Foto’s: R300 miljoen-bouwerk aan nuwe Sol-Tech-kampus begin

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het die eerste graaf vol grond op die bouterrein van Sol-Tech se nuwe kampus omgespit. Foto: Reint Dykema.

“Dít is ʼn dag wat ons amper nie gedink het ooit sal aanbreek nie, maar een ding kan ʼn mens van die Solidariteit Beweging sê: As hulle sê iets gaan gedoen word, sal dit gebeur.”

Die presiese woorde verskil dalk, maar dít is die storie wat herhaaldelik deur talle mense vertel is wat Vrydag die nuwe Sol-Tech-kampus se sooispitseremonie en skoudag bygewoon het. Die dag het die afskop van bouwerk aan ʼn wêreldgehaltekampus vir dié beroepsopleidingskollege gevier.

Reeds langer as sewe jaar droom die Sol-Tech-kollege daarvan om sy eie kampus vir beroepsgerigte opleiding op te rig. ʼn Stuk grond vir die kampus en koshuisgeriewe is links van die Waterkloof-lugmagbasis se hoofingang in Monumentpark, Pretoria, aangekoop. Net voordat die bouwerk sou begin, is daar egter ʼn stokkie voor Sol-Tech se planne gesteek.

Jare lank is daar oor en weer gestry in hofsake, maar Vrydag is die eerste grond op die bouterrein omgespit en die bouwerk sal nou amptelik Maandag begin.

“Binne twee jaar sal hier ʼn miljoen stene lê wat die geboue van Sol-Tech se kampus sal vorm,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, by die openingsgeleentheid gesê.

Hy het die kampus beskryf as ʼn lewende monument van hoop. “Ons spit vandag hier in die toekoms in. Ons bou nie net vir ons geslag nie, maar ook vir die volgende geslag. Te midde van al die onsekerhede van vandag sal die kampus ʼn lewende monument van hoop wees.

“Vandag is die boodskap: ‘Ons bly net hier’.”

Nog iets wat dié kampus besonders maak, volgens Hermann, is dat die bouwerk heeltemal deur die gemeenskap gefinansier word.

“Die krag van Sol-Tech en die kampus is dat dit deur die gemeenskap gebou word. Elke Solidariteit-lid skenk elke maand R10 vir ʼn Boufonds. Duisende lede van die publiek skenk ook maandeliks kleiner bedrae om instellings soos Sol-Tech te kan bou.

“Wat ons hier sien, is nie die produk van staatsgeld of groot bemagtigingsgeld nie, maar van duisende bietjies wat baie maak. Ons doen ʼn beroep op mense om nog in hulle duisende betrokke te raak by hierdie reuse-bouprojekte. Die enigste manier hoe ons ʼn toekoms kan verseker, is om dit self te bou. Oor minder as twee jaar en ʼn miljoen bakstene later, gaan hier ʼn kampus staan wat jongmense gaan toerus om vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika te bly,” het Hermann gesê.

Volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, het die gedagte van ʼn beroepsopleidingskollege 12 jaar gelede ontstaan te midde van ʼn onstuimige tyd waarin baie mense gewaarsku het dat die idee vir ʼn nuwe private kollege nie nou sal werk nie.

“Nou sal ons oor 14 maande in die geboue van die nuwe Sol-Tech-kampus staan en in Januarie 2021 ons eerste studente op dié kampus kan verwelkom,” het Van Deventer gesê.

‘n Grafiese voorstelling van hoe die voltooide Sol-Tech-kampus gaan lyk. Grafika: Verskaf.

Die kampus sal dit vir Sol-Tech moontlik maak om tot 22:00 saans klasse aan te bied en die kursusaanbod met ʼn verskeidenheid van nuwe ambagte en meer beroepsgerigte opleiding uit te brei.

