R37 miljoen-inspuiting vir kankernavorsing

'n Strikkie vir die borskankerbewusmakingsveldtog

‘n Strikkie vir die borskankerbewusmakingsveldtog

Drie universiteite sal R37 miljoen ontvang vir navorsing om kanker te beveg, het die Sunday Times berig.

Die geld, van die Mediese Navorsingsraad, sal gebruik word om navorsingseenhede op te rig. Die Universiteit van Kaapstad sal fokus op ginekologiese kankers, insluitend serviks-, baarmoeder- en eierstokkanker.

Die Universiteit van Witwatersrand konsentreer op bors-, kolon- en pankreaskankers en die Universiteit van KwaZulu-Natal sal fokus op slukderm-, galblaas en lewerkanker.

Prof. Vikash Sewram, hoof van die Afrika kankerinstituut en voorsitter van ʼn raadgewende komitee oor kanker, het gesê meer kankers word gediagnoseer aangesien mense gereeld vir toetse gaan. “Maar die fokus moet prioriteitskankers wees,” het hy gesê.

Sewram het bygevoeg die doel is om seker te maak kanker vroeg en vinnig gediagnoseer word tesame met voldoende toegang tot behandeling.

Prof. Lynette Denny, wat die navorsingspan aan die Universiteit van Kaapstad lei, het gesê kanker is nagelaat weens ander aansteeklike siektes. “Daar is baie werk wat ons moet inhaal,” het Denny gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.