R500 miljoen vir studentebehuising geallokeer

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, het Maandag aangekondig dat hy meer as R500 miljoen opsy gesit het vir studentebehuising by 24 staatsbeheerde universiteite in Suid-Afrika.

Kwaye Nkwanyana, woordvoerder van die departement, het gesê die fondse vir studentebehuising sluit nie die fondse in wat Nzimande vir die infrastruktuur- en doeltreffendheidsprestasietoelaag vir die 2015/2016 finansiële jaar geallokeer het nie.

Dié fondse sluit R700 miljoen vir agterstallige instandhouding, opgradering/opknappingswerk en kapasiteitsopgradering in, asook R763 miljoen vir prioriteitsprojekte wat dringende finansiering benodig en byna R518 miljoen vir studentebehuising.

“Die minister het skrywes aan die visekanseliers van die universiteite gerig wat die bedrae aandui wat geallokeer is en die voorwaardes waarvolgens die toelaes aangewend mag word,” het Nkwanyana bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sarie ·

Joe ek twyfel of daar enige voorwaardes aan verbonde is, dit is mos hulle reg om dit alles verniet te kry

Asjas ·

Hier kom die Hostels, hele families in een kamer, vuil gange, stukkende toilette en bendes alles onder een dak. Die mense wat daar gaan bly gaan nie eers studente wees nie, hulle gaan hul gratis verblyf uithuur.

Max Berg ·

Die SAPD enkelkwartiere by Pretoria-Sentraal en Watloo voldoen glad nie aan u beskrywing nie. Dit is tien maal slegter !

hans ·

Die behuisingsfondse moes liewers aan behuisingsnutsmaatskappye beskikbaar gestel gewees het-soos in verlede vir ouetehuise-dan sou daar beheer oor die die geld,toelating en instandhouding wees.

GES ·

Dit is alles goed en wel. Waar kom die geld skielik vandaan? Dit klnk of die munt se drukperse weer baie oortyd gewerk het.

Sarie ·

Wil ek ook weet GES. Ons moet heeldag hoor daar is nie geld vir die of daai projek nie, alles verval want daar is nie geld om reg te maak nie, so waar kom die miljarde rande nou so skielik vandaan vir die student?

Pieter dp ·

500 miljoen ????????????? Dis niks. Ons Staats Presidend se plek het al klaar 240 miljoen ge kos. Ek dink hul moet nog n nul agter aan sit om te doen wat hul graag wil doen.

Tiger ·

Hulle gaan driemaal soveel nodig he om net die instandhouding jaarliks te finansier!!Van een bodemlose put na die volgende . . . . . !

M A ·

Ek het die huise gesien wat die staat vir die armes by Nylstroom (Modimole?) gebou het. Dis nie eers geskik vir n hond nie. Die deure pas nie in die kosyne nie. Daar is reuse barste en dis piepklein en onprakties. Niks is geverf nie. Die mense woon 10 in n 2-slaapkamer huisie. Die kontrakteurs het natuurlik die rekeninge gelaai met allerhande denkbeeldige weeldes en niemand het gaan inspeksie doen nie. Dis wat hier ook gaan gebeur en die studente sal weer apartheid die skuld gee. Miskien sal hulle reg wees – die oorgrote meerderheid het geleer hulle kry alles verniet vir die minimum werk.

Frans ·

Wites stop jule betalings stop al jul bystand in busnes en kyk en leer en sien waar die geld vandan kom

Trots Afrikaans ·

Gelukkig is dit ANC geld en nie belasting geld af nie ……. Gupta, fire die ou asseblief.

Sarie ·

Nee Trots Afrikaans die geld vir die studente is nie ANC-geld nie die my vriend is belastinggeld. Jou en my belasting

GES ·

Wat my bekommer dat ons op die selfde pad as Zim is. Mugabe het net eenvoudig opdrag gegee dat meer geld gedruk moes word, om sy amptenare en dienste te betaal. Ons weet almal wat die uiteinde van sy dwase handelings was. Die Zim-dollar het in rommel verander en tans gebruik Zim-besighede maar ander geldeenhede soos die Amerikaanse dollar ens. My bekommernis is, wat gaan van ons beleggings word as dit so aangaan?

SUSAN ·

Hierdie land gaan ‘n sosialistiese staat word. Jy gaan verplig word om jou hard verdiende bietjie geld te deel met sogenaamde agtergeblewenes. Jy gaan werk en hulle gaan niks doen nie. Dit is waarheen ons gaan. Kyk mooi.

Anoniem ·

Wil hulle nie maar myne ook betaal nie…………………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.