“Sol-Tech het tans 1 200 studente wat in verskillende fases van opleiding aan dié kollege studeer. Sy studente is gesog en 94,7% van Sol-Tech-studente kry suksesvol werk. Hulle begin gewoonlik met ʼn salaris van nie minder as R22 000 nie en talle van die alumni-studente het reeds hulle eie ondernemings begin waar hulle dan weer terugploeg in die gemeenskap deur Sol-Tech-studente aan te stel,” het Van Deventer gesê.

Die ontwikkeling word gedoen deur Kanton, die Solidariteit Beweging se nuwe eiendomsmaatskappy.

Die oprigting van die kampus is die eerste groot projek van opleidings- en werkprojekte van R4,5 miljard wat die Solidariteit Netwerk in die volgende vyf jaar gaan aanpak.

Die volgende groot projek is die bou van die Akademia-kampus waar universiteitsopleiding van wêreldgehalte met Afrikaans as onderrigmedium aangebied gaan word.

Volgens Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton, is die maatskappy trots daarop om as ontwikkelaar van die projekte op te tree. Kanton se bestaansrede is om leefruimtes vir Afrikaans te skep.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Shawn ·

Wel gedaan baie trots om te se ons nou al 2 jaar by Akademia en die Solidariteit beweging is voorwaardelik besig om ons land en sy mense op te bou.

Naomi ·

En so herhaal die geskiedenis homself. Weereens staan ons op.

Frank ·

Ja nee kyk, ons boere kan verskriklik koppe stamp, elkeen het mos sy eie opinie. Maar onse mense is nie gebou om te gaan lê nie! Welgedaan!!!

Johan ·

Ja nee darem snaaks hoe sekere volke in die wêreld altyd aan die opbou is en ander volke aan die afbreek en plunder is.

The Oracle ·

Knap gedaan Soladariteit. Ons boere is hier om te bly!

Hanna Hoekom ·

Ek voorspel dat hierdie kampus skoon, veilig en behoue sal bly. Geen plundering, brandstigting, geweld en verkragtingsake in die toekoms nie! Studente sal klasse bywoon en darem meer as 30% gemiddelde behaal sonder enige “demands”. Bou so voort!

F Groenewald ·

Jammer maar ek stem nie saam. Dit is wit en afrikaans en dit gaan werk maar oor 2 jaar word daar afgebreek en gebrand want dit is n witmens se plek. Ons sal nooit wen en iets he wat werk solank die regering in beheer is. Dan word die kampus na een of ander stryder vernoem wat gesuffer het. Dis die realiteit waarin ons lewe

Frik ·

Ek is bevrees jy is reg FG. Daar sal aangedring word op Engels en dan gaan die kampus bloot oorgeneem en afgetakel word. Bou die kampus eerder in die westelike deel van die land en berei voor vir afstigting van SA.

De Villiers ·

@F Groenewald, die moontlikheid is daar solank die toekomende bestuurspanne van Sol-tech se visie nie afwyk van die huidige nie. Twee ander faktore wat dit nie maklik gaan maak om dié kampus oor te neem deur ander landsburgers nie, is die feit dat hierdie instelling geensins afhanklik is of subsidies van die staat ontvang nie, en tweedens dat plekke soos Orania al vir jare bly voortbestaan sonder anargie of seggenskap van die ander.

sweis ·

Kan julle dink wat ons kan vermag as ons onself kon regeer in ons eie land met beskaafde wette,polisie,skole,hospitale,universiteite dit sal soos n paradys wees waar ons in vrede en veiligheid kon lewe en groei.

Jimmy ·

@De Villiers. In die ideale wêreld, ja. Maar hierby ons word vinnig gesê iets wat begin word deur die Afrikaner gemeenskap is rassisties en moet oopgestel word vir almal. Die wat kan betaal moet die res van die bevolking subdisieer. Die kampus moet dalk eerder in Orania gebou word, weg van die stadsliggies.

Petrus ·

Stem saam, Sweis. Maar vertel dit nou vir ander Afrikaners en jy word verguis. Feit is, SA het gesink en kan nie meer gered word nie.

