R33 miljoen se skade in brand by treinstasie

Foto: @MikMotala/Twitter

Die skade van die brand Sondag by die Kaapstad-treinstasie waarin twee treine verwoes is, beloop minstens R33 miljoen.

Metrorail in die Wes-Kaap het die verwoesting van die treine as ʼn “reuse-terugslag” bestempel. Maroela Media het vroeër berig die brand het Sondag omstreeks 15:40 plaasgevind en twee treine op platforms 13 en 14 is verwoes toe sterk winde die vlamme van een trein na die ander gewaai het.

Brandbestryders was teen 16:15 op die toneel en die brand was net ná 19:00 geblus. Volgens Metrorail is alle treinbedrywighede by die stasie as voorsorgmaatreël gestaak.

Altesaam 12 treinwaens en 300 m se kabels is verwoes. Geen personeel of pendelaars is egter beseer nie.

Metrorail sê in die verklaring die polisie is besig om kringtelevisiebeeldmateriaal na te gaan as deel van die ondersoek na die voorval, maar voorlopige aanduidings dui daarop dat brandstigting die oorsaak van die brand was.

Intussen sê Blade Nzimande, minister van vervoer, ʼn “sinistere mag” is besig om die Suid-Afrikaanse spoorwegstelsel te verwoes.

Nzimande het gister se aanval op die treinstasie in ʼn verklaring veroordeel. “Dit is nou onbetwisbaar dat daar ʼn sinistere mag aan die werk is om ons spoorwegstelsel te verwoes,” het hy gesê.

“Dit is ook duidelik dat hierdie mag meedoënloos en vasbeslote is om die ANC-regering se vordering en pogings om die Metrorail-diens te moderniseer in die wiele te ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Maljan ·

Dienslewering of die gebrek daaraan, gee niemand die reg on the vandaliseer of verwoes nie. Dis eerder die anc se laksheid on sekere elemente te vervolg en tot die letter van die wet the straf wat tot die volgehoue vandalisering lei.

Akademi Buktu ·

Oom Lem, julle het al hierdie strategieë en taktieke in julle “exile” en “struggle” dae by die Russe en Kubane geleer en begin toepas. Nou kan julle glad nie jul eie babas in toom hou nie.

Jurie Zwiegelaar ·

Ek weet nie wat is die minister se
bedoeling met n sekere sinistere mag nie.Dit is sy”my people who suffer” wat dit doen.

Gert van Wierdapark ·

Die sinistere mag waarna min. Blade verwys, is die ouens wat met vuurhoutjies MAG “speel” as hul so voel! Skynbaar Mag hul dus doen wat hul wil, en Mag hulle ook nie gekeer word nie! Dit Mag egter help as daar besluit word om daadwerklik teen die verwoesters op te tree – tree hulle aan, en Mag hul met ses van die bestes gelooi word. Na so Voelslag sal hul 2 keer dink om weer met vuur-houtjies te Mag speel!

Andreas ·

Gert, net solank hulle nie die ANC met stemme by die verkiesing straf nie, dit is mos wat Ciril vir hulle gevra het.

Chris ·

Kan nie verstaan nie volhens die minister is daar n sinistere mag aan die werk. Hoekom nou dit gaan al vir jare so. Voor 94 was dit ook n derde mag nou na 25 jaar het dit net verander na n sinisterere mag n ander naam vir dieslfde handeling. Waar is die NIS vir wie werk hulle . Is die mag besig om teen die DA of mnr CR te werk

Frikkie Geld en huis ·

Die sinistere mag werk al vir 25 jaar nie, en dit is die rede vir die totale ineenstorting van alles. Hoeveel instandhouding is daar die afgelope 25 jaar gedoen betreffende die elektriese installasie net in en om Kaapstad stasie ?? Die elektriese installasie van die units, sowel as die boleidings, is na al die jare wat die sinistere mag nie werk nie, in so ‘n swak toestand, dat alles in en om die stasie ‘n brandgevaar is. Dit is makliker om brandstigting as rede voor te hou, as om vir die stemvee die waarheid te vertel.

boerboel ·

Chris ek dink iemand wil wys dat die ANC nie kan regeer nie en saai nou verwoesting, dis nie onmoontlik dat daar iemand betrokke is nie. Dat kan ook teen die Wes Kaap regering wees. Hier gebeur nou net te veel goed voor die verkiesing.

marous ·

Dis die sinistere man wat op groot skaal donkies boer . Hy wil oorvat as die krag en diesel op is .

Anne-Marié ·

Liewe oom Lem. Die mag se naam is ook Prasa, cANCer, korrupsie, swak dienslewering, leiers wat deur geen regdenkende mens ernstig opgeneem kan word nie en die lys gaan aan en aan. Moenie vrees nie, die ongeskoolde meerderheid sal vir julle stem.

IK ·

En die boeremag sit in die tronk, so wie is nou besig met sulke ondeundhede? Sy naam is Wetteloosheid wat die land regeer.

