R5 miljoen se gesteelde kabels in Johannesburg gevind

Argieffoto: GCIS

Een persoon is in hegtenis geneem nadat ʼn ondersoekspan van Eskom gesteelde infrastruktuur ter waarde van R5 miljoen in Johannesburg gevind het.

Beamptes van Eskom en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die gesteelde infrastruktuur, waaronder aluminium- en koperkabels, in Muldersdrift gevind, het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Tebogo Rakau, uitvoerende afdelingshoof vir sekuriteit by Eskom, het gesê die vonds dui op die “georganiseerde, sindikaat-gedrewe” aard van die misdaad.

Hy het gesê Eskom spandeer jaarliks ongeveer R2 miljard om gesteelde koperkabels te vervang. “Dit lyk of Eskom en munisipaliteite die enigste slagoffers is van kabeldiefstal. Die impak is egter erger op die samelewing weens uitgerekte kragonderbrekings wat ondernemings beïnvloed en uiteindelik tot werksverliese kan lei. Onbeplande kragonderbrekings het ook ʼn impak op gesondheidsdienste by klinieke en plaas pasiënte wat op lewensondersteuningstoerusting by die huis is, se lewens in gevaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leser ·

kry die persoon / e wat dit aankoop, draai hul kraantjie toe

SjN ·

Solank daar n afset bestaan sal die diefstalle nie stop nie, skrootwerwe moet beter beheer word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.