R40 000 boete ‘nie genoeg’ vir jaagduiwel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn KwaZulu-Natalse motoris, wat teen 223 km/h betrap is, se bestuurslisensie is opgeskort en hy is ʼn boete van R40 000 opgelê, maar die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) meen dit is nie genoeg nie.

Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, het gesê meer moet gedoen word om nalatige bestuurders te straf.

“Hoewel ons mnr. Sthembiso Xolani Ntombela se boete aanvaar, glo ons die tydelike opskorting van die bestuurslisensie was te toegeeflik. Ons meen sy lisensie moes ten volle opgeskort word saam met die boete om te wys die blatante miskenning van die gereg sal nie geduld word nie,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane is Ntombela, ʼn 28-jarige ingenieur van Umtentweni, KwaZulu-Natal, betrap toe hy teen 223km/h met ʼn Mercedes Benz C63 gejaag het. Zwane het gesê Ntombela pas by die profiel van mense “wat chaos op die paaie veroorsaak en op ʼn baie jong ouderdom sterf”.

Hy meen Ntombela se lisensie moes vir ʼn paar jaar gekanselleer word en hy moes gedwing word om weer vir ʼn bestuurstoets te gaan indien hy weer ʼn nuwe lisensie wil kry.

“Ntombela se oortreding is ʼn bewys van hoekom die owerhede ʼn spoedoortreding as growwe nalatige en roekelose gedrag moet klassifiseer en ʼn minimumvonnis vir hierdie oortreding moet instel. Dit is ʼn voorbeeld van die selfsugtige en onverantwoordelike gedrag van sommige motoriste wat al ons pogings om ons paaie veilig te hou en lewens te red, ondermyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Annie ·

Hy is n idioot. Boete moet saam met skraping van sy lisensie vir 5 jaar gaan. Dan moet hy oor aansoek doen .. klaar!

B A Potgieter ·

n Lewenslange onbevoegdheid om n Bestuurs Lisensie te besit, sou meer toepaslik gewees het met n Laer Finansiele boete want oor sy Lewnes lange termyn sou hy n Voertuig Bestuurder in diens moes neem wat hom vir die res van sy lewe geld uit die sak sou jaag. Hy is mos n “GELEERDE” man.!!! SLIM??????

Francois ·

Stem saam die boete is te klein. Die voertuig kos ‘n paar miljoen Rand. Boete is kleingeld dan. Wat ek wil weet hoe kan 28 jarige ingenieur so duur voertuig bekostig. Dink lewenstyl oudit moet gedoen word.

JCM ·

Nee Francois, jy is verkeerd. Die goedkoopste C63 wat tot 250 kpu in staat is, kos minder as nege honderd duisend rand. ‘n 28 Jarige ingenieur sal dit kan bekostig en jou lewenstyl oudit sal oorbodig wees.

Andre ·

n Tenderpreneur ingenieur van 28 sal maklik so kar kan bekostig en ook die boete. n Meriete 28 jarige ingenieur sal knor om dit te kan doen. JCM – nie alle ingenieurs is tenderpreneurs nie, maar die perd is duidelik een en het ook diudelik die “entitlement” houding.
Ps: Geen sinvolle ingenieur sal sin vind in C63 nie al is hy net 28 jaar oud.

Boeta ·

Vat sy kar as skuld erkenning, die gereedskapstuk waarmee hy ander mense potensieel in gevaar stel!!!!

Gerhard ·

Steve wie…? Wat het enige Steve met die artikel te doen ?

Meisie ·

Saam als moes hy 12 tot 18 maande gevangenisdien doen.Dit is al wat as afskrik middel dien.Dink aan lewens wat hy kon geneem ht,as da sou iets gebeur.

Andre ·

Vat sy kar, gee hom die boette en ‘n tronk sel vir so paar maande vir roekelose en nalatige bestuur. Op daai spoed sou ek se ‘n 2 jaar vonis is gepas. Duidelik is R40 000 vir hom nie genoeg om ‘n les te leer nie. As jy bereid is om so ver bo die spoed grens te gaan is dit ‘n geharde misdaad. Dis nie ‘n oeps nie, dis ‘n “ag flip eks gevang”. Hys ‘n misdadiger en hoort so behandel te word…
As hy iemand op daai spoed sou tref was dit tragedie, nie ander uitkoms nie.

Johann ·

Vonnis wat ek voorstel:
Hy mag nooit weer ‘n voertuig besit nie.
Maak hom sy voertuig verkoop en indien daar enige wins is, skenk dit aan welsyn
Gemeenskaps diens = vir 5 jaar 2 keer ‘n maand by ‘n lykshuis werk

HET al zupta ·

Nee , ek het vir die gewerk en glo my hulle betaal nie so goed nie……en geen menslikheid nie…het 26ste nov gehoor hulle gaan mense afdank en drie dae later het jy jou papier op tafel gekry ….niks meer te se oor hulle nie….