HermanGoosen ·

Liewe Mnr Nzimande,
Kom ons spaar R800 000.00 van die belasting betaler se geld op ‘n SAP ondersoek na jou sinistere mag en ek gee jou sommer die antwoord: Metro rail se sleg werkers wat nie dienslewering gee nie het die “sinistere”pendelaar die joos in gemaak.

jaco ·

dit kan nie die ANC wees wat die brande stig om die Wes-Kaap “onregeerbaar” te maak nie, want dis PRASE se treine, PRASA se stasie en PRASA se spoorlyne. PRASA is n nasionale staatsinstansie met hoofkantoor in Pretoria. En as mens nou simplisties wil wees: PRASA word “beheer” deur die ANC-regering

JohanD ·

Weet die gewone pendelaar of stemgeregtigdes dit? Hulle neem die Provinsiale regering kwalik omdat hulle nie van beter weet nie.

Dawie ·

Sinisterere mag het ‘n naam. Kortweg, afgekort as ANC. Die beheer is in die hande van rampokkers. Kyk na die leiers en jy sien die volgelinge.

jaco ·

die ANC kan mos nie hulle eie treine brand nie. as die hele treindiens aan die Wes-Kaap regering behoort het, kan ek dit nog verstaan, want sal gese word “dis mos die DA se treine”. Maar PRASA is nasionaal – sentrale regering so dis ANC

George in Bloem. ·

Could it be that Blade & the ANC’s “chickens have come home to roost”? How ironic that would be?

Johann cb ·

Hou net op om alles wat verwoes word te vervang! Ongelukkig word onskuldige pendelaars nadelig geraak! Ongelukkig bly die belastingpligtige betaal vir die skade! Lelike bose kringloop!!!

Francois P Theron ·

Nou so lekker gelag, dit kos nie veel om te raai dat dit slegs die ANC is wat al die jongste vlaag van proteste in die geheim gereël het met inbegrip van die soveelste uitbrand van treine in Kaapstad. 99.9 % van munisipaliteite en metroraad wat suksesvol is die afgelope 10 jaar is onder DA Beheer, terwyl ANC beheerde rade in chaos is weens onbevoegdheid, kader ontplooing en wanbestuur…

Neels ·

Die vuurhoutjie brigade is net te oral betrokke hy brandstigting . Sou die valke of Nasional intelgensie hulle werk reg doen was die brandstigters al lankal agter tralies. So mnr CR dit wil voorkom asof u nognie in volle beheer van die regering is nie. Wonder as daardie nuwe metro stellvindiens hestel word hoelank sal hulle in gebruik wees voordat die brigade hulle ook by kom

Hanna Hoekom ·

Mens moet seker maar lag met n traan oor hierdie “sinistere mag” wat die minister hier aanhaal. Moet tog om vadersnaam nie nog n komitee gaan aanstel om die “mag” te ondersoek nie. Gaan kyk maar wie more oggend vir die einste trein, wat hul oor die naweek afgebrand het, staan en wag: daar is jou “sinstere mag”! Ja minister, jul eie stemvee! Spaar tog maar die vuisvoos belastingbetaler n paar rand asb.

Bantam ·

Dink net watter organisasie trek voordeel en kry al die kliente

Wouter ·

Ek sal my kop op n blok sit dat dit die taxi industrie is wat die sinister mandaat beoefen.

fred ·

die ANC het n monster geskep wat hulle nou nie meer kan beheer nie…derde mag..rogue units….sinistere mag…staats kaping…wys net na al die vrot kankers wat nou te voorskyn kom na jare korrupt ANC regering

Jacques die Goodwoodianer ·

Ons ja. Wonder hoeveel onse daar nou werklik in ñ pond is.

Cor ·

Mnr Minora blade laat die undercover valke saam met die trein ry en hulle valk oe oophou. Sodoende sal hulle sien die brandstigters is passasiers op die trein. Die modis opperandi is daar word n voorwerp wat brand by die venster se dubbelwande ingegooi net voordat hulle afklim, gewoonlik van die laaste passasiers. Teen die tyd wat die brandbare materiaal vlam vat is daar niemand in sig nie. Die kamera stelsel op die perrone sal ook niks wys nie want die skuldiges is binne in die trein. Maak net julle oe oop.

aj ·

TAXI MAFIA!

Maklik!

Blade weet dit … maar kan niks daaraan doen nie!

TAXI MAFIA is in beheer!

Adam ·

Interessante woordkeuse deur die minister. Ons moet onthou ons werk hier met die ANC, ‘n party wat homself op die wetboek teen minderhede beskerm, en dus moet ons bykans alle logika by die venster uitgooi om te probeer “verstaan” wat hulle bedoel. Die magte is binne die ANC en deel van hulle ondersteunersbasis en kom waarskynlik uit die geledere van die taxi-bedryf. Die ANC het ongelukkig hierdie Frankenstein self geskep.

Luister ·

Ek verstaan nie! Dit gaan al hoe lank aan by die Kaapstadstasie. Beter sekuriteit, wagte of wat ookal, sal sekerlik minder kos as al die skade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.