R433 miljoen vir droogteverligting bewillig

Zweli Mkhize. Foto: Elmond Jiyane

Zweli Mkhize, minister vir samewerkende regering en tradisionele sake, het Donderdag aangekondig net meer as R433 miljoen sal beskikbaar gestel word vir onmiddellike rampverligting in die drie provinsies wat die ergste deur die droogte geraak is, naamlik die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap.

Van hierdie bedrag sal R348,846 miljoen in die 2017/2018 finansiële jaar oorgeplaas word en R84,678 miljoen in die 2018/2019 finansiële jaar.

Mkhize het verlede maand namens ʼn interministeriële taakspan die heersende waterkrisis wat verskeie provinsies raak as ʼn nasionale ramp verklaar.

Volgens ʼn verklaring het dié klassifikasie van die droogte die primêre verantwoordelikheid vir die bestuur van die ramp op die nasionale regering geplaas, wat saam met ander sfere van die regering sal werk om die ramp en sy gevolge te hanteer.

Mkhize het beklemtoon dat die verklaring van ʼn ramptoestand op enige vlak nie ten doel het om befondsing aan te vra nie, maar om buitengewone maatreëls in werking te stel, wat befondsing kan insluit, maar gebaseer is op die behoefte en relevante toestande rondom die impak van die ramp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie ·

Nkuntla kos R240 000 000 en die res van die land kry R433 000 000! Dis n verdomde skande! Sal nie eers die vervoer & brandstof dek om voer aan te ry nie! En nou wonder ek, wie gaan die geld kry? Wag…netnou raak ek eg rasistiese dinge kwyt…

Potlood ·

R433 Miljoen vir droogte maar skool toilette sal meer as 2 Biljoen wees… Julle koppe raas…

zoom zoom ·

Daar gaan ‘n paar kaderd wers wat al die pad bank toe gaan lag. Laasjaar het so klomp geld verdwyn wat ook moes gaan vir hulp.

jaco ·

waarom kry die oos-kaap en die noord-kaap ook droogtehulp? ‘n ANC-raadslid van iewers in die binneland het dan so ‘n jaar gelede gesê die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem. So aangesien die noord- en oos-kaap albei meestal ANC-kiesers het, waarom is daar dan ook droogte? Die Here is dan ten gunste van die ANC se korrupsie, swak skole, swak staatshospitale ens ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.