R8 000 vergoeding oor k-woord

Argieffoto

Argieffoto

Bruce Allan (35) moet ʼn jong swart vrou R8 000 vergoeding betaal nadat hy haar verlede jaar in ʼn winkel in Pinelands in Kaapstad verneder, beledig en die k-woord toegesnou het.

Allan, ʼn man van Parowvallei, het Vrydag in die Goodwood-streekhof verskyn waar hy skuldig bevind is op aanklag van crimen injuria. Hy is ook tot ses maande huisarres gevonnis en moet vir nege maande gemeenskapsdiens verrig deur die Parow-polisiestasie skoon te maak en herstelwerk daar te verrig. Hy is ook beveel om ʼn kursus in woede-bestuur te volg.

Die voorval het in November by Lino’s Tuck Shop in Gunner’s Circle plaasgevind waar Allan die Lotto wou speel. Die vrou was toe ʼn winkelassistent by dié winkel.

ʼn Ooggetuie wat ook in die winkel werk, het aan die hof gesê sy het gehoor toe Allan die vrou vra om hom by te staan. Die vrou was besig om ʼn yskas skoon te maak en het Allan beleefd gevra om te wag. Die ooggetuie het gesê Allan het toe begin om die vrou te vloek en het haar ondermeer ʼn k****r, f*****g b***h en ʼn bobbejaan genoem. Hy het geskreeu dat die personeel onopgevoed was en nie in die Wes-Kaap behoort nie en moet teruggaan Oos-Kaap toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Andrè Du Plessis ·

Ja, en op die einde van die dag gaan dit maar net oor geld,

vince ·

Waar is Zuma en Malema se boete geld vir “Kill the boer!!!” ???

elize naude ·

wees self die voorbeeld in hierdie wêreld jy van ander verwag…

Elizabeth ·

Die straf op erger kriminele oortredinge is sagter as dié???
Wens net witmense moet omgekeerde rassisme afneem,raporteer,bohaai opskop..media toe gaan sodat dit n gelyke strafproses bewerk…maar ons is te vredeliewend en verdraagsaam en met tye pateties

jaco ·

omgekeerde rassisme skep die indruk dat rassisme eintlik net ‘n ding is wat wit mense teen swartes doen en dat dit dan “omgekeer” is as swartes dit teen wit mense doen. dis verkeerd. rassisme is rassisme. daars gevalle waar swartes lelik is met kleurlinge, war indiers lelik is met swartes, waar swart Zulus lelik is met swart Tswanas ensovoorts ensovoorts, die lys is eindeloos…

Johann Marx ·

‘n Taxidrywer het my gister ‘n “f****n w** h***d” genoem maar hy het nie R8 000,00 nie. Nou wat nou?

elize naude ·

wees self die voorbeeld in hierdie wêreld jy van ander verwag…

Kaspaas ·

En as jy n hemp dra wst se kill whites en f.ck whites dan word jy nie eens vervolg nie. Lekke man maar stem saam moet alle swart op wit rassisme afneem maar wst san geen media huis insluitende Maroela sal dit publiseer nie want dit is nie nuus waardig nie

Johann ·

Wens elke wit mens wie se karakter beswadder en beledig en verneder word wil ook howe toe hardloop en geld eis vir die georganiseerde volks kultuur moord wat teen ons gepleeg word? Maar dan huisves ons President en sy trawante MOORDENAARS wat deur internasionale howe skuldig bevind is…

Geskok ·

Ek stem saam met Elizabeth. Sy was aspris om hom nie eers te help nie, voor sy verder die yskas skoon maak…regtig?? Ek sou my ook vervies…

Monica ·

Gister op die Gautrain is ek ‘n “penny sparrow en b!tch” genoem en is verbaal so aangeval deur ‘n swart vrou omdat ons die universiteit uitbreiding op Orania bespreek het. Het klagte by Gautrain ingedien maar dis sekerlik ook rassisme?

cobusp ·

Wonder volgens watter wet word mense nou skuldig bevind aan rassisme en hoe word die skuld bepaal……………gebruik van diere name = R150 000, Die K woord = R8000. Smaak my daar is n glyskaal of iets soortgelyk…………..Lekker verkiesing geld wat die ANC sommer so lag lag vorder van die blankes………Wat n grap…….”ONLY IN SOUTH AFRICA”. UBUNTU WERK OORTYD.

Gerda ·

Ek dink dis tyd dat ons blanke volkie ook moet begin eise insit oor ons families wat beroof verkrag gemartel en vermoor word. Ek meen die regering is mos daar om alle landsburgers te beskerm

Knapie ·

Gepaste straf. Hy het daai vrou se menswaardigheid aangetas ongeag die k-woord. Geen MENS (wit,bruin,swart, pienk of pers) wil so in n openbare plek VERNEDER word nie.

elize naude ·

@ knapie ek stem saam… ek vind die meeste reaksie hier kinderagtig… kinders wat ander boelie en terreg gewys word skree meestal ook “…. maar hy het MY OOK… dit en dat….”
die ou het geen maniere nie… miskien leer hy dit so… miskien…

Karolis ·

Is dit “crimen injuria” of “crimen uria”?
Gerda dit kos te duur vir die blanke om so proses aan die gang te sit en deur te voer.
Boonop is dit riskant om teen die regering op te staan.
Jy los ‘n windjie teen donderweer.

