R300 miljoen se juwele glo van Rupert gesteel

Johann Rupert.

Die perseel in Bryanston in Johannesburg waar daar Vrydagaand miljoene rande se juweliersware gesteel is, behoort glo aan die miljardêr-sakeman Johann Rupert.

Die polisie is op soek na ʼn onbekende aantal verdagtes na Vrydagaand se rooftog, het kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Gewapende verdagtes het die kantoorpark binnegekom en die veiligheidswagte aangehou. Die verdagtes is hierna na die perseel waar die juweliersware gehou is. Hulle het die veiligheidsdeure afgebreek en met ʼn onbevestigde hoeveelheid juweliersware op die vlug geslaan.”

Die Sunday Times berig die waarde van die juweliersware wat gesteel is, beloop R300 miljoen en dat die perseel waar die rooftog plaasgevind het aan Rupert behoort.

Die polisie wou egter nie kommentaar hieroor lewer nie.

Volgens Masondo word ʼn saak van sakeroof ondersoek en is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enige iemand met inligting oor die voorval word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Stephen ·

Affirmative shopping by the E……! They ran out of white capital.

SjN ·

Hulle wil dit namens Mnr Rupert oorsee neem na sy uitlating, die rowers besef nou ook hier is nie n toekoms in SA nie.

Koos de Meyer. ·

Waarom het jy veiligheidswagte. Dit laat mens wonder. Te bang om te skiet of wat.

Leon ·

Hulle mag nie vuurwapens dra. As hulle vuurwapens dra kan hulle die regering se kiesers skiet en dan verloor die ANC die verkiesing.

Peet ·

Onteiening – semantiek. Wat gaan gebeur – niks!
Die regsproses, indien enige neem jarre – veral met die multi-verdieping regsstelsel.

Ag Ja ·

Het geen simpatie met AR nie. Hoekom in sy perseel hou? Wat van n inside job?

Sarel ·

En daardie skenking aan die armes gaan seker vir R30K van die hand gesit word om goud te hê vir die tande fabrieke

LR ·

Gelukkig is hierdie krimenele n klomp imbosiele en sal dus gevang word.

Anon ·

Want as banke genasionaliseer word of daar groot probleme kom het jy juwele om mee handel te dryf

Dewald ·

Volgens radio berigte oor die rooftog, is dit juwele wat in juwelierswinkels verkoop moes word. Dis glad nie ‘n privaat versameling juwele nie. Dit verduidelik die groot waarde daarvan .

Niklaas ·

Dis een groot verlies en selfs vir sulke skatryk families taamlik gevoelig . Daai diewe het duidelik hul huiswerk gedoen. Dalks nie sommer net n paar tsotsi’s nie , maar ou professionele kalante hierdie.

Mariaan ·

Soveel honger arm mense met nie eers kos elke dag nie…dan is daar sulke STINK rykes..maak mens naar

HPV ·

Mariaan, maw daar mag nie rykes wees terwyl daar armes iewers is nie? Weet jy hoeveel mense het baie van die sogenaamde rykes in diens waarvoor hulle salarisse betaal en sodoende bedra tot werknemers se welstand en welvaart? Baie duidelik het jy geen benul nie, word maar naar.

Vaalseun ·

Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryke om die hemel in te kan gaan. ‘Go figure’ soos Steve sou sê.

Ruben ·

Meeste stinkrykes het hulle dood gewerk vir dit wat hulle het…meeste armes slaap laat en is lui of drink en rook as hulle geld kry…dit is om van naar te word

Oujongvrou ·

Klink vir my verdag. Juwele met soveel waarde hoort mos in n bank se kluis. Of so sou mens dink, behalwe as dit onder die radar moet bly.

Elize ·

Oujongvrou, net ter inligting. Die banke hou al vir jare nie meer “Security Boxes” in hul kluise aan nie.

Dewald ·

Die rede dat dit nie in “safety box” by ‘n bank of in ‘n kluis by sy huis was nie, is omdat met radio berigte duidelik gesê was dat die juwele bedoel was om in juwelierswinkels verkoop te word.

Ig ·

Mariaan, gun die man sy rykdom. Kry pluk en doen iets wat jou ook ryk maak. Moet hy nou skuldig voel omdat hy met sy talente ge woeker het?

Siener van Melbourne ·

Johann, hulle noem dit ‘expropriation without compensation ‘, iets wat jy help implementeer het met jou steun aan die ANC.

Ben Parsons ·

Ha ha. Moet nie alles glo wat jy lees nie.
Party mense is baaaaaie slimmer as wat jy dink.

Dries du Toit ·

Goeie skenking vir die mense vir wie hy gehelp het oor die jare heen. Geen simpatie nie. Die goeie vredeliewende Afrikaner in Orania kon gehelp gewees het met daai geld.

Happy ·

Een ou het nie R300 miljoen nodig nie. Dit is die probleem, 1% van die mense besit net soveel as al ander 99% saam!

Dries du Toit ·

Die Oraniers kon daai geld verdubbel het as Rupert dit daar belê het. Maar hy beskou hulle as sy vyande

Pikkewyne ·

Verkoop JY al jou goed en gee die geld aan die 99%. As jy hard werk floreer jy, as jy lui is kripeer jy…

skurweberg ·

Gaan en verkoop alles wat jy het en deel dit uit aan die armes…

Jerry ·

Skurweberg, jy het n punt beet, dit is egter nie om te verkoop en uit te deel nie, dis om eerder werksgeleenthede te skep vir die armes sodat hulle self brood op die tafel sit. Om net bloot uit te deel is om die duiwel te voed!

Rooi ·

Julle kan ma sê wat julle wil. Hier sit ‘n meesterbrein agter dit. Nie sommer ‘n ou wat ‘n petrol stasie wil beroof nie. Die rooftog is goed beplan

Klipindiebos ·

As die items verseker is, is daar min skade gely. More of oor-more betaal ons weer meer vir ons assuransie. ‘n Bose kringloop, feit of flater?

Lorraine Swanepoel ·

Regtig Rooi, waar kry jy jou inside informasie?

Lorraine Swanepoel ·

Ka iemand , wat meer as een breinsel het, vir my verduidelik wat is die verskil tussen diefstal en sakeroof?

Gert van Wierdapark ·

Die sak(k)e-rowers het goeie smaak!!! Die verseke-raars moet maar so R30 tot R50 miljoen beloningkie uitloof, dan kan die juwele-diewe dalk vasgetrek word!! Ons sal almal help soek!! He-he-he!!

Anna ·

Die stoorfasaliteit(warehouse) behoort aan een van JR se ondernemings. Dus nie te sê die juwele was syne nie.

JAN ·

Tabak Juwele?
Dit het die hele volksgesondheid en lewe beroof.
mees toksiese bate ooit volgens WGO.
hmmm?

Piet ·

Daar staan nerens dat die juwele aan Rupert behoort nie. Dis ‘n kantoorpark wat beteken verskillende maatskappye huur kantore in die kompleks. Rupert het niks met die juwele te doen nie.

Alida ·

En as hy het so what? Dit is sy versameling oor jare. Gun hom dit.

Attie. ·

Indien ek R300 milj se juwele gehad het sou ek dit vir die armes gegee het…sowaar !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.