R76 miljoen by Lebombo-grenspos gevind

Argieffoto

Argieffoto

Doeanebeamptes het twee mans van Mosambiek in hegtenis geneem nadat hulle meer as R76 miljoen op Kersdag by die Lebombo-grenspos in Komatipoort, Mpumalanga, wou smokkel.

“Die kontant ter waarde van R76 493 523 is omstreeks 05:40 deur doeanebeamptes gevind waar dit in ʼn geheime kompartement in ʼn silwerkleure Toyota Hilux se laaibak versteek is,” het Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), gesê. Die kontant was in plastieksakke versteek.

Die mans is in hegtenis geneem en hulle en die kontant is aan die polisie oorgegee vir verdere ondersoek.

“Reisigers moet kragtens prosedure alle kontant in hul besit verklaar wanneer hulle die land verlaat of binnekom,” het Memela bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Berhalet Beukes ·

En waar sou hulle dit kry en om wat nee te doen? En kom ons kyk hoe vinnig daardie geld weer verdwyn!

Paul ·

Nou het #1 darem weer ‘n paar Rand om hom oor ‘n paar knikke in die pad te help.

Langtand ·

Goeie genugtig waar kry hul dit?? Dit is skokkend,!
Darem n wakker doeanebeampte gewees!!

Johann Marx ·

Aaaaaaaaagggghhhhhh….deksels!! Daar’s my besending onderskep….nou moet ek wag vir die volgende een. En ons print so stadig want ons ink en papier kom van Zim af!!! Bleddie ooryweringe doane….

Dee ·

Dinge word duurder en duurder in die land (veral na Zuma se soveelste blabs – die keer met ministers en ministers van finansie). Dit is nie snaaks as toeriste ‘n paar ekstra rand saambring om in die land te spandeer nie.

Flintstone ·

En so word hierdie kosbare land stukkie vir stukkie geplunder…Wonder of een van hulle fica geregistreer is om “bedrog te bekamp”?

GES ·

Daardie hoeveelheid geld sê net een ding. As dit nuwe banknote is, is dit afkomstig van ‘n autoteller. Ons kan maar ons eie afleidings maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.