R62 miljard vir belastingterugbetalings

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Dinsdag gesê meer as 2,7 miljoen belastingbetalers het reeds sedert die belastingseisoen in Julie begin het, hul opgawes ingedien. Die SAID het reeds R62,1 miljard in belastingterugbetalings gedoen.

Dit is ʼn toename van 3,6% in vergelyking met verlede jaar se getalle vir dieselfde tydperk. Die begin van die belastingseisoen is op 3 Julie by die Orlando Oos-tak in Soweto deur die minister van finansies Malusi Gigaba aangekondig.

Tom Moyane, kommissaris van die SAID, het sy waardering uitgespreek vir die belastingbetalers en die span van meer as 14 000 werknemers wat hulself verbind tot uitnemende diens.

“Ons is dankbaar vir die vlak van nakoming onder belastingbetalers wat dit vir die SAID moontlik maak om sy mandaat uit te voer. Ons is ook trots op die passie en toewyding van ons werknemers wat uitnemende diens verskaf,” het Moyane in ʼn verklaring gesê. “Die SAID wil belastingbetalers daaraan herinner dat e-filing die vinnigste en maklikste manier is om aan jou belastingverpligtinge te voldoen.”

Die SAID het gesê hy het sy benadering verfyn om die beste moontlike diens aan belastingbetalers te verskaf, aangesien die belastingseisoen die besigste tyd op die organisasie se kalender is.

Die inkomstediens se kontaksentrum het tot dusver 1,69 miljoen oproepe hanteer. Altesaam 49,28% van belastingbetalers het tot dusver van die SAID se e-filing gebruik gemaak en meer as 2,5 miljoen belastingbetalers het ʼn SAID-tak besoek sedert 1 Julie vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johanna Botha ·

En die wat so getrou betaal en bydaes maak gaan nie eers eendag n staatspension kry nie …maar die sleg wat geroof en gemoor het gaan die pension kry en nog vrye medies ook…ons weet mos nou !

ABC ·

Wag steeds vir hul om my klaar te audit. Ek word ELKE LIEWE JAAR ge-audit. Elke jaar is my goed 100% in order. ?

Cherokee ·

R62 miljard vir belastingterugbetalings – ek gaan dalk nie eens ‘n 62ste daarvan by hulle kry nie.

Johann ·

Wel iewers moet die miljarde wat gevat en uitgedeel word van daan kom…KLUG!

CE ·

Voel dieselfde ABC het al my goed by SARS tak ingehandig na audit (hul versoek na n payment reversal). Elke keer as jy bel is dit case number op case number met selfde verskonings oor en oor. Gemiddeld 25 minute voor hulle antwoord was al 15 minute number one in the line…….

Theo ·

As alle staat instansies so goed soos SARS was, het ons in die paradys gebly…maar ja, politikiste weer wie die koffers vol. Sonder SARS is daar niks om te plunder nie.

Chris ·

Ek betaal R1250 per maand boete vir nie opgaweindiening. Ek moet R42000 boete betaal vir 6 jaar se opgawes! Ek’s net n ambagsman. Nie n miljoenêr. My werk trek elke maand meer af as wat nodig is en betaal dit oor aan SARS. Ek besit geen bates. Geen ander inkomste. So ek word hoog beboet omdat ek nie vir SARS gesê het dat ek geen ander inkomste het nie en hulle R1100 per jaar spaar deur nie my opgawe in te dien nie! SA regering!

Oe-la-la ·

miljoene rand gelede is daar ge se “dis nou die laaste keer” maar dat einde is nog niet!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.