R450 miljoen-salarisverhoging vir miljoenêr-kaders

ANC-se-vlag-deur-ANA

(Argieffoto: ANA)

Die besluit deur die minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, om ʼn verhoging van R450 miljoen toe te ken vir miljoenêr-bestuurders in die staatdiens is ʼn belediging vir die privaat sektor en die meer as 10 miljoen werklose Suid-Afrikaners.

Só sê dr Leon Schreiber, die DA se skaduminister vir staatsdiens en administrasie.

“Die jongste salarisverhoging, ná ʼn R30 miljard-salarisverhoging vir die laer vlakke van die staatsdiens verlede jaar, is ʼn nekslag vir jare van leë beloftes deur pres. Cyril Ramaphosa se regering dat hy die salarisrekening vir die staatsdiens sal vries om ʼn volskaalse skuldkrisis te voorkom.”

Net dae ná Ramaphosa tydens sy staatsrede aan Suid-Afrikaners gesê het “dit is die privaat sektor, eerder as die regering wat werk skep”, het Ramaphosa se administrasie R450 miljoen van belastingbetalers se geld uit die sakke van die privaat sektor gevat en dit oorhandig aan dieselfde miljoenêr-kaders wat die staat en die ekonomie in die afgrond in bestuur het, sê Schreiber. “Selfs met werkloosheid op sy ergste vlak ooit op 46%, en ná twee jaar van inperkingsregulasies wat miljoene mense se lewens verwoes het, plaas Ramaphosa se regering steeds sy politieke belange bo die behoeftes van die land. R450 miljoen van belastingbetalers se geld word gebruik om ondersteuning te koop van ANC-kaders, wat in senior bestuursposte aangestel is, voor die ANC-verkiesingskongres later vanjaar.”

Schreiber sê hierdie onbekostigbare verhoging sluit ʼn maandelikse pensioengewende kontanttoelaag in van R1 695 vir salarisvlakke 13 tot 15, R1 818 vir salarisvlak 16, en ʼn verhoging van 1,5% vir vlakke 13 tot 16 in – alles teruggedateer tot April 2021.

Die salarisverhoging vir die 712 hoogs betaalde miljoenêr-bestuurders (vlak 16) in die staatsdiens, teruggedateer tot April 2021, sal Suid-Afrikaners R38 miljoen kos. Dit is ʼn uitbetaling van meer as R53 000 per persoon aan die hoogs betaalde kaders in die staat. “Die 11 305 hoogs betaalde kaders in die ANC-gekaapte staat sal R450 miljoen uit mense se sakke haal wat ongetwyfeld deur hoër belasting daarvoor sal moet opdok.”

Die berekenings is gebaseer op ʼn parlementêre reaksie oor salarisverspreiding in die staatsdiens wat die DA in Oktober 2021 ontvang het. Die berekenings is soos volg:

Salarisskaal Getal werknemersKoste van nie-pensioengewende kontanttoelaat (teruggedateer met 12 maande)Koste van 1,5% salaris-wysiging (teruggedateer met 12 maande) Totaal 
137660R155 804 400R 132 656 385R288 460 785
142405R48 917 700R50 147 295R99 064 995
15528R10 736 280R13 181 370R23 917 650
16712R15 532 992R22 499 160R38 032 152
TOTAAL R449 475 582 

“So onlangs as Desember 2020 het die arbeidshof gesê verdere salarisverhogings sal nie regverdig wees nie. Dit sal omvattende en skaars finansiële hulpbronne bestee aan werknemers wie se poste reeds verseker is en wie se salarisse ten volle betaal is, veral in omstandighede waar die noodsaakbestaan om die ekonomie te herstel tot voordeel van miljoene kwesbare mense.”

Ná twee jaar van verdere inperkingsreëls en die verwoesting wat korrupsie gesaai het, is dit nou selfs nog meer waar as in Desember 2020. “In die lig van sy onderneming in sy staatsrede om die privaat sektor eerste te stel, is dit ʼn ernstige versaking van Suid-Afrika se hardwerkende privaat sektor en diegene wat werk skep.”

Die DA sal ʼn aansoek kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) indien om te bepaal of daar aan alle regvereistes voldoen is voor dié buitensporige verhoging aangekondig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lillian ·

Ja wat verryk julself terwyl die res doodgaan van die honger. Maar dis nie belangrik nie, want julle gee nie om nie, solank jul sakke knop staan van al die geld.

Swerwer ·

Ongelooflik……………………en ons werkersklas wat sukkel om te oorleef se hard verdiende geld wat aan SARS elke maand geskenk word, verryk diegene wat nie daarop geregtig is nie. Dan wonder mens net waarom kan daardie mijoene/miljarde nie positief aangewend word vir die herstel van ons land se ekonomie nie. Dalk moet die klomp gaan vir basiese wiskunde orientering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.