R74 mil. bewillig vir droogteverligting in Wes-Kaap

Des van Rooyen. Foto: GCIS

Byna R75 miljoen is deur die nasionale regering vir droogteverligting in die Wes-Kaap bewillig.

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering, het Dinsdag gesê altesaam is R74 866 263 is aan die Wes-Kaapse regering bewillig vir noodrampverligting in droogtegeteisterde gebiede in die provinsie.

“Uit hierdie geld sal byna R40 miljoen opsy gesit word vir veevoer wat deur die Wes-Kaapse departement van landbou versprei sal word in die lig van die droogte en die erge brande wat die provinsie onlangs ervaar het,” het Van Rooyen aan joernaliste gesê.

Die departement sal net minder as R35 miljoen op droogteverligtingsprojekte in die Kaapse metroraad en twee munisipaliteite spandeer, terwyl die grootste gedeelte van die geld aan die landbousektor sal gaan.

Stad Kaapstad sal naastenby R21 miljoen ontvang. Byna R11 miljoen is aan die Bitou-munisipaliteit bewillig, terwyl die Theewaterskloof-munisipaliteit R3,1 miljoen sal ontvang om vir droogteverligtingsprojekte aan te wend.

Volgens Van Rooyen is die meeste van die geld reeds toegeken. “Hierdie fondse is op 21 Augustus 2017 aan die ontvangers oorbetaal. Die fondse wat vir die landbousektor bewillig is, sal op 31 Augustus 2017 oorgeplaas word.”

Van Rooyen het beklemtoon dat hoewel damvlakke in die provinsie effens gestyg het, is dit steeds ver onder die vlakke wat dit in dieselfde tyd verlede jaar was. “Op ʼn positiewe noot dui die weervooruitsig daarop dat gunstige reënvaltoestande in die Wes-Kaap gedurende die laat winterseisoen en vroeë lente verwag word. Dit beteken egter nie dat inwoners oorgerus oor waterbeskikbaarheid kan wees nie,” het hy gesê.

“Waterbesparingsmaatreëls moet steeds geïmplementeer word aangesien die toekoms onvoorspelbaar is. Op ʼn ander noot, moet daar ook maatreëls ingestel word om die risiko van vloede wat met reënvaltoestande gepaardgaan te bestuur, veral in beboude gebiede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

piper ·

daar is meer nodig as dit. as dit n anc gebied was wonder ek hoeveel hulp dan gegee sou word.

O jinne ·

Ek hoop net dit word vir werklike hulp aangebied en nie salaris verhogings of funksies om water bewustheid nie!!!!! Ek wil amper sê gaan koop tanks vol water en bring dit, dat ons regtig kan sien dit is vir droogte en nie eie sakke nie.

Uvonka ·

Of eerder aangewend word vir straatnaam veranderings dalk?

Gys ·

Gebruik eerder die geld om n see water suiwerings stasie op te sit as om die geld te deel tussen die munisipaliteite .Die geld sal nie aangewend woed soos dit moet nie.

Antoinette ·

Wens ek kan hoor hoe spreek ons president daardie getal uit!

Toppie ·

Goop nie dit word aangewend vir straat naam veranderinge niem

Tess Riekert ·

Die NOORD-Kaap is net so sleg af. Waarom word hulle oorgesien???!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.