Hendrik ·

Ek is al vir 22 jaar n ingenieur en kan nie n c63 bekostig nie…

WitBlits ·

Jammer om te hoor Hendrik, maar as jy by ‘n Zupta maatskappy gewerk het sou jy een kontant kon koop met jou eerste maand se salaris!

WitBlits ·

Die meeste ingenieurs wat by ‘n Zupta maatskappy werk kan dit kontant koop!

snoefie ·

julle het goed by die anc geleer. vervolging. OORDEEL. VERVOLGING. pasop daarvoor julle wens. onthou spoed is spoed. of jy nou 12km of 120km per uur oor die spoedgrens ry, DIT IS DIESELFDE OORTREDING. hy is n ingenieur en as sulks is hy maar basies vir die volgende ses maande nutteloos vir sy werkgewer. kom ek se julle teen vanaand het hy alreeds weer sy motir bestuur. maar gemeenskapsdiens soos by die lykshuis en kinderhospitaal kan n plus wees. dalk een maand vir elke tien km per duur oor die spoedgrens.

Marianne ·

SPIN HOM EN EK KOOP HOM!
ROL HOM EN EK LOS HOM!
KARRE WORD TE VINNIG GEMAAK!
Dis prestige as jou kar 0 – 60 in 3 sek kan doen.
Hulle is gemerk tot 300kms p/h
Super stupid mense koop die goed en kyk of hulle dit kan reg kry.
As iemand so kar kan bekostig – moet hulle hom kan onderhou.
As hulle hom kan onderhou – moet hulle sy boetes kan betaal.

MM ·

Mariaane, Ek verkoop karre en as hulle inkom die 1ste ding wat hulle wil weet is wat is die top spoed van die kar. Dan se ek gewoontlik 120 kpu,

Marianne ·

MENSE MENSE – ‘n opgeskorte of gekanselleerde lesensie gaan bestuur nie stuit nie.
Dis BAIE MAKLIK nee eintlik TE MAKLIK om weer en weer een te kry.
GELD PRAAT.

Basson ·

Absoluut geen fout daarmee om met so tipe motor so vinnig te ry as omstandighede dit toelaat nie. (Dit gebeur elke dag in bv Duitsland!)
Ek persoonlik dink eerder dat dubbelkajuit voertuie se bestuurders (veral die met die Toyota wapen op) ‘n groter en wesenlike gevaar op ons paaie is.
(VOOR jy antw – lees weer mooi, ek het geskryf ‘…as omstandighede (mens / masjien / omgewing) dit toelaat.)

Daan Erasmus ·

Die seun is ‘n ingenieur. Hy het die verstand om daai spoed te hanteer. Ek wat 60 is kan dit nie doen nie. Ek voel hy is te swaar gestraf. Ek was ook jonk. Lank terug. En het presies dieselfde gedoen.

Anoniem ·

Ja, dis net dat daar nie op enige van die openbare paaie sulke omstandighede is nie…Dit wat jy van praat is slegs vir ren paaie bedoel…Wanneer is daar nogal gepaste omstandighede op enige openbare pad?

Basson ·

Haai Anoniem

Die probleem is renbane is gewoonlik te kort om bv > 200km/h te handhaaf. Geskik vir hantering ja, maar nie vir regtig hoe spoed. (Die Autobahn is nie ‘n ‘renpad’)
Dis ‘n skande om 120 km/h te moet ry op ons puik N-roetes, ek dink die spoedgrens moet verhoog word na ten minste 160 km/h of so, vir bestuurders wie elke jaar ‘n vaardigheidstoets slaag. Wie weet, dalk sal dit meer geld invorder vir die owerhede as wat tans gebeur deur spoedkaartjies. (Want dis uit en uit ‘n geldmaak saak.) Dink bietjie terug aan die ongelukke waarvan jy gehoor het die afgelope tyd – en die grootste oorsaak WAS NIE ‘n C63 nie, inteendeel.

Dankie Daan, wysheid!

Pete ·

Die padvalke sal darem baljaar in Seepunt en Groenpunt as die howe hulle só ondersteun. Dis bekend vir jaagtogte daar met kragtige, luukse motors wat ‘n paar miljoen Rand elk kos. Ek het nog nooit ‘n tweeturbo 6.3l V8 “NODIG” gehad nie. Of iets met tien of twaalf silinders nie. Seinheuwel kan met ‘n 1300cc bemeester word. :) :)

Pienkes du Plessis ·

‘n Bakkie met ses arbeiders, vier kruiwaens, en ‘n betonmenger agterop teen 120 km per uur is tweekeer gevaarliker as ‘n C63 teen 223 km per uur. Gaan vra maar vir bedrewe renjaers wat motors ken, of dit so is of nie.

