R40 miljoen vir waternavorsing

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van omgewingsake het Donderdag ʼn drie jaar ooreenkoms ter waarde van R40 miljoen aan die Walter Sisulu Universiteit oorhandig vir ʼn waternavorsingsprogram.

Yonela Tukwayo, woordvoerder van die universiteit, het in ʼn verklaring gesê die program fokus op waterbesoedeling. “Walter Sisulu Universiteit, in samewerking met die departement van omgewingsake, sal waterbesoedelingsnavorsing doen deur middel van die versameling en analise van watergehalte, afsaksel en ander monsters al langs die land se kuslyn,” het Tukwayo gesê.

Die ooreenkoms sal na verwagting uiteindelik lei tot die oprigting van ʼn laboratorium binne die universiteit wat watergehaltemonsters sal versamel.

Dr. Monde Mayekiso, adjunk- direkteur-generaal van die departement, het gesê die huidige monitering van watergehalte in mariene en kuswater aan Suid-Afrika se kuslyn is nie tans gekoördineer of eenvormig nie.

Die laboratorium sal na verwagting betroubare data en inligting verskaf oor die gehalte van die kuswater om omgewingsbestuur te ondersteun. Monsters sal aanvanklik vir die Oos-Kaap geanaliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willie Paterson ·

Israel wat die wereldleier is op die gebied van watertegnologie en waterbestuur is meer as bereid om SA te help, maar ons regering skiet hulself in die voet om nie van hul hulp gebruik te maak nie

Theo Liebenberg ·

n Koperkraan met lopende water. Ek kan nie die kloutjie by die oor bring, wat het dit in verband met seewater en R 40.000,000. Gaan my verstand te bowe. Waar is die varswater navorsing? Die eintlike probleem in ons land!

E ·

Theo ek stem saam. Dit was my eerste gedagte toe ek die artikel lees. Moet daar nie op ń gereelde basis toetse gedoen word nie? En dan natuurlik kon opgaar damme jare terug gebou word om sodoende enige toekomstige droogte impak te verlig. Die weerstasies het mos jare se data en weerpatrone op rekord sodat n weerritme bepaal kan word. Daar moet mos vooruit beplan word.

Estelle ·

Theo Liebenberg, ek wonder hoeveel SA burgers is bewus daarvan dat ons regering wel n Water NavorsingsKommissie het wat binnelandse water en problemd daarom moet navors. n Hele gebou vol mense wat daar werk en niemand hoor ooit iets van hulle of oplossings vir die huidige waterprobleme nie.

Waterdraer ·

Die waternavorsingskommissie het altyd in die verlede baie goeie en prakties bruikbare navorsing gedoen toe ek nog in die bedryf was. Selfs in die goeie dae was hulle goeie werk nie wyd verkondig nie en was n onontdekte skat. Ek weet nie hoe hulle nou is nie.

louis ·

Kuslyn navorsing?40 miljoen? Wat van drinkwater. Stukkende pompe en opgaarplekke? Damme en rivier word besoedel en niemand in die regering gee n duit om nie. Baie dorpe sit sonder SKOON DRINKWATER!!! Verstaan hoekom munisipale geboue afgebrand word. Mense word erger as diere in hierdie land behandel. Water en sanitasie is n ernstige krises.

Karolis ·

Al gee hulle R80M gaan dit nog steeds niks help nie.
Bring die Kundiges terug wat summier laat gaan was toe hulle regstellende aksie toegepas het en siedaar – SKOON WATER.

Elizabeth ·

Waarom nie geld aan universiteite nasionaal toeken vir navorsing? Dan kan daar mos vinniger gevorder word en goedkoper.

Gerhard ·

Die NWU is aan die voortou van varswaternavorsing. Hulle is die staat en die private sektor vooruit. Waarom hulle nie eerder ondersteun nie? Doodseker hulle sal die R40M baie beter kan aanwend.

Pietman ·

Geld is ter sprake, en die regte comrats is opgelyn om hulle diep sakke oop te maak. Net soos met alle begrotings sal meeste van die geld nie by die eintlike doel uitkom nie. Sal maar se die geld het soos water gevloei wanneer daar vorentoe n kommissie van ondersoek ingestel word- ou storie van die nuwe SA!

Jan maak n Plan ·

Presies Pietman presies. Hulle kan die hele storie doen sonder om n sent te spandeer. Forseer die munisipaliteite om nie riool in die water stelsels in te pomp nie. Dan is die hele probleem driekwart gewonne.

Vissie ·

Hoeveel dinees gaan daar nou eers gehou word, hoeveel kontrakte gaan daar nou eers onder die tafel langs gesmee word , hoeveel keer gaan die Gupta’s nou eers geraadpoleeg w ord, hoeveel oorsese reise gaan daar nou eers onderneem word om te gaan kyk hoe ánder lande hul ding doen? En wat gaan hulle wyser word? Ons universiteite sit vol mense wat reeds al daardie kennis het, maar nou wil hull eers weer ‘n poaar van Kuba af invoer en dan opnuut die wiel uitvind!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.