R50 000 aangebied as beloning vir inligting oor dubbelmoord

Susanna en Melvin Lawson. Foto: Verskaf

Susanna en Melvin Lawson. Foto: Verskaf

Die polisie het Donderdag gesê ʼn beloning van R50 000 is uitgeloof vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van die moordenaars van Melvin en Susanna Lawson, ʼn bejaarde egpaar van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Die egpaar, albei 72 jaar oud, is in die vroeë oggendure van 26 Februarie in hul huis in die Oribi-gebied deur ʼn onbekende getal verdagtes aangeval en vermoor. Albei slagoffers is met ʼn skerp voorwerp in hul nekke gesteek en hul televisiestel word vermis. Die aanvallers het die egpaar se huis aan die brand gesteek voordat hulle van die toneel gevlug het.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het Donderdag in ’n verklaring bevestig die beloning is R50 000 en nie R100 000 soos voorheen bekend gemaak is nie.

Maroela Media het vroeër berig Melvin se liggaam is in die spaarkamer aangetref met sowat vyf steekwonde aan sy nek. Susanna se liggaam het in die gang gelê. Die verdagtes het glo petrol of paraffien oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek.

Die polisie ondersoek twee sake van moord, ʼn saak van huisroof en ʼn saak van brandstigting.

Enigiemand met inligting wat verband hou met die moorde word versoek om ao. Vusi Shabangu by 076 7403091 te kontak of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.