R75 miljoen Lotto-prysgeld nog nie opgeëis nie

lotto 2Altesaam R75 miljoen in Lotto-prysgeld is nog nie opgeëis nie, het die bedryfsoperateur van die Lotto, Gidani, Dinsdag gesê.

“Wenners het 365 dae van die datum waarop hulle die betrokke spel gewen het om die prysgeld te eis,” het Dudu Ndendwa, woordvoerder van Gidani, gesê.

Onder die prysgeld wat nog nie geëis is nie, is ʼn R21 miljoen-boerpot wat op 19 Maart 2014 gewen is. Die kaartjie is in Ekurhuleni in Gauteng gekoop en verval op 19 Maart 2014. Die persoon het met die syfers 2, 9, 21, 29, 42 en 47 gewen.

Iemand in die Oos-Kaap het op 12 Augustus ʼn kaartjie gekoop en R27.7 miljoen gewen, maar nog nie die prysgeld geëis nie.

Daar is ook ʼn boerpot van R10 miljoen van 11 Februarie en R16.5 miljoen op 30 Julie.

Die Lotto-nommers word op hul webwerf bekend gemaak en mense kan ook Gidani skakel by 0800 777 777.

“Ons herinner deelnemers om hul kaartjies te teken om seker te maak dat iemand anders nie jou prysgeld kan eis nie,” het Ndendwa bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anna ·

Rerig! Kannie dink iemand speel en kyk nie na hul nrs nie. Glo nie die bog nie.

SNEL ·

Ai, as dit maar ek was, dan was my al my nonsies uitgesort. As die lewe maar net weer wil draai, ek kan doen met iets positiefs in my lewe.

pop ·

Om te droom van sulke geld ne. Ek los alles en is so vinnig uit hierdie land uit mens sal net n k–streep sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.