R350-toelae weer verleng

(Foto: Maroela Media)

Die spesiale Covid-19-toelae van R350 gaan tot minstens einde Maart 2024 betaal word.

Dit is al verskeie kere verleng nadat dit in Mei 2020 as ’n tydelike maatreël bekend gestel is en sou voor vandag se aankondiging tot einde Maart 2023 uitbetaal word. Meer as 7,4 miljoen mense ontvang tans die toelae.

Mediumtermynveranderinge aan die regering bestedingsplanne word hoofsaaklik gedryf deur die besluit om dié toelae vir nog langer te betaal, het Enoch Godongwana, minister van finansies, Woensdag tydens die mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê.

Gegewe die groot koste aan die verlenging hierdie toelae verbonde, sal ander maatskaplike toelaes in 2023‑’24 met minder as inflasie verhoog word.

“Besprekings rakende die toekoms van die toelae is aan die gang en behels baie moeilike opwegings en finansieringsbesluite.

“Ten spyte van die voorsiening wat in hierdie begroting gemaak is, wil ek herhaal dat enige permanente uitbreiding of vervanging, permanente verhogings in inkomste, vermindering in besteding elders, of ’n kombinasie van die twee sal vereis.”

Indien die huidige waarde van die Covid-19-toelae, of ’n soortgelyke nuwe toelae, en die koers waarteen dit opgeneem word, dieselfde bly en dit onbepaald verleng word, kan die koste van dié toelae teen ’n gemiddeld van 8,8% per jaar groei en R64,9 miljard in 2030‑’31 bereik.

“Sonder ’n permanente bron van befondsing, sal dit die volhoubaarheid van die staat se finansies bedreig.”

Maatskaplike ontwikkeling ontvang die tweede grootste deel van die gekonsolideerde begroting oor die mediumtermynbegrotingsraamwerktydperk.

Maatskaplike toelaes vir ouderdom, oorlogsveterane, ongeskiktheid en kindersorg het op 1 Oktober met ’n bykomende R10 per maand verhoog, van R1 980 (R2 000 vir diegene ouer as 75 en oorlogsveterane) tot R1 990 (R2 010 vir diegene ouer as 75 en oorlogsveterane).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nommer 7 ·

Ja, ek en my vrou het dit 3 weke terug gehad. Was nie te ernstig nie. Net koors en gebrek aan smaak. My dogter in Duitsland het dit tans.

JohanR ·

Betaal belastingbetalers betaal……gee dit nog soe ruk dan sal dit op gaan na R550. 2024 net voor verkiesing R750.

Simoné ·

Hou so aan, dan sal werkloosheid aanhou klim, en die wat reeds niks doen nie, sal so aanhou… Die govenrment sal mos maar aanhou sorg, met die wat wel hulle asse af werk, se geldjies…

Owlie ·

Gee een goeie rede, almal kan al lankal terug wees by hul werke Gewone oumens pensioen word nie tot minimum loon gebring nie maar R350 covid toelae word oor en oor betaal Regtig dis tyd dat hierdie ook onder die vergrootglas kom

Hannes ·

Baie gerieflik word dit verleng tot-en-met die verkiesing 2024. Die maandelikse koste aan ons belasting betalers is dus, R350 X 7,4M = R2 590 000 000.
Die is NIE volhoubaar nie, en stop hulle dit, dan brand die land weer af.

Goldy ·

Dis jammer kommuniste verstaan nie waar sosiale toelaes vandaan kom nie

Rocco ·

Kwalifiseer militêre dienspligtiges ook as oorlogsveterane?

SomeOne ·

regering, julle het nie geld nie maar 7,4 miljoen kry nog R350 per maand tot Maart ’24 en staats pensioenarisse se R10 is ‘n klap in die gesig, dis nie eers wat inflasie, prysverhogings van alles dek nie, maar die fatcats kry duisende per maand extra, ek betaal vir my brood, maar hulle kry hulle sn verniet

Janee ·

Iets wat almal lankal moes besef het….jy kan nie gee en dan neem nie…..Dis iets wat nie verstaan word…

Kobus ·

En so verseker ANC 7.4 miljoen stemme vir hulle. Ek is seker meeste van die onvangers kry ook SASSA asook kindertoelaes.

Di ·

Hierdie grants sal aanhou tot met die verkiesing!!!! As hulle nou stop kry hulle nie al die stemme van hierdie “werkloses” nie. Seker dat self die immigrante grants kry wat ONS moet betaal

Catherina ·

Absoluut nonsens. Ons doen ekstra goed vir n inkomste. Hoekom kan hulle dit nie doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.