Johan ·

Sweis dit is presies wat ons Boere in die ou SA (met sanksies en al) gedoen het. Maar toe wou die liberales mos graag met terroriste onderhandel vir ‘n “demokrasie”… Mag ek die dag nog leef wanneer ons Boere weer ons eie Republiek het!

Vryburger ·

Johan, ongelukkig is daar geen direkte wil om dit te doen waarvoor jy vra. Ons spartel maar voort in die moeras.

Wingman ·

Sweis en Vryburger, ek sal graag wil sien dat mense in die westelike deel van die land begin saamstaan om iets soortgelyks daar te vestig. Solidariteit is te behep met Pretoria.

Foxi ·

Ek wil sommer uit my vel uitspring. Wonderlik….met soveel trots, net wonderlik! My kleinkinders sien uit daarna. Dankie Solidariteit.

Kallie ·

Die Voortrekker monument gaan nog amptelik beskou word as ‘n simbool van haatspraak. Breek dit solank af herbou dit in Orania.

Cora ·

Ek & my man is al baie jare TROTSE lede van Solidariteit!
Welgedaan en baie dankie. Julle harde werk en deursettingsvermoeè gee ons altyd hoop op die toekoms vir ons kinders EN kleinkinders.

Andre ·

Groenewald, hoekom staan jy op in die oggend jy kan dalk moeg word.

Kallie ·

Andre, jy gaan ook eendag opstaan en besef jy is al lankal moeg. Afrikaners baklei teen ‘n oormag.

Joe ·

Wie gaan gebruik word as arbeiders …?? Glo my ANC en EFF gana se ons gebruik “hulle” mense en wil “hulle” nie toegang gee nadat hulle dit gebou het nie..

Kaaskop ·

Dag Joe, Ek is ‘n pensioenaris en woon so 10km van die nuwe kampus. As ‘n baie groot en ywerige tuinwerker gaan ek myself beskikbaar stel om ‘n dag of twee ‘n week daar in die tuine te gaan werk, self spit en grassny, nie in ‘n trokkie sit en koerant lees terwyl ‘n paar van CR se “ons mense” die werk doen nie!

JohanR ·

Baie geluk aan almal betrokke. R300m is nie bietjie nie. Hoop die universiteit sal bo alle ander in die land kop uitsteek. Dir sal lekker wees on weer ‘n Afrikaanse universiteit te he, nou dat Stellenbosch uitverkoop is aan die Engelse!

lewies ·

Wat ‘n inspirerende en emosionele geleentheid in ‘n land waar slegte nuus die norm geword het. Bou saam in praktyk vandag tasbaar gedemonstreer. VRYDAG 13 SEPTEMBER 2019. Mag dit van krag tot krag gaan.!!

Johan Neuteman ·

Soltech en sukses begin altwee met “s” – dis goeie nuus hierdie. Nuuskierig wie het die verrigtinge geopen?

PK ·

Hoop net dis nie weer ‘n geval waar die Afrikaner dit opbou en hy dit later weggee nie.

Jaco ·

Dit sal verseker so wees, kyk na Sanlam en volkskas, ook opgebou deur afrikaners en kyk waar is hul nou.

Kerneels ·

En al die plattelandse dorpie wat opgebou en goed bestuur is.

Frik ·

PK, Afrikaners sal eendag weer berou toon vir ons optrede en die gebou aan die staat oorhandig as gebaar van versoening. Dis maar hoe ons is.

Gerda ·

Baie geluk Solidariteit!
Wat n voorbeeld vir álmál in die land.
Geloof en hoop…..
Mag julle werklik nét van krag tot krag gaan.
Seën vir julle en elkeen wat sy gewig hier agter gooi

Compensation ·

Wel gedaan! Pasop net tot dit in werking is sal daar “expropriation without compensation ” plaasvind.

Erika Marais ·

Baie Geluk Solidariteit so moet dit gedoen word Godsrykste seen vir dit wat jul vorentoe nog mag aanmak.

GP ·

Dan se hulle ons kan nie saamstaan nie. Ons kan saamstaan en saam bou.

