R700 000 se perlemoen in Riviersonderend gevind

Foto verskaf deur SAPD Wes-Kaap

Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn deurbraak gemaak in die stryd teen onwettige perlemoenhandel. Twee verdagtes is Maandagoggend in hegtenis geneem.

“ʼn Beampte van Riviersonderend-polisie was op patrollie toe hy ʼn verdagte voertuig, ʼn wit Hyundai i10 op die N2 met twee insittendes opgemerk het,” het kapt. FC Van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het die voertuig agtervolg en dit in die dorp by Padloper voorgekeer. Die beampte het die motor genader, homself voorgestel en swartsakke agterin die motor opgemerk.”

Tydens ʼn soektog is nege swartsakke met perlemoen gevind. Die 900 eenhede perlemoen se waarde beloop ongeveer R700 000. Die onwettige perlemoen en motor is geskut as deel van die ondersoek.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 54 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van perlemoen. Hulle sal na verwagting Woensdag in die Caledon- periodieke hof verskyn. Die perlemoen is aan die departement van landbou oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kokerboom ·

Donderdag is hul vry en stroop weer! Met watter gekkespul is ons besig? Waar is die moeë SANDF?

Anton ·

Wat is die straf vir smokkelaars in China? Aangesien die perlemoen so heen toe op pad, kan ons mos dit hier toe pas?

Cherokee ·

Dit is goed dat hulle vasgetrap is, maar dit sou ‘n handeklap werd gewees het indien fotos en videos geneem is as bewyse, en die perlemoen geskut is nie, maar terug gesit is in die water op ‘n gepaste plek.

Juffrou ·

Én waar gaan daardie perlemoen nou? Departement van Landbou? Lol. Hulle eet lekker én hul vriende in die polisie!

Jack ·

Wel dit help niks vir die dooie perlemoen wat nou seker op die tafels van die ministers en kaders gaan beland nie. Reaktiewe polisiering met swak veroordelings stuit nie die vlaag van stropery nie. Die goed word direk aan ons grootste handelsvennoot gelewer wat niks van sy kant doen om te keer nie.

akkedismis ·

Die perlemoen stropers het vrye toegang om te stroop . Polisie word in kennis van stroping gestel,maar doen niks.Bang vir stropers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.