R300 borgtog vir man wat glo verstandelik gestremde verkrag

verkragʼn Man van Noordwes wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn verstandelik gestremde tienermeisie verkrag het, is Vrydag op borgtog van R300 vrygelaat.

“Die 47-jarige man sal op 15 April weer in die Delareyville-landdroshof verskyn,” het Frank Lesenyego, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, gesê. “Die man sal dan pleit en die hofsaak kan begin, aangesien hy reeds regsverteenwoordiging het.”

Die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word totdat hy gepleit het nie, het glo die 14-jarige op 26 Maart in Agisanang informele nedersetting in Sannieshof verkrag.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het die tiener glo na sy huis geroep en haar geld gegee voordat hy haar verkrag het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

German ·

Ek het nie woorde nie. Dis totaal onaanvaarbaar! Die regstelsel laat die gestremdes, kinders en oues liederlik in die steek. Dis juis in hierdie geval wat borgtog geweier moet word en die vonnis 10X strenger moet wees. Wat mekeer die mense? Kan niemand in gesags posisies meer rasioneel dink nie? Gaan hierdie dogter ooit haar trauma kan verwerk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.