R405 miljoen aan Life Esidimeni-slagoffers betaal

(Argieffoto: Elaine Krige)

Die Gautengse regering het reeds R405 miljoen uitbetaal aan slagoffers van die Life Esidimeni-tragedie wat die land sewe jaar gelede geruk het.

Altesame 144 mense is tussen Maart en Desember 2016 in Gauteng dood toe meer as 1 500 geestesgesondheidpasiënte na ongelisensieerde instellings oorgeplaas is waar hulle nie behoorlike sorg ontvang het nie.

Luidens ʼn verslag van die Gautengse komitee oor gesondheid, is 514 eise ná die tragedie ingedien, waarvan 405 in aanmerking gekom het vir vergoeding van R1,2 miljoen elk. Dit word gelykop verdeel tussen die families en die gesondheidsorggebruiker, indien hy of sy nog leef.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê daar was oorspronklik 134 eisers wat vergoeding ontvang het ná die arbitrasieproses wat regter Dikgang Moseneke in 2018 gelei het. Nóg 271 eisers het daarna by Moseneke se aanbeveling – dat ander slagoffers ook vergoeding moet ontvang – gebaat.

“Verdere bedrae gaan na verwagting uitbetaal word omdat slegs 60 gesondheidsorggebruikers tot dusver hul gedeelte van die geld ontvang het. Die kantoor van die premier het gevra dat kurators die geld bestuur en regsfirmas is aangewys om families met ʼn eksekuteur en van wie die slagoffer reeds gesterf het, te help,” sê Bloom.

Intussen het vordering met die regterlike ondersoek na die 144 sterftes teen ʼn slakkepas gebeur. Die ondersoek is in Julie 2021 van stapel gestuur om enige misdadige aanspreeklikheid te bepaal.

“Dit is teleurstellend dat niemand nog aangekla is vir die moorde en die swak behandeling sewe jaar ná die verskriklike gebeurtenis nie,” sê Bloom.

Die betalings is nodig, maar kan nooit ten volle vergoed vir die lyding en verlies aan lewe nie, sê Bloom.

“Die ondersoek moet versnel word omdat familie eers afsluiting sal kry wanneer diegene daarvoor verantwoordelik aangekla en gevonnis word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Amelia ·

Weereens belasting betaler se geld Dat die persoon eat hul uitgeplaas het vergoeding betaal persoon se pesioen huis kar ens moet vir die betaling gebruik word almal wat daarmee betrokke was SOWEL AS MINISTERS

Perdeby ·

En ek wonder maar net hoeveel van die familielede wat geld ontvang het, het regtig omgegee vir die mense in die inringitng.

Aai ·

Baie bly vir die families wat dit rerig nodig het maar daar is ook n paar families wat hulle familie lede net afgelaai het en nooit weer daar was om hulle geliefdes te besoek hulle verdien niks.

Agge nee ·

Volpunte vir die slim minister wat geglo het dat ‘hope’ geld bespaar gaan word. Nie net die verskriklike lyding en dood van kwesbare mense nie, nou ook miljoene rande ook. Groot besparing, mevrou die slim minister.

Marius ·

Dit is die makliker uitweg , om geld te betaal van die belastingbetalers en hoop en bid die sake teen die persone verantwoordelik vir die mense se dood verdwyn net.
Dit is so tipies ons regering , jaag aan en kom niks oor nie.

domheks ·

Mini-ster. Kan nie minister genoem word nie, die goed kyk net vir hul eie sakke.

Elize ·

Compensation? Vir wat? Hulle het nie eers vir hulle mense gesorg of geweet hoe dit met hulle gaan nie. Nou staan hulle bakhand. Skande. Ek sal beter voel as hierdie minister verantwoordelik ‘n oranje pakkie aanhet. Dit sal afsluiting wees.

Pietertjie ·

Onthou dis belastinggeld wat so uitbetaal word. Daar kom niks uit die skuldiges se eie sakke nie.

Lillian ·

Gebruik ons belastinggeld om eise te betaal aan slagoffers se families, terwyl die skuldiges skotvry weg stap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.