R50 000 skadevergoeding vir huishulp

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Huishulp gaan R50 000 skadevergoeding ontvang nadat ʼn verkoper haar ʼn rassistiese term toegesnou het tydens ʼn woordewisseling.

Landdros Jerome Koeries het Vrydag in die gelykheidshof aan Andre van Deventer gesê hy het geen respek vir ander nie, en ook nie enige respek vir ʼn vrou nie.

Nomasomi Gloria Kente het die saak by die gelykheidshof ingedien ná die voorval in Junie 2013. Volgens Koeries het Van Deventer nie enige berou getoon tydens die hofverrigtinge nie.

Kente was in daardie stadium die voltydse huishulp by Mariechen Pienaar se huis en dit was ook deel van haar plig om na Pienaar se klein kindertjies om te sien. Sy het by Pienaar se huis gewoon. Kente het glo die betrokke dag om 18:00 vir Van Deventer gevra of hy na die kinders sal omsien terwyl sy gaan stort.

Pienaar het intussen teruggekeer van die werk af terwyl Kente nog in die stort was, en sy en Van Deventer het begin baklei omdat Van Deventer na die kinders moes omsien. Nadat sy uit die stort geklim het, wou Kente weet of sy die oorsaak van die woordewisseling was. Van Deventer het op haar begin skree en haar herhaaldelik die k-woord genoem. Hy het ook gesê hy “haat alle k******” en hy haat haar.

Van Deventer het tydens ʼn vorige geleentheid Kente ook só mishandel en sy het ʼn kriminele klag teen hom aanhangig gemaak. Hy het uiteindelik ʼn skulderkenningsboete betaal.

Volgens die landdros het dit Kente ontmoedig en sy het nie weer polisie toe gegaan nie.

Ná die voorval verlede jaar, het sy die Menseregtekommissie genader wat die saak na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie verwys het. Die klag het uiteindelik tot die regstappe in die gelykheidshof gelei.

Peter Williams, Kente se prokureur, het die hof Vrydag gemaan om skadevergoeding van R100 000 aan sy kliënt toe te staan, maar Van Deventer het aan die hof gesê sy finansies is in ʼn benarde toestand en hy sukkel selfs om huur te betaal. Hy verdien glo net ʼn basiese salaris plus kommissie en het aangevoer hy het nie vanjaar baie goed gevaar nie. “Dit was ʼn vreeslike jaar want my kriminele saak was elke dag vir twee tot drie weke lank in elke koerant,” het hy gesê. “Ek moes die afgelope jaar en ʼn half elke maand minstens twee keer in die hof verskyn.”

Volgens Van Deventer het hy nie enige spaargeld nie. “Ek het nie eers R500 nie, wat nog te sê van R100 000.” Hy het glo op die betrokke dag ʼn liter bier gedrink, maar die hof het dit verwerp as ʼn verskoning vir sy gedrag. Die hof het ook sy bewering, dat hy slegs die k-woord “een keer of twee keer in ʼn baie lang tyd” gebruik het, verwerp.

“Die gedrag is dié van ʼn wit man teenoor ʼn swart vrou. Die woord is gebruik om haar te verkleineer, te verneder en seer te maak,” het landdros Koeries gesê. Hy het gesê Van Deventer het die Gelykheidswet oortree en sy gebruik van dié aanstootlike woord kom neer op haatspraak en teistering.

Klik hier om die verloop van die saak op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

boer ·

En wat van die moi ou liedjie “bring me my machine gun wat ons staatpresident sing? O nee, dis nie haatspraak nie, hoekom dan nou so,dis mos gemik op die WIT man,so dis heel okay om dit te doen.

Die ergste van als is, dat ons minderheidsgroep wat so gehaat word, die res van hierdie bevolking moet onderhou met ons belasting geld.

Meneer ,Mevrou, volg my raad ,en begin om self jou huis, en tuin te onderhou,dis glad nie so erg om dit self te doen nie

Leon ·

Ek het reeds besluit om nie meer ‘n tuinjong of iemand te he wat vi my werk in die huis nie! ‘N Baie gevaalike presedent is nou geskep! As jou werker lus het om bietjie geld te maak kan hy hof toe hardloop en jou aanklae van intimidasie of rassisme! Eezy peezy money to be made! Hou op om die mense enige werk te gee en te onderhou! ‘N Karwag kan baie maklik dieselfde doen en dan moet jy boet vir dit! Dit sal maak dat ek geensins enige. Interaksie met mense sal wil he wat nie dieselfde kleur as ek is nie! Maak ons ‘n gemeenskap van mense wat elkeen net vir homself leef! ‘N koue gemeenskap van mense

Lynni ·

Die meerderheidsgroep in ons land vrek oor geld. Kyk hoe kordaat staan sy by die hof. Wag nou vir haar geld. Hier gaan seker nog sake kom. Wat as mens onskuldig is en hul verkla jou vir geld. Hof gaan hul part vat. Nee wat, ek doen al my huiswerk self.

Viv ·

Maar hy is nie onskuldig nie – hy het skuld erken. En sy het niks verkeerd gedoen nie, net haar werk gedoen. En wou na n lang dag van huiswerk doen en kinders oppas gaan stort. Sien tog die mens raak, nie die velkleur nie. As joy dogter so by haar werk behandel word deur haar werkgewer, sal jou kommentaar dieselfde wees?

D'lia ·

Maar as dit dan so maklik is om geld te maak kan al wat blanke is mos nou n saak van rassehaat teen ou Zuma maak vir rassehaat. Hy het ons verkleineer en wil ons skiet!!!! Ek steur my nie aan wat jacob sê ni ek is n Wit Boer en n baie trotse een, ek weet immers waar ek vandaan kom!!!!

monique. ·

Stem saam.werk self..ek het n salon,enmy 2 dogters werk saam my..ons doen als alleen..nou die dag stap n amtenaar van mannekrag in,vra of ons enige swart werkers het..ons se nee,,kyk maar rond dis net ons 3..hy kyk my verbaas aanen vra of ons rerig alleen werk….HALLO ons kan!!!@@

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.