R7 000 om saak ‘te laat verdwyn’

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

ʼn Polisiebeampte wat glo R7 000 se omkoopgeld van ʼn motoris geëis het, is Woensdag in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

Sers. Kopano Thamage (39), wat aan die polisiestasie by Hartbeespoortdam verbonde is, het Donderdag vlugtig in die landdroshof op Brits verskyn. Hy is op borgtog van R1 500 vrygelaat.

Volgens brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het Thamage glo omkoopgeld van R7 000 geëis van ʼn motoris wat in Junie van dronkbestuur aangekla is.

“Thamage het gevra die motoris moet die geëiste bedrag betaal ten einde die saak teen hom te laat verdwyn,” het Mokgwabone bevestig.

“Die motoris het egter die saak by die polisie aangemeld. Gevolglik het lede van die polisie se teenkorrupsie-eenheid Thamage aangekeer kort nadat hy kontant ten bedrae van R7 000 van die motoris ontvang het. Die geld is in Thamage se besit gevind.”

Thamage sal na verwagting weer op 29 Oktober in die hof verskyn.

Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het polisielede gewaarsku dat korrupsie en enige kriminele daad nie in die polisiediens geduld sal word nie. Hy sê diegene wat hulself aan sulke dade skuldig maak, sal nie ongestraf bly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Di ·

Gaan seker weer net oor die vingers getik word en dan terug in sy pos

Pieter9 ·

Ons het +-185 000 SAP lede waarvan seker 30%+ suiwer admin is. Sou ons die onbevoegdes plus die krimineles ook aftrek sal ons Buurtwag moet inkry want daar sal nie genoeg operasioneel kan wees om die mees basiese diens te kan lewer nie.

Persheks Adri ·

Gaan seker bevorder word dis mos standaard kriteria om daar te werk eish

Anoniem ·

Hoe stupid kan ñ mens wees om 21jaar se toekomstige inkomste prys te gee vir een R7000

Elinette ·

O nè? Dan mag ons seker vra dat die Polisie hulle werk beter doen en eintlik reageer op noodoproepe en versoeke om hulp??????????????????

Yvonne ·

As jy in jou wese korrup is sal enige salaris nooit genoeg wees nie…gierigheid word nie bevredig nie

Elinette ·

Wee’jy … daar is net geen keer aan die ‘mense’ se lus of bereidwilligheid om hulself skuldig te maak aan korrupsie en onderhandse handelinge nie. Die verdekselste ….. KOLONIALISTE!!!! Wat die mense uit Afrika aan geld gewoond gemaak het.

Hasie ·

Hul oefen vir hoë poste …en volg voorbeeld van die leiers van die land …Viva Zuma

Frank John ·

As die “Geregs dienaars en poletiese leiers” skelm en corrupt is, hoe verwag hulle om wet en orde te handhaaf. Soos die leiers doen so sal die gevolg doen. Leiers moet die voorbeeld stel. Actions speak louder than words.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.