer het op die pad uit te gooi om sodoende die paaie verder te versper. Tydens dié proses is een ambulans en twee vragmotors ook aan die brand gesteek.

“Die polisie is na die toneel ontbied, het vinnig opgetree en die situasie gestabiliseer,” sê Ngoepe. “Die vragmotorbestuurders is onmiddellik na die hospitaal geneem vir mediese behandeling. Van die bestuurders sterk steeds in die hospitaal aan.”

Volgens hom word die skade van die betogings geraam op sowat R3 miljoen. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het Donderdag versoek dat enigeen met meer inligting oor die voorval onmiddellik met lt.kol. Nditsheni Jeoffrey Ramatsitsi in verbinding tree deur hom te bel by 082 843 7129. Lede van die publiek kan ook die misdaadnoodlyn skakel op 08600 10111.

Foto’s van die toneel in Northam in Limpopo (Foto: Verskaf)

Foto’s van die toneel in Northam in Limpopo (Foto: Verskaf)

Foto’s van die toneel in Northam in Limpopo (Foto: Verskaf)

Foto’s van die toneel in Northam in Limpopo (Foto: Verskaf)

Foto’s van die toneel in Northam in Limpopo (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ray ·

Pinky and the Brain

Pinky: What are we doing today

Brain: Taking over the world by burning trucks and taking away their livelihood, also that of their workers

Pinky: OK

Pieta ·

Stuur hierdie tipe inligting ook die wereld in sodat buiteland kan sien hoe word alles hier vernietig onder ons Afrika regering.

Attie ·

Een ding wat ek glad nie van ons SA betogers kan verstaan nie: as hulle ongelukkig is oor iets (gewoonlik dienslewering. lone , behuising), beskadig hulle eiendom van mense wat glad niks met hulle griewe te doen het nie. Hoe dink hulle of kan hulle nie dink nie of het hulle maar net ‘n misdadige streep .
Kan iemand behalwe natuurlik politici, nie aan hulle verduidelik dat hulle op die veelgeroemde demokratiese manier hul griewe moet oplos nie of teiken tenminste die instansies wat vir hul griewe verantwoordelik is

Ryno ·

As ek my buurman se kar aan die brand steek gaan ek tronk toe vir kwaadwillige saakbeskadigging. Omdat dit n protes is is dit nou nie meer n kriminele daad nie?

PJC ·

Die geweld raak net meer en meer totdat dit op ń dag heeltemal gaan handuit ruk.

White Rhino ·

Die antwoord is voor die hand liggend. Kyk Wie is in beheer .

André ·

Ek glo nie hulle weet self waaroor hulle betoog nie. Dis net lekker om te brand, plunder en te doen wat jy wil. Die betogers in die land het die oorhand gekry en tensy die regering drastiese stappe neem, gaan hulle die hele land verwoes. Ek wonder hoe sou ander lande soos Australië, Amerika, Brittanje, Saudie Arabië, Noord Korea, Rusland dit hanteer? Hier word mooi na hulle gekyk en mooi gepraat.

Ansie Coetzee ·

Hoe arm, keelvol, gedaan, op-gesukkel, desperaat en moeg moet ‘n mens wees om dit aan jou samelewing te doen? Dis tyd dat die regering na die armste, gatvolste en nietigste mense in dié land begin luister

LB S ·

Nee, Ansie, as jy kyk sal jy sien dat dit meestal jong mense is. Die trokke word voorgekeer om GEPLUNDER te word. Dit is KRIMINELE man.

vissie ·

Siestog nog niemand gearresteer nie….die polisie was dan daar op die toneel.???

Se maar net ·

Geweld en saakbeskadiging is nie die oplossing nie. ‘n Spreekwoord wat ek by ‘n swart dame geleer het en my vir altyd sal bybly, is: “Bietjies Bietjies maak meer”. Instede van saamstaan en betoog waarom staan die protesteerders nie saam en bou hul gemeenskap op nie? Al is dit met groentetuine. Hulle kan die groente langs die paaie wat hulle probeer verwoes, verkoop en die winste deel.

Ek is oortuig daarvan dat indien hulle nie geld het vir saad nie, die besighede hulle sal ondersteun met skenkings.

Soesie ·

Hierdie optrede is iets wat ons al meer gaan sien, want dit is reeds vir hierdie mense duidelik dat die polisie niks aan hulle doen nie. Die polisie se hande is afgekap want hulle durf nie op iemand skiet nie, selfs al word lewens bedreig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.