R3,5 m se perlemoen gekry

Van die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die polisie het op R3,5 miljoen se perlemoen by ʼn huis in Kaapstad beslag gelê.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê beamptes van die nasionale intervensie-eenheid het inligting opgevolg dat perlemoen by ʼn huis in Ottery gestoor word.

“Die eenheid het ʼn klopjag uitgevoer en die perlemoen in ʼn buitekamer gevind. Daar is op sowat 7 670 stukke perlemoen beslag gelê,” het Rwexana gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op gasbottels, gasbranders en ander toerusting.

ʼn 34-jarige man is in hegtenis geneem en moet binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Die polisie volg nog leidrade op om ʼn deeglike en suksesvolle ondersoek te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

peet van breda ·

Nog n bron van inkomste vir n korrupte polisie mag. Sassa kan hul volgende partytjie met die lekker happies bederf.

Waarheid ·

UIT SIRKULASIE! VERNIETIGING op perseel waar gevind word. Fotos, papierwerk genoeg bewys vir saak, stel metodes (vernietig) in werking mbt dwelms, perlemoen ens moét GEMERK word, spuit dit met vloeistof wat dit permanent uit sirkulasie neem.

SjN ·

Hoe kom hul by die som totaal uit, word daar een vir een deur die ondersoek beamptes geweeg/geklas ens., volgens berig beloop een se waarde ongeveer R456. As n leek, word die vonnis bepaal deur die aantal perlemoen of slegs as een oortreding?

humor ·

Ons seekus word leeg gestroop deur misdadige gierige stropers. Dit is n oop en blood misdaad wat daagliks sigbaar plaasvind. Hoe is dit moontlik dat hierdie stropers nie aan die seekus vasgetrek kan word nie. BAIE VRAE

Sê maar net ·

Jip, daar is daagliks oor die 1000 duikers aan die kus vanaf Hermanus deur na die Weskus, dis wat dit is, gierigheid….maar gierigheid bring jou nêrens nie, hulle sal een of ander tyd ook hul knie moet buig.

Anoniem ·

Ek was verlede naweek op Sandbaai en het by 3 geleenthede die owerhede gebel om perlemoen stropery reg voor die huis aan te meld. Die 6 mans het doodluiters tot op die rotse gestap, hulle duikpakke aangetrek en tussen die bamboes in die groot poele gaan duik. Ek kon sien hoe hulle met sakke uit die see kom en dit tussen die rotse versteek, maar is aangeraai om hulle nie te konfronteer nie, omrede hulle summier sal skiet as hulle bedreig voel. Ure later het 2 ander groepies van 2 teruggekeer en die sakke tussen die rotse gaan uithaal en in ‘n wit Nissan 1400 bakkie gelaai. Ek het weer gebel, sonder enige optrede. Man alleen kan jy hulle eenvoudig nie aanvat nie. Een klein stukkie lekkerkry was darem dat ek een van hulle wat eenkant was in ‘n hoek kon druk, waarop hy probeer weghardloop het en homself in sy kaste op die rotse geval het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.