Chris ·

Ek wil nie die man verontskuldig nie. Ek neem aan hy het op die snelweg die spoed gery. Goed en wel. Hy sal ‘n ander deuntjie sing as ‘n wiel op daardie spoed bars. Sy kanse om ‘n ongeluk te maak is 100%. Die probleem is hy kan iemand anders in die proses tref en dan neem hy meer lewens behalwe sy eie. Basson hierbo noem ‘n ander gevaar, maar is nie braaf genoeg om dit te doen nie. Die groter probleem in die land is mense in 4×4 voertuie. En moenie vir mammie op die selfoon vergeet nie. Almal is skuldig. Die groot probleem is die bestuurder se gesindheid en sy vermoë om ‘n voertuig te bestuur. Koop jou liksens en jy het probleme.

Henk ·

‘n vraag aan die rtmc, wat van julle eie mense wat 160km/h in ‘n 60km/h sone jaag net om onder die boom te gaan stop en KFC te eet? En die taxis wat soos maniake op die paaie ry sonder om deur julle spietkops afgetrek te word en die blou lig bende van zuma en kie wie se lewens glo meer werd is as die belastigbetalende burgers van hierdie land?

Taxis ook ·

Goed en wel maar HOEVEEL Is die boete vir onpadwaardige taxis en taxis wat al die verkeersreels en wette oortree? Kyk maar elke dag in die koerante waar daar ‘n ongeluk is is ‘n taxi by betrokke (in Gauteng). Almal kan nou maar skreeu en raas en tekere gaan maar TAXIS is ‘n ongelooflike groot probleem op ons paaie, en dit gaan nie hier oor my nie maar die 15 mense wat binne in die taxi is .. en dan natuurlik die ander voertuig weerteen hulle bots .. maar ja . ons is rassisties as ons kla oor taxis en van die onderwerp af . en almal skerm vir taxis terwyl hulle op strepe afgeskryf word.

Joe ·

Genade …. maar die man is mos nie bang vir spoed nie …. ingenieur of nie , dit bly ‘n dodelike gevaar op die paaie !!
Die R 40.000.00 boete is bloed geld vir enige een wat dit nie het nie …. ek sou se …. trek sy lisensie permanent in & mag dan nie weer aansoek doen vir lisensie nie …..

Braam ·

Ek aanvaar dat almal wat vervolglike en veroordelike kommentaar lewer nog nooit gejaag het nie?

Kobus ·

My vraag ook Braam…ons almal was jonk…ander was meer wintie as ander…gespin en doughnuts gegooi…spoed maak dood…maar gun die ou sy plesiertjie….solank hy voel hy bestuur veilig vir homself en mede padverbruikers….laat hy laat waai…moontlik laat vir n baie belangrike afspraak…van LEWE en DOOD

Kerneels ·

Almal is seker bewus dat die spoedgrens van 120 km/h op ons nasionale paaie al sedert die sewentigs of vroeër bestaan. Daardie tyd was 120 km/h vir die meeste voertuie ongelooflik vinnig en min voertuie kon 180 km/h haal, wat nog te praat van 200 km/h.
Sederdien het tegnologie baie gevorder en sodoende is motors baie vinniger en veiliger en daarom is ‘n spoedgrens van 120 km/h belaglik stadig.
Dis belaglik om ‘n bohaai op te skop oor iemand wat 223 km/h gery het in ‘n motor wat 248 km/h kan haal. Daar is VEEL erger sondes op ons paaie as spoed.

Jaco ·

Kerneels ek sien nou eers jou opmerking en soos jy kan sien stem ek volkome met jou saam.

Jaco ·

Sjoe maar eks bly nie een van julle is n landdros nie.
Spoed opsigself is nie n probleem nie, veral nie in n goeie motor soos ‘n C63 nie. Vele faktore beinvloed die omstandighede. Weer, waar, nag, pad ens.
Ek dink die boete en opskorting is gepas.

popeye ·

Sjoe maar ‘n C63 is vinnig nê? Die karre het baie verbeter maar ek glo nie die mens se reflekse het saam ge-evoleer nie….. ek sien die scenario: voertuig voor die C63 sien hom nie aankom nie, gaan oor na regs en nou hoop jy maar die lugsakke doen hul werk want daai gevoel van daar is nie eers tyd om jou voet van die petrol af te haal om briek te trap nie is ‘n baie ga-ga gevoel!!!

Jacques ·

‘n voertuig wat 80km/h op die hoofweg ry [sien dit elke dag] is net so ‘n groot gevaar so iemand wat 240km/h ry.

Chris Ws ·

Sy voertuig moes gekonfiskeer geword het en DAN die boete opgele word.Die Minister van Vervoer sal die wet moet laat wysig as sy die padsterfte syfer wil laat daal.As hy sy Mercedes kwyt was sou dit hom meer geraak het as daai klein boetetjie.

Drikus ·

Geen twyfel, dit is riskant en teen die wet om so vinnig te ry. Neem egter in ag dat ‘n met so ‘n motor sommer gou daardie tipe spoed haal. Tydelike opskorting van sy bestuurslisensie is egter ‘n gepaste straf. Om te vra vir ‘n groter straf grens aan afguns of venynigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.