Lance ·

Asof n boete die k woord nou sal laat verdwyn ….dis n joke man …die hele damn land is nou n joke

elize naude ·

vir ń mens wat so ń houding het is sy praktiese vonnis die grootste leerproses…

Patrick ·

Gepaste straf. Hy het die vrou se MENSWAARDIGHEID aangetas. Geen mens, ongeag jou VELKLEUR, wil so in n openbare plek VERNEDER word nie.

Johan ·

Ek wonder wat het geword van daai Kill All Whites……studente Wonder ook wat die nagevolge so wees as hy net nie die K ……word gebruik het nie?

Martie ·

Wat se soort mens gooi in elk geval só ‘n vieslike tantrum in die openbaar? Goeie maniere en respek vir jou medemens is wat enige mens ‘n ordentlike mens maak. Ek wonder hoe vloek hy sy vrou en kinders? Suffer, maar Boetie, met mense soos jy het opgevoede en beskaafde mense geen simpatie nie.

Kleintjie ·

Wat het van die persoon geword wat Helen Zille ‘n “white f…..g b…h” genoem het?

Hasie ·

Martie, ek stem saam met jou, maar wat die winkel ass nie weet nie is dat die kliĕnt eerste kom, sy kon later die yskas skoon maak. Ek sou ook op my regte gewys het, net op ‘n meer beskaafde manier. Sy gaan seker weer mense tart dan kry sy nog geld. Kan naderhand ‘n goeie bestaan daaruit maak.

Oorlog teen ons ·

Die regering is nou besig om oorlog teen ons te maak. Dis nou al verby hekse jag.

Kaspaas ·

Die media huise insluitende Maroela jaag net sensasie en fokus net op wit op swart rasisme en ignoreer swart op wit rassisme want dit is nie nuuswaardig. Mense moet dit afneem en op youtube sit vir die wereld om te sien. Moenie tyd mors met die Media huise nie

Frederik ·

Was daar ‘n uitkenningsparade of hoe kon die OC bewys dit was die spesifieke persoon wat haar verskreeu het ?

jaco ·

ek snap die eerste twee woorde wat hy haar genoem het, maar wat is b***h?

At van Jaarsveld ·

Kyk bietjie op news 24 wat se walglike goed die ancyl voor cameras en kinders by hul saamtrek doen. Rasisme is n baba teen hierdie gemors

Pieta ·

Ek stem saam met baie van die kommentaar – rassisme is verkeerd van enige ras op enige ras. Maak nie saak how verkeerd die winkelassistent was nie, Bruce se opmerkings bly onvanpas en onaanvaarbaar – dít is mos nie hoe ‘n “beskaafde” mens optree nie. Indien swart-op-wit rassisme voorkom (en ja, ek weet dit kom baie voor!), is dit geen verskoning om self op te tree soos iemand wat onopgevoed is nie! Bruce se straf is heel gepas, ongeag van waarmee ander ongelukkigheid wegkom. Stel eerder die regte voorbeeld!

Cherokee ·

Pieta, of sy straf gepas of oordrewe is wil ek my nie inlaat nie alhoewel ek werklik dink dat dit oordryf is. Waarskynlik sal daar by die polisiestasie misbruik gemaak word van sy pligte as skoonmaker. Afgesien daarvan stem ek volkome saam met jou stelling dat dit verkeerd en ongevraagd was, selfs al het sy dit (miskien) uitgelok.

Marius ·

Dis onvanpas dat mense een verkeerde daad met ‘n ander probeer regverdig. Spreek julle frustrasies op ‘n ander forum uit. Moenie hierdie gebruik om rassisme te regverdig nie.

Asjas ·

As jy nie gelukkig is met die diens nie, stap uit. Ek doen dit gereeld en glo my dit voel lekker om geld te spandeer waar jy welkom is en goeie diens kry.
Dit word ook deur bestuur raakgesien al is dit op kameras na die tyd.
Ek het al letterlik oor die pad gery met ‘n oop petrol kap omdat ek te lank gewag het en mense wat na my daar aangekom het eerste gehelp was. Die bestuurder het my probeer keer maar dit was reeds te laat, toe waai ek maar van die oorkant af …

Janneman ·

Maroela, het julle tegniese probleme, ek sien ons kommentaar verskyn nie?

Caja ·

Knapie, ek vermoed jy en Patrick is een en dieselfde person. Dis goed dat jy twee name het want ek sien jy het ook twee gesigte. Staan op vir jou eie volk. Niemand verdien ook om so wreed aardig vermoor te word soos wat ons maar te dikwels deesdae sien nie en daar word geensins so ‘n bohaai oor gemaak nie. Veral nie as dit plaasmoorde is nie. Onthou jy die gesegde ” Sticks and stones can break my bones, but words can never harm me” As jy moet kies tussen die twee, om geskel te word of om verkrag en vermoor en gemartel te word. Wat sal jy kies? …. Ek is seker jy sal maar die skel taal vat en aan beweeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.