R500 help ‘buffelbedrieër’ ontsnap

Jaco Opperman (Foto verskaf deur die SAPD Limpopo)

Die polisie in Modimolle het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn vermeende bedrieër wat op borgtog vrygelaat is hoewel dit nooit aan hom toegestaan is nie.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Jaco Opperman (33) is in Augustus 2017 in Witbank, Mpumalanga, in hegtenis geneem nadat hy glo verskeie mense met ʼn slenter gevang en uit hul geld bedrieg het.

Die polisie was al sedert Mei 2016 op soek na Opperman.

Opperman het glo buffels te koop aangebied, maar verdwyn sodra die geld vir die buffels in sy bankrekening inbetaal is. Hy het mense glo met minstens R60 000 ingedoen en drie sake van bedrog is teen hom aanhangig gemaak.

Opperman het op 20 September in die Modimolle-landdroshof verskyn en is daarna na ʼn gevangenis in Pretoria oorgeplaas.

“Hy het op een of ander manier daarin geslaag om borgtog van R500 te betaal. Borgtog is nooit tydens sy hofverskyning toegestaan nie. Die verdagte was veronderstel om Maandag weer in die hof te verskyn, maar was nêrens te vinde nie,” het Mojapelo gesê.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat daar moontlik omkopery plaasgevind het. ʼn Saak van ontsnapping uit wettige toesig is teen Opperman aanhangig gemaak. Nog sake van dwarsboming van die gereg en medepligtigheid om iemand te help ontsnap is teen die landdros en ʼn adjudant-offisier aanhangig gemaak.

“Daar is ook ʼn lasbrief vir sy herinhegtenisneming uitgereik.”

Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het dié voorval veroordeel. Hy het ook die versekering gegee dat die wet sonder genade toegepas sal word, maak nie saak wie betrokke is nie.

Enige iemand met inligting oor die verdagte kan sers. Rossouw by 0711338524 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eish ·

Ja née, vir n perd wat buffels kan verkoop en betaal word voor lewering plaasvind, die huidige kaliber amptenare, was dit net n kwessie van tyd en R500.00 voor hy weer op vrye voet was.

eddie davey ·

Ek ken ‘n ander geslepe bedriër wat soortgelyke bedrog alreeds etlike jare lank pleeg en net eenvoudig NOOIT vasgevat word en agter tralies gesit word nie!

Ellisras ·

Die ou gaan gevang word. Die polisie man wat gehelp het gaan gevang word. Maar tog doen hulle dit. Die mensdom sal jy nooit verstaan.

Cor ·

Vandag se tyd is nie wie jy is nie maar wie jy ken wat bereid is om sy posissie te misbruik vir n paar duisend rand en nie dink aan sy toekoms nie, more sit hulle ook sonder werk as dit n blanke korruptenare is.

Piet ·

Waarom nou al die gespook om persone verantwoordelik te hou? Word die landros dalk net opgesluit omdat daar ‘n verskuilde (politieke) agenda is. Waarom sal n persoon nie borg kry wanneer daar slegs R60’000.00 betrokke is- In die wildbedryf is R60’000 peanuts? As hy skuldig is moet hy egter behoorlik gestraf word.

Johan ·

Daar is meer as net R 60 000 betrokke ons soek hom al van 2015 die ander se sake word nie genoem nie

Janee ·

Cyril Ramaphosa is as “Mr Buffalo” bekend, dalk ken hulle mekaar…

Uvonka ·

Ek sien daar is geen probleem om die persoon se gesig te wys nie……….!

Speedguard ·

Vergewis jouself, niemand kan geidentifiseer word alvorens hul nie in die hof verskyn het nie, in hierdie geval het hy en kan MM die foto plaas !

Hul kan hom nie aankla vir ontsnapping nie, dit blyk dat die Landros en die lid hom laat gaan het op R500 borg, weet almal hoe werk borg en hoe dit betaal moet word aan wie en waneer, glo my 100de mense word so gevang !

Petra ·

sak sarel!!!!!!!!! beste stukkie nuus wat ek in ‘n laang tyd gesien het. Iewers het iemand deel van daai 60 000 gekry!

SjN ·

Die persoon gaan na n spog restaurant met slegs R200 in sy sak, na n koningsmaal vesoek hy die kelner vir die rekening, R2350 later bieg hy dat hy nie oor die fondse beskik nie, die bestuurder word genader wat op sy beurt die polisie kontak. Hy word weggeneem na die stasie en gee aan hul die R 200 en hy word vrygelaat, dit is hoe dit deesdae werk.

Swanna ·

As Zuma en sy tjommies dit kan reg kry het hierdie ou net soveel reg as hulle .

Sputnik ·

Nou wie betaal ‘n spul geld vir buffels sonder om meer uit te vind oor die transaksie – die ou se verwysings, waar die diere is, in watse toestand hulle is, ens?

bgj van der westhuizen ·

wel mense ek gee nie om watter kleur hy is nie as hy misdaat doen sit sy foto op oral en die wat hom gehelp het sit hulle ook in die tronk en wys hulle foto ook vir almal hulle moet trug bring dat hulle mense soek weer op tv wys dit het in die verlede gewerk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.