R700 miljoen se erfenismonumente is uitspattig – Solidariteit

Johan KrugerDie vakbond Solidariteit het Donderdag sy misnoeë uitgespreek oor die beplande oprigting van tussen 400 en 500 standbeelde van historiese ANC-figure in die Fonteinedal Oord in Groenkloof, Pretoria. Solidariteit meen die projek, wat na berigte tot R700 miljoen in belastinggeld kan beloop, verteenwoordig ’n las op die ekonomie wanneer die mense van Suid-Afrika dit die minste kan bekostig.

Die parlement, verskeie regeringsdepartemente en die Tshwane-metro het reeds hul steun getoon vir Dali Tambo, seun van historiese ANC-figuur Oliver Tambo, se sogenaamde National Heritage Project. Die projek, wat die oprigting van die standbeelde insluit, het reeds ’n voorskot van R28 miljoen van die departement van kuns en kultuur ontvang.

Johan Kruger, woordvoerder van Solidariteit, sê die vermorsing van belastinggeld op die projek is tot groot nadeel vir die ekonomie. “Die R700 miljoen wat op hierdie groot, uitspattige projek bestee word terwyl daar slegs ’n hanetreetjie van die Fonteinedal Oord reeds ’n soortgelyke monument in die vorm van Vryheidspark is, gaan nie vandag se uitdagings en krisisse oplos nie,” sê Kruger.

“Dis allesbehalwe verantwoordbare optrede van regeringskant af wanneer hulle R700 miljoen, wat produktief vir die vooruitgang van die mense in hierdie land gebruik sou word, vir so ’n projek uit die ekonomie onttrek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Patti ·

Dis nie net uitspattig nie, dis goddeloos. Ek verag beelde.
Vir wat moet die belastingbetaler pa staan, doen dit uit die ANC fondse.

Justi ·

Goeie genade watter verkwisting van geld. Die armes sou soveel daaruit kon baat.

Persoonlik voel ek dit is asof Mandela dalk God se plek ingeneem het by die mense……dit is asof hy n afgod vir die mense geword het……..?

Ria Maritz ·

Hallo Justi – ek stem, soveel mense het van hom ‘n afgod gemaak, en is STEEDS besig daarmee. Intussen was hy mos net mens, dan nie ?

Inderdaad is daar baie mense wat dalk net een bord kos per dag kry, dan dink ek aan diegene wat koud ook gaan slaap, spesifiek kindertjies … nee wat, die ANC weet hoe om die belastingbetaler se geld te verkwis – en dit op beelde.

Groete, Trippie

Christien Kruger ·

Dis duidelik dat die ANC weereens net skapies gebruik het om stemme te werf, wat van die beloofde huise wat hierdie geld vir die skapies kan bou? Of opvoedings projekte?
Hulle is aan bewind en maak nes hul wil deur met ander se kallers te ploeg. En soos altyd gaan hulle maar weer daarmee wegkom!
Ons wat nie eers vir hulle gestem het nie moet betaal vir die uitspattigheid terwyl daar oral armoede gepleit word.
Hulle het geen simpatie vir die mense nie maar spandeer links en regs geld wat lewens kon verbeter. Wat n skande.

Theresa ·

Weereens sal hulle ‘n antwoord hê vir alles – net soos Nkhandla. Weereens sal hulle doen wat hulle wil want hulle kan mos. Weereens sal hulle geld mors (dit kan hulle blerrie goed doen). Weereens sal die mense van hierdie land verder verarm en sal daar baie mense koud en honger bly hierdie winter en die totale al hoe meer word soos die dae aanstap.
(Oeps – jammer ek het vergeet. Alles het mos “verbeter” en die “statistieke” wys dit mos dat alles verbeter het vanaf 1994).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.