Trots ·

Welgedaan Solidariteit! Dis wonderlike nuus, die behoefte is werklik groot !

jaco ·

1. Waar gaan al die Afrikaanssprekende (wit en kleurling) studente wat daar gaan studeer, werk kry? Weet hulle van regstellende aksie en BEE? En moenie sê hulle gaan in Europa, Amerika en Australië werk kry nie. TALLE van ons mense kan nie ‘n verhuising soontoe bekostig nie.
2. Hoe gaan Sol-Tech se bestuur by regstellende aksie en BEE verbykom? Afrikaans beteken maar basies wit en kleurling. Dis albei minderhede wat saam iets soos net 18% van SA se bevolking is. Selfs om die personeel te laai met kleulinge gaan nie help nie. Sol-Tech is in Pretoria, waar in elk geval bitter min kleulinge bly. Onthou ook dat meer studente beteken meer geld. Dit stoot weer die finansiële omset op tot bo ‘n bedrag waar regstellende aksie en BEE ook MOET toegepas word.

Wian ·

Onkunde en pessimisme is darem maar n lelike ding. Sol-Tech bestaan al 12 jaar en hul studente kry almal werk, omdat hulle ordentlik opgelei is – ek weet, my seun was daar!

Ruben ·

Absuluut wonderlik net jammer meeste wat hulle grade daar kry gaan land uit imigreer

Petrus ·

Hoeveel van Akademia en Soltech se oud studente werk in die buiteland? Seker die helfte. Maar ek neem hulle nie kwalik nie.

Annie ·

Hoe nou gemaak as jy n lid wil wees maar jou karige pensioen laat nie n bydrae toe nid

Fanie Kemp ·

Baie geluk Sol-Tech en baie dankie Solidariteit vir hierdie wonderlike mylpaal.
Mag hierdie eerste sooi wat gespit is en die eerste steen wat geplaas word, simbolies wees van ‘n saadjie wat in hierdie enigste Vaderland-grond geplant word en tot ‘n reuse boom gaan groei.
Ons weet daar was in die Geloof beplan, daarom glo ons dat die GOD in wie ons Glo, hierdie en ander aksies sal Seen.
Ons wag opgewonde ook vir Akademia se toekomsplanne.

Wilma Josey ·

Om ook AFGEBRAND, GEPLUNDER en wie weet wat nog? NIKS bly staande in hierdie land nie…

MvS ·

Trots!! Baie geluk Solidariteit. Ek het hoop vir my kinders se toekoms in hierdie land. n Boer maak n plan en saam sal ons weer opbou en sterk staan met God se genade en seën.

hercu ·

SOLTECH:

“Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg. Die Here sal jou raaksien en vir jou sy liefde gee. Die Here sal jou goedgesind wees en vir jou voorspoed gee” – Num 6:22

Shalom

Deon ·

Waarom in Pretoria? Die stad is oorbevolk, ‘n misdaadhool en stortingsterrein. Bou die fasiliteit eerder aan die Weskus, of Orania, of ‘n kleiner dorp in die Suid Kaap. ‘n R300 miljoen investering kan opgevolg word met ‘n landboukollege en privaatskool. Later kan Akademia ook ‘n voltydse kampus daar vestig. En dan ‘n mediese skool, tegnopark, outehuise, aftreeoorde en privaathospitaal. Sò word’n alternatiewe toekoms elders geskep, vêr weg van die regeerders. Los Pretoria vir die Tshwanlites.

Rina ·

Baie geluk. Ons het voorheen opgestaan en opgebou. Dit kan weer gebeur. Afrikaners gaan lê nie sommer nie. Die paar doemprofete sal jy altyd kry, kritiseer net, met so n moerbiede houding sal almal in sak en as sit, handjies gevou.
Ons moet dit net in die hande van ons Hemelse Vader sit . God is in beheer en sterker as n hele Weermag. ????????✝️????️

Rina ·

Morbiede houding
✝️????️???????? Herstel net my spelfout

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.