R34 m. vir vlae by skole en om volkslied te leer

nuwe SA-vlagDie regering gaan R34 miljoen spandeer om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse vlag by elke skool wapper en om almal te leer om die volkslied te sing.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, sê dit het ten doel om nasionale identiteit en eenheid te weeg te bring.

“Dit is noodsaaklik dat Suid-Afrikaners weet wie hulle is en hulle volkslied ken. Mense moet aangemoedig word om die goed wat die land verenig te ken ten einde eenheid as ‘n nasie te hê,” het Mthethwa aan verslaggewers gesê voor sy begrotingsrede in die parlement.

Rejoice Mabudafhasi, adjunkminister, sê die veldtog het verlede maand afgeskop toe vlae by ‘n laerskool en opleidingskollege in Kimberley in die Noord-Kaap uitgedeel is. “Elke skool moet die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper.

Ons is bewus daarvan dat ons jeug nie die geskiedenis van die land ken nie, veral nie hoe dit gekom het dat ons vry is nie. En nou het ons hierdie vlae wat se kleure hulle nie kan analiseer nie, dit is net iets wat mooi is.”

Mabudafhasi sê talle Suid-Afrikaners lig hul vuiste of sit hulle regterhand oor hulle hart wanneer hulle die volkslied sing.

“Dit is deel van hulle opvoeding. Ons moet dit reg doen…hulle moet weet wanneer jy die volkslied sing, dit soos ‘n gebed is.”

Mthethwa sê sy departement sal pogings verskerp om die land se kulturele erfenis te beskerm, die helde van die struggle teen apartheid te eer op toepaslike en toeganklike wyse, en te verseker dat die geskiedenis nie langer uit ‘n kolonialistiese perspektief vertel word nie.

Hy sê egter daar is geen voorneme om die simbole van die land se koloniale era te verwyder nie. Hy het spesifiek verwys na die standbeeld van die Boereoorlog-generaal en Eerste Minister Louis Botha by die parlement, wat die EFF onlangs gevra het moet verwyder word.

“Simbole van die verlede sal nie verwyder word nie. Dit is deel van ons as ‘n nasie.”

Mthethwa het ook die onlangse omstredenheid oor die Die Stem as ‘n storm in ‘n teekoppie afgemaak. Dit nadat Steve Hofmeyr Die Stem gesing het en die EFF gevra het dit moet uit die volkslied verwyder word.

“Ons is in ‘n soektog na ons identiteit as ‘n nasie. Dit gaan nie ‘n maklike reis wees nie maar geen individu kan die nasie verdeel nie,” het Mthethwa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

Blanke ouers moet veral hul kinders vertel van ons Boere-geskiedenis, gesien in die lig dat dit nie meer in ons skole aangebied word nie.

Vir my is daar net een Volkslied – DIE STEM !

AmY ·

Hoekom spandeer hulle nie eerder daai geld op sanitasie, (ordentelike toilette en water) elektrisiteit en handboeke en ook gekwalifiseerde onderwysers vir elke skool nie?

Ek sal nooit hierdie ‘leiers’ van ons land kan verstaan nie.

Linda van Mosselbaai ·

Ek is sprakeloos – daar is skole wat nie stoele het nie – wat nie genoeg klaskamers het nie – waar die kinders honger is en daar wil geld gespandeer word op dit – Minister Nathi ek stel voor dat jy besin oor PRIORITEITE – WAT IS NOOD –

“Dit is noodsaaklik dat Suid-Afrikaners weet wie hulle is en hulle volkslied ken.” = SNERT

Die kinders kan nie eers beoorlik lees of spel nie – dat dit aangespreek word =NOODSAAKLIK

Johan ·

ek wonder hoeveel dit gaan kos om vir Steve Hofmeyr te kry om Die Stem vir alle skoolkinders te leer? Steve, sal jy ook bereid wees om ‘n paar rand in te gooi?

Peter Says ·

Vermorsing van geld, alles moet toekomstig in stand gehou word, wie gaan dit doen ???

Simon ·

Nee, ek het n volkslied en n vlag, hoekom volksvreemde goed vir my kind leer?

monika ·

Waarom word die geld nie liewers gebruik vir kos en behuisings nie ons kan nie vla eet nie, dit is weer n kontrak wat uitgegee is.

Rikus ·

Ons is nie, en sal nooit nie, een nasie wees nie! Di’s reg, die jeug ken nie die geskiedenis nie, want daar word vir hulle gelieg. As julle tans reken ons is “vry”, dan verstaan ek nie die definiesie van vry nie. Ouers moet mooi gaan op-swot wat die sogenaamde volkslied se betekenis is. Julle kinders sing vir voorvadergeeste.

Sadie ·

Niemand kan ‘n volkslied op ‘n honger maag sing nie. Mense wat geen respek vir ander se eiendom en lewe het nie en groot word met ‘n geweldkultuur sal nooit ‘n nastiestrots kan bou nie. Die leiers moet ‘n voorbeeld stel en jammer om te se dis nie tans die geval nie.

EMK ·

Ons gebruik die vlag op ons een watertoring om windrigting aan te dui en glo my jy kry hulle vir R10 elk by ‘n winkel naby ons! Dus as hulle dit op grootskaal aankoop kan dit seker so R2 of so wees :) Waar hulle by hul syfers uitkom weet g’n mens nie! Sou hul die volkslied geleer wil hê dan moet hulle dit mos maar net elke oggend voor skool laat sing – dis gratis! Iemand word nou weer ryk hier vir niksdoen!! Ten minste wil die dude nie sommer allerhande standbeelde en goed laat verwyder en besef hy die EFF met hul Wimpy klere se nonsens oor om Die Stem te verwyder is twak!

Belinda ·

Ek stem so saam met almal maar ja Nkandla moet klaar kom………………..Ai Steve hulle gaan jou hulp dalk nodig he met die bogenoemde……………..:-)

Fanie van Heerden ·

Die ANC-kriminele gebruik belastingbetalersgeld om skoolkinders te breinspoel.

adele ·

Wonder net hoekom so skielik? Die “demokrasie” is mos darem al 20 jaar oud.
Sou Steve se singery van die stem en die ongelooflike deelname van ons Afrikaners hulle dalk bekommerd maak dat die ou patriotisme dalk sterker is as die bestaande patriotisme? Nathi, jy is met reg bekommerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.